SA se bedenklike wapenverkope

“Die ou politiek-wetenskaplike gesegde stel dit dat lande in die internasionale politiek nie vriende het nie, net belange. Met die ANC se bewindsaanvaarding is grootliks van hierdie konsep afgestap, en is vriendskapsbande dikwels weens historiese bande gehandhaaf – dikwels met van die wêreld se bekendste muishondlande soos Libië en Kuba. Dit het selfs tydens SA se roterende voorsitterskap van die VN se Veiligheidsraad verleentheid veroorsaak deur vir die bewind in Mynamar en Soedan in die bresse te tree.” So sê die leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) en wnde voorsitter van die Christen Demokratiese Alliansie (CDA), ds. Theunis Botha.

“Of die onthullings oor lande aan wie SA die afgelope tien jaar wapens verkoop het, aan misplaaste solidariteit of gewoon onnodige landmyn-aftrappery op die internasionale toneel te wyte is, is moeilik om te sê.

“Suid-Afrika moet kennis neem dat daar ‘n toenemende wêreldwye besef is dat moraliteit nie maar klakkeloos deur belange onder die mat ingevee kan word nie. Volgens die Ceasefire Campaign het Suid-Afrika tussen 2000 en 2009 wapens aan 58 bedenklike lande verkoop.

“Die verkoop van wapens aan korrupte diktature is nie maar net nog ‘n sinnelose diplomatieke flater soos om pres. Robert Mugabe na die amptelike opening van die Wêreldbekersokkertoernooi te nooi nie. Wanneer wapens eers in die hande van tiranne, dwelmkartelle en terroristegroepe kom is dit moeilik om te sien hoe die land se belange in enige opsig gedien word.”

камни для баниданильченко юрій броніславович

Maak 'n opvolg-bydrae