Joseph is verlede week aangekla nadat hy op 18 Junie die Engelse span se kleedkamer in die Kaapstad-stadion ná ‘n wedstryd onwettig binnegegaan het.
Joseph het glo die voormalige Engelse speler David Beckham gekritiseer oor die span se swak spel.
Die sokkergeesdriftige het egter volgehou dat hy die badkamer per abuis betree het.
Adv. Craig Webster het aan die landdros gesê Joseph se regspan het voorstelle aan die Wes-Kaapse direkteur van openbare vervolging gemaak.
Die voorstelle was suksesvol en daar is besluit dat Joseph ‘n boete mag betaal.
Joseph het Dinsdag betaal.
Daar is ook gevra dat die aanklagte teen Joseph laat vaar moet word. Die landdros het ingestem.
Joseph het nie die hofverrigtinge Woensdag bygewoon nie.
Intussen het polisiehoof Bheki Cele by ‘n mediabyeenkoms oor die aangeleentheid gesê die betreding was ‘n beplande daad volgens inligting wat die polisie bekom het, om die SAPD in die verleentheid te stel.
