Selebi se regskoste nou R17m

Die minister van Veiligheid en Sekuriteit, mnr. Nathi Mthethwa, het skriftelik bevestig dat Jackie Selebi se regskoste tot 30 Junie vanjaar, die belastingbetaler R17,4 miljoen (R17 410 266-00) uit die sak gejaag het. Mthethwa het skriftelik geantwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus. Op ‘n verdere vraag van Groenewald of die minister die koste van Selebi sal terugeis en verhaal in die lig dat Selebi skuldig bevind is, het Mthethwa gesê dit sal eers oorweeg word as Selebi se appèl afgehandel is.

“Dit is duidelik dat die belastingbetaler moet opdok vir iemand wat die Hooggeregshof as ‘n misdadiger skuldig bevind het. Uit die verhoor het dit geblyk Selebi se bates beloop ongeveer R3,4 miljoen. Die Batebeslagleggingseenheid kon op slegs R320 722 beslag lê. Dit toon ‘n verlies van R14,7 miljoen vir belastingbetalers. Daar moet ook geen verdere koste deur die staat betaal word vir Selebi se appèlsaak nie, want dit sal neerkom op verkwisting van belastinggeld,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

Die minister van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling, mnr. Jeff Radebe, het vroeër die maand, ook op ‘n vraag van Groenewald, bevestig oorweging word gegee dat die staat ook Selebi se regskoste van sy appèl sal dra. Die Vryheidsfront Plus het toe ‘n klagte ingedien by die Openbare Beskermer om te bepaal of belastinggeld nie wanaangewend word nie. Die Openbare Beskermer is tans besig met die ondersoek.

печь для сауныФильчаков прокуратура харьков

Uitspraak vandag in Selebi-verhoor

Uitspraak in die verhoor van die nasionale polisiekommissaris Jackie Selebi se korrupsieverhoor word vandag in die Suid-Gautengse Hooggeregshof gelewer.

Selebi staan tereg op korrupsie in verband met tot R1,2m wat hy na bewering van verskeie mense in ruil vir gunste ontvang het, asook aanklagte van dwarsboming van die gereg.

Gedurende die finale argumente vroeër in Junie, het die staatsaanklaer Gerrie Nel gesê dat die staat Selebi se skuld bokant redelike twyfel bewys het, terwyl die verdedigingsadvokaat Jaap Cilliers gepoog het om twyfel oor die getuienis van Glen Agliotti, die staat se hoofgetuie, te saai.

Nel het gesê dat alhoewel Selebi verseker het dat geen papierspoor bestaan van die omkoopgeld wat hy van Agliotti en die Kebble-mynfamilie ontvang het nie, die staat nietemin sy skuld bewys het.

Cilliers het getuienis uitmekaar geskeur wat deur Agliotti gelewer is en gesê die staat het sy hele saak gegrond op ‘n “oneerlike, gevaarlike man” en “valse beweringe teen Selebi”.

Selebi het skuld op al die aanklagte teen hom ontken.

мультики машинкипрокурор Фильчаков

Malema sien ‘rassisme’ in Selebi-saak

Julius Malema, die ANC-jeugligaleier, het Vrydag uitgevaar teen die rassitiese staatsaanklaer in die Selebi-saak omdat daar aan Glenn Agliotti en Billy Rautenbach vrywaring gegee is. Hy het gesê Jackie Selebi word geteiken omdat hy swart is.

Malema het lede van die Black Management Forum by hulle jaarlikse byeenkoms in Midrand teogespreek.

Malema het gesê al drie mans behoort in die beskuldigde bank te staan vir hulle kriminele aktiwiteite.

Hy het gesê die fokus op Selebi, soos in die geval van Zuma, was omdat “iemand” wou bewys dat swartes nie vertrou kan word nie.

“Ons moet onsself vra wie het ‘n ooreenkoms met die twee mans (Agliotti en Rautenbach) bereik? Wat was die agenda? Die agenda is baie eenvoudig. Moenie vir Selebi lag nie, kyk na hom en sê hy gaan onder.”

“Moenie dit vier nie, veral nie as jy swart is nie, veral nie as jy ‘n Afrikaan is nie, want in Jackie Selebi wil hulle bewys wat hulle nie met Zuma kon regkry nie: Dat ons (swartes) korrup is, ons hou van maklike geld, ons hou van alkohol, ons hou van vroue en ons het geen vaardighede nie.”

“Jackie was ‘n internasionale leier. Hy het Interpol gelei en hulle wil die wêreld wys dat jy hierdie mense (swartes) nooit met verantwoordelikheid kan vertrou nie,” het Malema gesê.

Malema het gesê hy kan nie glo dat die aanklagte teen Rautenbach en Agliotti laat vaar is om getuienis in te win om Selebi, wat net drie kriminele klagtes teen hom het, te “vernietig” nie.

Hy het gesê die Nasionale Vervolgingsgesag is “desperaat” om Selebi vas te kry omdat hulle gevaarlike kriminele teen hom gebruik terwyl Selebi nie eens vir moord aangekla word nie.

“Jy laat vaar 33 klagtes om net drie te bewys.”

“Ek sê nie Jackie Selebi moet nie aangekla word nie… maar ek sê al drie van hulle verdien om aangekla te word.” Malema se stelling het ‘n uitbundige geskater en applous van die gehoor ontlok.

 

пневмогайковертtopcargo отзывы сотрудников