Huis van munisipale bestuurder afgebrand

Die huis van ‘n munispale bestuurder in Mpumalanga het afgebrand, het die provinsiale polisie Woensdag gesê. Brandstigting word vermoed. “Die bestuurder van Dr JS Moroka Plaaslike Munisipaliteit was omstreeks 21:00 besig om saam met sy familie televisie te kyk toe die huis in vlamme gehul is,” het kapt. Leonard Hlathi gesê. Die huis in Marabastad,

Lees verder: Huis van munisipale bestuurder afgebrand

Vir ‘n nuwe kultuurpolitiek

Die Franse geskiedkundige Bernard Lugan, het onlangs op TV gesê dat ons land se nasionale kultuur uit “Marxistiese mistiek” bestaan. En dit is baie waar: sedert die revolusie van 1994 is daardie “Suid-Afrika” wat in Die Stem van C.J. Langenhoven besing word, vervang deur ‘n nuwe entiteit wat uit die Marxisme put. Sentraal by die

Lees verder: Vir ‘n nuwe kultuurpolitiek

VSA: Reg om vuurwapens te dra bevestig

In ‘n stap wat deur liberale Amerikaners as “die herinstelling van die Wilde Weste” beskryf word, het die VSA se hoogste hof (Supreme Court) beslis dat owerhede se mag om burgers se reg in te perk om vuurwapens te dra, grondwetlik beperk is. Die saak wat by teenstanders ‘n beeld oproep van Billy the Kid

Lees verder: VSA: Reg om vuurwapens te dra bevestig

Beste stede ter wêreld lê wyd – of nie?

In 2008 het Kaapstad in ‘n opname onder 25 000 lesers van twee Britse koerante die titel van “beste stad ter wêreld” verower. Johannesburg tel onder een van die mees bekostigbare stede ter wêreld, maar omdat die beskikbare tabelle gewoonlik van die duurste af werk, en dan net die eerste 50 lys, is dit moeilik

Lees verder: Beste stede ter wêreld lê wyd – of nie?

Kaapstad gaan meer vir krag opdok

Die stad Kaapstad se kragtariewe gaan op 1 Julie met 25% verhoog word, het die munisipaliteit Dinsdag gesê.  Dít is as gevolg van Eskom se 29% tariefverhoging aan die stad. Eskom se verhoging sowel as uitgawes op die elektrisiteitsnetwerk het beteken dat die stad tariewe met ‘n gemiddeld van 24,6% vir die komende finansiële jaar

Lees verder: Kaapstad gaan meer vir krag opdok

Russiese spioenasienetwerk glo deur FBI ontbloot

Die Amerikaanse federale speurdiens (FBI) het Sondag ‘n aamtal mense in hegtenis geneem, wat glo vir Rusland gespioeneerhet. Die 11 aangeklaagdes het na bewering gepoog om kringe waar Amerikaanse regeringsbeleid bepaal word, binne te dring. Hulle het glo van sowel gesofistikeerde tegnologie asook boodskappe in onsigbare ink gebruik gemaak om inligting oor te dra. Een

Lees verder: Russiese spioenasienetwerk glo deur FBI ontbloot

Sweedse polisiehoof vas vir seksmisdrywe

Die verhoor van ‘n Sweedse polisiehoof wat aangekla is van 23 seksmisdade, wat verkragting en pogings tot kindermolestering insluit, het Dinsdag begin.  Göran Lindberg (64) het in 2006 afgetree. Hy was die polisiehoof vir Swede se vierde grootste stad, Uppsala, en ook die hoof van dié land se polisieskool. Voor sy inhegtenisname in Januarie vanjaar

Lees verder: Sweedse polisiehoof vas vir seksmisdrywe

Toordokter verkrag glo pasiënt

‘n Toordokter van 66 is Dinsdagaand weens verkragting in hegtenis geneem, het die polisie in Johannesburg gesê.  “Hy het glo ‘n 21-jarige vrou tydens ‘n toorsessie verkrag,” het konst. Edwin Ntsheo, polisiewoordvoerder, gesê. “Die vrou het hom genader vir hulp en hy het daarop aangedring dat sy al haar klere uittrek sodat hy haar kan

Lees verder: Toordokter verkrag glo pasiënt