DA-leier Helen Zille het gesê sy sal voortgaan met haar versoeke dat die ANK-leier Jacob Zuma vervolg moet word.
“Nee mnr. Zuma, ek sal nie ophou nie,” het sy in ‘n vvorbereide veldtogtoespraak in die Paarl in die Wes-Kaap Maandagaand gesê.
Zille het gereageer op vroeëre opmerkings van Zuma, wat die naweek aan ‘n ANK-saamtrek gesê het dat “pleks dat hulle besig is om stemme te werf, hulle (die opposisie partye) besig is om hof toe te gaan om besluite wat nie bestaan nie uit te daag.”
‘n Finale besluit word Maandag verwag van die Nasionale Vervolgingsgesag wanneer hulle sal aandui of hulle beplan om die klagtes tee Zuma te laat vaar en of hulle gaan voortgaan daarmee.
Die DA het gesê indien die Nasionale Vervolgingsgesag die klagtes laat vaar, sal die DA dit oorweeg om ‘n privaatregsaksie teen hom te bring.
Zille het Maandag gesê indien Zuma nie in die hof verskyn nie, kan dit nie aanvaar word dat hy onskuldig is nie.
“Ek vind dit snaaks dat sommige mense sê ek het geen belang om my te bekommer oor Zuma se korrupsieverhoor nie. Hulle sê dat ek die beginsel moet respekteer dat mens as onskuldig beskou word tot hulle skuldig bewys word.”
“Natuurlik respekteer ek die beginsel. Maar as ons toelaat dat Zuma nie in die hof verskyn nie as gevolg van ‘n agterkamerooreenkoms met die Nasionale Vervolgingsgesag, sal ons geensins weet of hy skuldig of onskuldig is nie.”

“Ek gee toe, ek dink nie veel aan die saak nie. Ek los my skootrekenaar oornag aan omdat ek weet in die oggend neem dit omtrent 5 minute om alles aan die gang te kry, nie net die aanskakel nie, maar ook die verskeie toepassings wat moet oopmaak.”