VSA: Reg om vuurwapens te dra bevestig

In ‘n stap wat deur liberale Amerikaners as “die herinstelling van die Wilde Weste” beskryf word, het die VSA se hoogste hof (Supreme Court) beslis dat owerhede se mag om burgers se reg in te perk om vuurwapens te dra, grondwetlik beperk is.

Die saak wat by teenstanders ‘n beeld oproep van Billy the Kid en ander wat op straat oproep, spruit uit ‘n verbod van 30 jaar in Chicago op die dra van vuurwapens. Dié kwessie word sedert 2008 in die howe betwis, en nou net vyf van die nege opperregters in die vuurwapenvoorstanders se guns beslis. Hulle mag nou weer hul reg uitoefen om vuurwapens vir selfverdediging te dra.

Na raming besit die ongeveer 300 miljoen Amerikaners saam sowat 200 miljoen vuurwapens, en jaarliks sterf sowat 30 000 Amerikaners aan koeëlwonde.

Aksies, soos amnestieaksies word periodiek gehou om burgers die geleentheid te bied om onwettige wapens straffeloos in te lewer. Met ‘n onlangse aksie in New York het die oë gerek toe ‘n persoon ‘n klein kanonnetjie ingehandig het. Ook ander oorlogstuig waarmee gewone burgers vorendag kom, laat maak die amnestie-aksies alles behalwe vervelig.

ігри для дєвачекданильченко юрій броніславович

Maak 'n opvolg-bydrae