Clinton van der Berg, SuperSport se kommunikasiehoof, het Woensdag aan Nuus24 gesê die Wêreldbekergeleentheid het ‘n “onverwagte en dramatiese toename” ‘in die getal Afrikaanse sokkerkykers tot gevolg gehad.
‘n Rekordgetal van 341 000 Afrikaanssprekendes het na die openingswedstryd tussen Suid-Afrika en Mexiko gekyk. Slegs 20 000 Afrikaners volg gemiddeld ‘n wedstryd in die Engelse Premierliga.
Van den Berg het nie aangedui of Afrikaners sal aanhou kyk nadat Bafana se swart span uitgeval het nie.
“Afrikaanse kykers het boonop gesorg vir 21% van kykertalle in alle wedstryde van die toernooi, terwyl 33% van die kykers met Bafana se drie wedstryde Afrikaans was,” het hy gesê.
Dit was saam met Engelssprekende televisiekykers, ook 33%, die meerderheid.
Desnieteenstaande verkies Afrikaners die ovaalbal bo die ronde een, en trek rugby steeds meer kykers.
