Rusland veroordeel sluipmoord op ambassadeur as terreurdaad

Rusland sê hulle beskou die sluipmoord op die land se ambassadeur in Turkye, Andrei Karlov, as ‘n terreurdaad. Karlov is gisteraand by ‘n kunsgallery in die Turkse hoofstad Ankara doodgeskiet. Beeldmateriaal toon hoe ‘n gewapende man in ‘n pak klere van agter op die ambassadeur losbrand, terwyl hy besig is om ‘n toespraak te lewer.

Lees verder: Rusland veroordeel sluipmoord op ambassadeur as terreurdaad

Swart aanvallers lei voëlkykers in lokval in Mosambiek

‘n Suid-Afrikaanse voëlkyker in Mosambiek was onder ‘n groep van internasionale toeriste wat in ‘n lokval gelei is deur swart aanvallers verlede week. Die swart aanvallers was gewapen met AK47-aanvalsgewere. Frans-Hendrik Joubert, ‘n ywerige 27-jarige voëlkyker en fotograaf sê hulle was op ‘n toer in Sentraal-Mosambiek verlede week, op soek na skaars en bedreigde voëlspesies,

Lees verder: Swart aanvallers lei voëlkykers in lokval in Mosambiek

Oostenrykse FPÖ teken samewerkingsooreenkoms met Poetin

Die Oostenrykse FPÖ het ‘n samewerkingsooreenkoms met president Vladimir Poetin onderteken tydens ‘n Moskou besoek aan die Verenigde Rusland party. Dit is bevestig deur die Frankfurtse voorsitter van die FPÖ, Detlef Wimmer. Die verdrag is onderteken in die teenwoordigheid van FPÖ se hoof Heinz-Christian Strache, president Norbert Hofer, vise-burgemeester Johann Gudenus, en adjunk Harald Vilimsky

Lees verder: Oostenrykse FPÖ teken samewerkingsooreenkoms met Poetin

Vragmotor ploeg in skare by Duitse Kersfeesmark en dood 12

‘n Vragmotor het in mense by ‘n Kersfeesmark in die weste van Berlyn ingeploeg en verskeie mense gedood en beseer, het die plaaslike media berig. “Die polisie bevestig dat ‘n vragmotor by ‘n Kersfeesmark in Breitscheidplatz in Berlyn-Charlottenburg ingeploeg het,” volgens ‘n plaaslike koerant die Berlynse Morgenpost. Minstens twaalf mense is dood en 48 is

Lees verder: Vragmotor ploeg in skare by Duitse Kersfeesmark en dood 12

Johannesburgse Jood is beskuldigde in nuwe Facebook-rasseherrie

‘n Jong Jood van Sandton, Ben Sasonof, bevind hom tans midde-in Suid-Afrika se soveelste Facebook-rasseherrie. Soos Penny Sparrow voor hom, het hy hom oor die swart strandgangers in Durban uitgelaat, en sommer terselfdertyd vir president Jacob Zuma beledig. In ‘n Facebook-inskrywing wat oral deur die Suid-Afrikaanse en selfs oorsese media aangehaal word, het Sasonof blykbaar

Lees verder: Johannesburgse Jood is beskuldigde in nuwe Facebook-rasseherrie

Verkiesing van gekleurde mej. Frankryk lei tot rasse-onmin

Saterdagaand is ‘n 18-jarige kleurling uit Frans-Guyana, Alicia Aylies, as mej. Frankryk aangewys, wat onmiddellik tot verwoede kommentaar op Twitter en ander sosiale media aanleiding gegee het. Nie minder nie as 3 uit die 5 finaliste was van gemengde ras. In ‘n flou poging om polities korrek te wees, het ‘n vorige (blanke) mej. Frankryk

Lees verder: Verkiesing van gekleurde mej. Frankryk lei tot rasse-onmin

Leon Lemmer: Van slawerny tot progressiewe arbeid?

Daar is ‘n literêre werk wat deur Edmund Wilson (1895-1972) bestempel is as die belangrikste boek wat in die Amerikaanse Konfederasie geskryf is. Hy verwys na Mary Boykin Chesnut (1823-1886) se Diary (edited by Isabella D Martin and Myrta Lockett Avary, Digireads, 1905/2014, 214p; Amazon Kindle $1,13). Chesnut se pa, Stephan Miller (1788-1838), was die

Lees verder: Leon Lemmer: Van slawerny tot progressiewe arbeid?

Karel Combrinck: Ras en beskawing

‘n Stelling dat meeste, indien nie alle nie, menslike ondernemings deur die eeue heen in mislukkings geëindig het, sal seker sommiges na die pen laat gryp met beskuldings van “negatief” of “pessimisties” of selfs “rassisties”. (Alles waarmee die konformerende elite nie saamstem nie is outomaties “rassisties”.) Tog het feite die manier om hardnekkig te wil

Lees verder: Karel Combrinck: Ras en beskawing

Potgooi: Trump gaan ons nie help, maar paraatheid wel

Dan Roodt en Gustav Venter bespreek laasgenoemde se onlangse rubriek waarin Gustav meen dat Afrikaners onrealistiese verwagtinge koester oor die soort hulp wat hulle van pres. Donald Trump kan verwag. Hy sê ons moet eerder fokus op selfbeskerming en almal vuurwapens begin dra.

Lees verder: Potgooi: Trump gaan ons nie help, maar paraatheid wel

Duterte spog dat hy self kriminele dood

Die Filippynse president, Rodrigo Duterte, sê hy het persoonlik vermeende kriminele doodgemaak toe hy burgemeester van ‘n stad in die suide van die Filippyne was om ‘n voorbeeld vir die polisie te stel. Hy het hierdie opmerkings gemaak toe hy sakelui oor sy veldtog teen onwettige dwelms toegespreek het. Die veldtog het tot die dood

Lees verder: Duterte spog dat hy self kriminele dood