Sweedse polisiehoof vas vir seksmisdrywe

Die verhoor van ‘n Sweedse polisiehoof wat aangekla is van 23 seksmisdade, wat verkragting en pogings tot kindermolestering insluit, het Dinsdag begin. 

Göran Lindberg (64) het in 2006 afgetree. Hy was die polisiehoof vir Swede se vierde grootste stad, Uppsala, en ook die hoof van dié land se polisieskool.

Voor sy inhegtenisname in Januarie vanjaar was Lindberg bekend as kampvegter vir gelyke regte tussen mans en vroue.

Grusame besonderhede van sy sogenaamde dubbele lewe het hoofopskrifte regoor Swede gehaal.

Die verhoor teen hom het Dinsdag begin en sal agter geslote deure plaasvind.

Hy is onder andere aangekla daarvan dat hy ‘n 17-jarige meisie en drie ander vroue gemolesteer het, gepoog het om seks met ‘n 14-jarige meisie te hê en ook betaal het vir seks.

влагоотделитель для компрессораФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae