praag.co.za

Selebi se regskoste nou R17m

Written by

in

Die minister van Veiligheid en Sekuriteit, mnr. Nathi Mthethwa, het skriftelik bevestig dat Jackie Selebi se regskoste tot 30 Junie vanjaar, die belastingbetaler R17,4 miljoen (R17 410 266-00) uit die sak gejaag het. Mthethwa het skriftelik geantwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus. Op ‘n verdere vraag van Groenewald of die minister die koste van Selebi sal terugeis en verhaal in die lig dat Selebi skuldig bevind is, het Mthethwa gesê dit sal eers oorweeg word as Selebi se appèl afgehandel is.

“Dit is duidelik dat die belastingbetaler moet opdok vir iemand wat die Hooggeregshof as ‘n misdadiger skuldig bevind het. Uit die verhoor het dit geblyk Selebi se bates beloop ongeveer R3,4 miljoen. Die Batebeslagleggingseenheid kon op slegs R320 722 beslag lê. Dit toon ‘n verlies van R14,7 miljoen vir belastingbetalers. Daar moet ook geen verdere koste deur die staat betaal word vir Selebi se appèlsaak nie, want dit sal neerkom op verkwisting van belastinggeld,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

Die minister van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling, mnr. Jeff Radebe, het vroeër die maand, ook op ‘n vraag van Groenewald, bevestig oorweging word gegee dat die staat ook Selebi se regskoste van sy appèl sal dra. Die Vryheidsfront Plus het toe ‘n klagte ingedien by die Openbare Beskermer om te bepaal of belastinggeld nie wanaangewend word nie. Die Openbare Beskermer is tans besig met die ondersoek.

печь для сауныФильчаков прокуратура харьков

Comments

Leave a Reply