Die stad Kaapstad se kragtariewe gaan op 1 Julie met 25% verhoog word, het die munisipaliteit Dinsdag gesê.
Dít is as gevolg van Eskom se 29% tariefverhoging aan die stad.
Eskom se verhoging sowel as uitgawes op die elektrisiteitsnetwerk het beteken dat die stad tariewe met ‘n gemiddeld van 24,6% vir die komende finansiële jaar moes opstoot.
Dié verhoging sal nie gedeeltes van die stad affekteer wat onder Eskom se verspreidingsgebied val of waar Eskom-verhogings in April vasgestel is nie.
