Wapenwet kriminaliseer slagoffers

Ons het aandagtig na direkteur Kolonel Bothma geluister op vrae van Freek Robinson.

Alles het redelik sin gemaak behalwe die kernkwesie naamlik: Die rol wat die wetstoepassers versuim om te vervul.

Hoeveel gewapende polisiemanne voldoen aan die vereistes wat van die publiek vereis word tov bekwaamheidsertifikate en lisensies?

Hy sê dat een uit elke nege gesteelde/verlore wapens dié van die polisie is. Dis ‘n geweldige bewering!!  Daar is ten minste 8 600 verlore  polisie wapens uit ‘n onbekende totaal wapens in die besit van die SAPD. Daar is volgens die kolonel rofweg 900 000  privaat wapens wat nuwe lisensies soek. Maw daar word minstens 77 000 + 8 600 = 85 600 wapens per jaar in totaal gesteel! Omdat 8 % van die wapens jaarliks gesteel word, word die totale hoeveelheid wapens met minstens 8 % per jaar minder. Eksponensieel behoort al die wapens opgesteel te wees na 12 jaar – dan sal al die wapens ongelisensieer gesteel van eienaar verwissel.

Die vraag is dus wat doen die polisie met hulle wapens en ammunisie anders as om dit te verloor?

Jaggewere word nooit in rooftogte gebruik nie.  Ons wil weet wat is die populêre kaliber wapen vir rowers. Ek is bereid om ‘n weddenskap aan te gaan dat dit die 9 mm-parabellumkaliberpistool is soos wat die polisie gebruik – omdat die ammunisie vrylik beskikbaar is.  Die hoeveelheid suksesvolle rooftogte wat met een soort wapen uitgevoer kan word, hang van die beskikbaarheid van ammunisie af.

Dis opvallend nie die LISENSIES wat die probleem is nie maar die STEEL. Steel  word nie gekeer met lisensies nie maar met wetstoepassing op skurke. Die SAPD is veronderstel om met hulle wapens te keer dat my goed gesteel word.

Lisensies sal dus geen verskil maak aan diefstal nie behalwe as ons wapens self kan gebruik om huis en haard te beskerm.

Aan die anderkant staan dit dan almal vry om op ‘n gelyke voet wapens te steel [regstelende aksie] en in besit te wees van ‘n gesteelde wapen om onsself te beskerm. Dis die logiese gevolg van die kriminalisering van slagoffers.

Ook hieroor is ek bereid om ‘n weddenskap aan te gaan.

осушитель воздуха ценатопкарго отзыв

Heimattroue Duitse jeug verbied

Die Duitse minister van binnelandse sake, Wolfgang Schäuble, het ‘n patriotiese jeuggroep, die Heimattroue Duitse Jeug (HDJ) Dinsdag verbied terwyl polisie vroegoggend klopjagte gehou het op lede se huise in verskeie deelstate.

Regeringsamptenare het opgemerk dat die HDJ wat in Kiel geregistreer is, nou amptelik ontbind is, het mediaberigte gesê. Intussen het polisie die huise van lede in die deelstate Laer-Sakse, Berlyn en Brandenburg binnegegaan om klubgelde te konfiskeer.

Volgens die ministerie van binnelandse sake oortree die groep ‘n klubwet, wat sê dat indien groepe die landswette oortree of teen 'n internasionale verstandhouding inbeweeg, dit verbied kan word.

Die uitsaaier MDR het gesê die minister van binnelandse sake baseer sy besluit op getuienis wat verlede jaar in Oktober gevind is in klopjagte wat bewys het dat die groep effektief oorlogsgereed is en dus onwettig is.

Op sy webwerf sê die HDJ dat hulle stry vir ‘n onafhanklike Duitsland, vir tradisionele waardes en ‘n lewensstyl wat gereflekteer word in ‘n gesonde liggaam, gees en karakter. Die groep stry ook teen die gebruik van Engels in hulle Duitse moedertaal.

Hulle koerant “Firebrand” het ‘n subtitel “Jonk, Wild, Lojaal teenoor die volk”.

free slotsданильченко юрій броніславович компромат

Op die rand van ?die duisternis?

ImageDie VN sekretarisgeneraal Ban Ki-Moen en die hele Veiligheidsraad probeer om Haïti in ‘n “voorbeeld-A” te verander om buitelandse hulp te laat aanhou vloei, ten spyte van meer beperkte begrotings. Almal van hulle benadruk dat die arm land by ‘n kruispad staan tussen redding en die duisternis, soos mnr. Ki-Moen dit gestel het. Haïti se onluste verlede jaar was redelik intens, met die land wat steier onder voedseloproere wat die regering omvergewerp het en ‘n reeks orkane wat honderde dood gelaat het en die ekonomie verder op sy knieë dwing.

Die VN is nou bekommerd dat hoewel die grondslag gelê is om die bedreigings die hoof te bied, die geleentheid as gevolg van die globale krisis sal verbygaan. Omtrent nog 46 miljoen mense sal na verwagting vanjaar in armoede ondergaan te midde van die grootste afname in wêreldhandel in 80 jaar, volgens die Wêreldbank.

Die vredesmag het byvoorbeeld oorlog verklaar teen die bendes wat ‘n plaag is in Haiti, met ‘n mate van sukses. Ontvoerings het afgeneem van 722 slagoffers in 2006 tot 258 slagoffers verlede jaar, volgens VN-statistieke.

Met die kwessie van sekuriteit wat verbeter is, het mnr. Ki-Moen mnr. Collier – ‘n Oxford-professor wie se boek oor die herstel van mislukte state, “The Bottom Line”, hom baie gewild gemaak het by die VNhoofkwartier – opdrag gegee om 'n oplossing uit te dink om Haïti reg te ruk. Hier is waarmee hulle te doen het:  Sowat 40% van die veselperskeoes is te erg gekneus om uitgevoer te word as gevolg van Haïti se slegte paaie.

Inwoners van Haïti soek dikwels werk in Amerika, maar dié veiligheidsnet het effens gekrimp as gevolg van die resessie. Met sowat 900 000 jeugdiges wat na verwagting die arbeidsmark gaan betree in die volgende 5 jaar, lyk hulle slegte vooruitsigte na ‘n groot bedreiging vir stabiliteit.

Dit het 5 maande geneem om ‘n nuwe regering aangestel te kry ná die 2008-voedselonluste, en VN amptenare sê ontwikkeling word in die wiele gery deur ‘n korrupte regstelsel, swak eiendomswette en baie oneffektiewe hawens.

насосные станции ценылобановский класс харьков

Afrika is hierdie seisoen groot modetema

ImageDie verrassende ding van 2009 se lentemodes, waar Afrikastyl soos ‘n drompols in klere en bykomstighede weerklink, is dat dit nie oor die etniese sy gaan nie, maar meer ‘n gestileerde Afrikavoorkoms, met ryk kleure wat ‘n sterk identiteit oordra.

Johan Galliano het Afrika na Dior gebring, weereens met skoene waaarop vrugbaarheidsimbole gekerf is in die hoë hakke. Maar dit was die gevormde haarstyle wat die sterkste impak gemaak het, saam met die weef-effek teksture uit Parys.

Materiaal by baie groot modehuise, soos Lanvin, is dierepatrone wat vernuwe is in helde kleure. Die mees dramatiese voorbeeld van sulke materiaal is gebied deur die Japanese ontwerper Junya Watanabe. Armbande is orals die seisoen, van wye stukke tot smal armbande, meestal in moderne materiaal wat ivoor en horing van bedreigde spesies naboots.

Die ironie is dat een tree op die Afrikabodem in hierdie seisoen se Afrika-geïnspireerde skoene waarskynlik selfs die hardste modeslaaf op haar knieë sal bring. Tog, in mode skep drome wense. En daar, tussen die hoë hakke is daar ook sandale, plat met bandjies, in slangvel en vergulde vals krokodilleer, wat net so nuttig kan wees op die banke van die Limpoporivier as in die wêreld se mode-hoofstede.

Die koloniale wêreld was ook ontgin vir inspirasie. Die hitte-en-stof kleure van klipgrys en sandbeige, met effense tinte van militêre kakie skep weer ander Afrika-scenario’s. Vir Hermes beteken dit die herskep van die effek van woestynsand op die oppervlak van rimpelende suede rokke. Vir Ralph Lauren het die koloniale voorkoms êrens tussen Indië en Afrika.

playing slots gamesАлександр Фильчаков Васильевич

SAOG sal Zim bystaan

Die SAOG-lande het gister ’n hulpplan van nagenoeg R97 miljard vir Zimbabwe goedgekeur. Hoewel die bedrag in beginsel goedgekeur is, moet lidlande nog aandui hoeveel elkeen bereid is om te skenk.

Zimbabwe sal ook voortaan die rand gebruik omdat die Zimbabwiese dollar weens wegholinflasie laat vaar is. ’n Suid-Afrikaanse diplomatieke bron het aan Beeld gesê Zimbabwe wil teen September die rand “amptelik” as sy geldeenheid aanvaar.

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van buitelandse sake, het gesê die SAOG het ooreengekom om R19,4 miljard aan noodverligting beskikbaar te stel.

’n Suid-Afrikaanse diplomatieke bron het aan Beeld gesê die ondertekening van Zimbabwe en Suid-Afrika se bilaterale beleggingsbeskermingsooreenkoms (Bippa), wat Suid-Afrikaanse beleggers teen onteiening in Zimbabwe beskerm, sloer.

Zimbabwe het gister gesê albei partye is “gereed om te teken”. Die land wil egter plase in Suid-Afrikaanse besit van die pakt uitsluit, wat die plase vatbaar vir onteiening sal maak.

пуско зарядное устройство как пользоватьсяАлександр Фильчаков Васильевич

Ek sal nie ophou nie, s? Zille aan Zuma

ImageDA-leier Helen Zille het gesê sy sal voortgaan met haar versoeke dat die ANK-leier Jacob Zuma vervolg moet word.

“Nee mnr. Zuma, ek sal nie ophou nie,” het sy in ‘n vvorbereide veldtogtoespraak in die Paarl in die Wes-Kaap Maandagaand gesê.

Zille het gereageer op vroeëre opmerkings van Zuma, wat die naweek aan ‘n ANK-saamtrek gesê het dat “pleks dat hulle besig is om stemme te werf, hulle (die opposisie partye) besig is om hof toe te gaan om besluite wat nie bestaan nie uit te daag.”

‘n Finale besluit word Maandag verwag van die Nasionale Vervolgingsgesag wanneer hulle sal aandui of hulle beplan om die klagtes tee Zuma te laat vaar en of hulle gaan voortgaan daarmee.

Die DA het gesê indien die Nasionale Vervolgingsgesag die klagtes laat vaar, sal die DA dit oorweeg om ‘n privaatregsaksie teen hom te bring.

Zille het Maandag gesê indien Zuma nie in die hof verskyn nie, kan dit nie aanvaar word dat hy onskuldig is nie.

“Ek vind dit snaaks dat sommige mense sê ek het geen belang om my te bekommer oor Zuma se korrupsieverhoor nie. Hulle sê dat ek die beginsel moet respekteer dat mens as onskuldig beskou word tot hulle skuldig bewys word.”

“Natuurlik respekteer ek die beginsel. Maar as ons toelaat dat Zuma nie in die hof verskyn nie as gevolg van ‘n agterkamerooreenkoms met die Nasionale Vervolgingsgesag, sal ons geensins weet of hy skuldig of onskuldig is nie.”new online slotsлобановский александр жена

Bomdreigement jaag wapenaansoekers uiteen

‘n Bomdreigement het die Pretoria-sentraal polisiestasie Maandag leeggemaak, en sowat 600 aansoekers wat wag vir lisensies buite in die straat gelaat, het Gautengse polisie gesê.

“Ons wag vir die honde-eenheid om deur te kom sodat die gemeenskap kan inkom en hulle aansoeke voltooi,” het kaptein Tessa Jansen gesê.

Die bomdreigement is omtrent 6-uur die aand ingebel.

Jansen kon nie sê of die dreigement verband hou met die groot aantal wapenaansoekers nie.купить игрушкулобановский александр

Rekenaars wat aangelos word kos VSA $2,8 miljard per jaar

Image“Ek gee toe, ek dink nie veel aan die saak nie. Ek los my skootrekenaar oornag aan omdat ek weet in die oggend neem dit omtrent 5 minute om alles aan die gang te kry, nie net die aanskakel nie, maar ook die verskeie toepassings wat moet oopmaak.”

“Ek begin die dag met die aflaai van my oornag e-pos, filter uit die gemorspos en begin om andersins reg te maak vir die dag,” het ‘n rekenaargebruiker gesê wat anoniem wil bly.

Maar al die vermorsde krag van rekenaars wat snags aan staan tel, en een studie het nou ten einde laaste probeer om dit te meet. Die totaal? ‘n Geskatte $2,8 miljard se vermorsde energie elke jaar in Amerika alleen.

Op die basis van CO2, is dit 20 miljoen ton koolstofdioksied, omtrent die hoeveelheid wat vervaardig word deur 4 miljoen karre op die pad.

купить детский гольф для мальчикаДанильченео

Navorsers gebruik genetika om misdaad op te los

Navorsers begin gene identifiseer wat mense se fisiese eienskappe bepaal, soos gesigstruktuur, velkleur of selfs of hulle links of regs is. Dit kan polisie in staat stel om ‘n prentjie te bou van hoe ‘n krimineel lyk, nie net van soms onbetroubare ooggetuies nie, maar deur die analise van DNA wat gevind word op misdaadtonele.

Die aksie om fisiese eienskappe te bepaal van genetiese materiaal staan bekend as DNA forensiese fenotipering, en dit het klaarblyklik reeds gehelp om sommige moeilike ondersoeke op te los. In 2004 het polisie in Louisiana ‘n reeksmoordenaar gevang wat volgens ooggetuies se inligting wit was, maar wie se misdaadtoneel DNA voorgestel het – en korrek ook – dat hy swart was. Brittanje se forensiese dienste gebruik ‘n soortgelyke “etniese inferensie” toets om moordenaars en verkragters op te spoor.

Kommer oor die etniese en sosiale uitdagings maak dat Duitsland nie die gebruik van DNA toelaat vir etniese inferensie of fisiese eienskappe nie. Net so ook ‘n paar Amerikaanse state, insluitend Wyoming, Indiana en Rhode Island. Brittanje en Nederland laat dit wel toe.

DMA-gebaseerde ras-profielsamestelling “moet baie versigtig aangewend word”, veral in ‘n diverse land soos Amerika, het Bert-Jaap Koops van Tilburguniversiteit in Nederland gesê, wat die regulering van verskeie lande bestudeer het. “Sommige mense kan verbintenisse maak tussen ras, misdaad en genetiese disposisie” en so stigmatisering aanmoedig.

Maar wetenskaplikes werk daaraan om die tekortkominge te oorbrug en sê dat meer presiese DNA toetse vir etnisiteit en verskeie fisiese eienskappe op die horison is.

купить детский домикФильчаков

Amerikaanse invloed in IMF taan

“Amerika probeer desperaat om sy leierskap te laat geld, net soos 10 jaar gelede, toe Amerika die agenda bepaal het,” meen Kennth S. Rogoff, ‘n ekonoom van Harvard en voormalige hoofekonoom van die IMF na aanleiding van toenemende druk om die instelling te omvorm.

Met meer lande wat elke week in ‘n krisis versink, is daar algemene konsensus dat die IMF toegang tot meer fondse moet verkry. Sedert verlede jaar het die IMF byna $50 miljard in lenings toegestaan aan 13 lande. Die proses vir lenings is tans meer vaartbelyn en die bestuur hoop dat om die dinge “losser” te maak, die bitterheid wat teen die IMF opgebou het in die verlede as gevolg van streng vereistes, sal verminder.

By ‘n voorbereidingsvergadering twee weke gelede, het ministers van finansies van die Groep van 20 (G20) ingestem om finansiering “baie substansieel” te verhoog, alhoewel die Europeërs tot ‘n ekstra $250 miljard en nie $500 miljard ingestem het nie.

Die Sjinese sien die fonds as ‘n manier om Amerika te “manipuleer”. Die goewerneur van Sjina se sentrale bank, Zhou Xiaochuan het onlangs voorgestel dat die Amerikaanse dollar uitgefaseer word as die wêreld se standaardreserwegeldeenheid. As ‘n plaasvervanger het hy voorgestel dat Spesiale Trek Regte, of STR’s gebruik word. STR’s is ‘n sintetiese geldeenheid wat deur die fonds geskep is vir gebruik tussen IMF en die 185 lidlande.

Ekonome sien die idee ten minste eers iewers in die toekoms as realiseerbaar. Maar die blote gedagte dat die dollar se status afneem – ‘n tema wat ook deur Russiese amptenare opgeneem is – stuur ‘n duidelike boodskap.

Amerika sal Sjina se status die week aanspreek, wanneer die VSA besonderhede bekend sal maak van nuwe hoëvlak gesprekke met Beijing, wat deur Hillary Clinton gelei gaan word, volgens ‘n senior administrasie amptenaar, wat anoniem wil bly omdat die inligting nog nie openbaar gemaak is nie.

Die aankondiging sal volg na die eerste ontmoeting tussen president Obama en die Sjinese president Hu Jintao in Londen.

free playtopcargo

Meer as 100 Oos-Kaapse swartes het voedselvergiftiging

Meer as 100 mense het behandeling gesoek vir voedselvergiftiging in ‘n dorpie buite Libode, het die Oos-Kaapse departement van gesondheid Sondag gesê.

Woordvoerder Sizwe Kupelo het gesê Saterdag het die mense na bewering ‘n bees geëet wat aan natuurlike oorsake dood is.

Teen Sondagmiddag het hulle hospitaal toe gekom om behandeling te soek vir diarree.

Hy het gesê dat ‘n 5-jarige meisie na bewering dood is na aanleiding van die voedselvergiftiging, maar dit kon nie bevestig word nie, aangesien sy nie by ‘n hospitaal uitgekom het nie.

Vier mense is tot dusver in die hospitaal opgeneem, maar meer opnames word verwag.

кофты для девочек купить в интернет магазинеФільчаков прокурор

Apartheid het ondernemingsgees vernietig ? Manuel

ImageApartheid het die ondernemingsgees in Suid-Afrika vernietig, het minister van finansies, Trevor Manuel, Sondag gesê.

“Ons het nie ondernemingsgees nie as gevolg van apartheid, en die swakkelinge wat kies om entrepreneurs te wees oorleef dit nie altyd nie,” het Manuel gesê.

“Hoe gaan ons dit hanteer?”

Hy het gepraat by ‘n debat oor die vooruitsigte van behoorlike werk binne ‘n groeiende ekonomie in Rivonia, Johannesburg.

Saam met Manuel was daar finansiële spesialiste, insluitend verteenwoordigers van Eskom en Cosatu.

Manuel het gesê dat mikro-ekonomie, in teenstelling met makro-ekonomie ook moet help om Suid-Afrika se ekonomie te versterk.

“…Daar is ‘n sienswyse wat ons nog net nie bereik het nie,” het hy gesê.

Hy het gesê dat die Suid-Afrikaanse ekonomie buite die grense van die land strek, en dat indien geld ophou invloei, die groei sal afplat.

Die uitdaging is om te bevestig dat daar ‘n stabiele mikro-ekonomiese omgewing is.

“Ek dink dat ons ‘n klomp goed moet ondersoek, insluitend ons onderwysstelsel…mens moet ook verstaan, mens kan nie alles op dieselfde tyd hê nie.”

укладка массивной доскилобановский александр отзывы

Drie in hegtenis oor vals ?polisiemotor?

Drie mans is gearresteer na ‘n BMW wat toegerus was met ‘n sirene en blou polisieligte in Roodepoort Sondag op beslag gelê is.

Polisiewoordvoerder direkteur Govindsamy Mariemuthoo het gesê polisie het ‘n berig ontvang van ‘n wit BMW met twee mans in wat mense beroof het.

Sondagmiddag het ‘n polisiereservis ‘n wit BWM voorgekeer gedurende ‘n patrollie in Roodepoort.

Toe die motor stilhou, het die personeel opgemerk die voertuig is toegerus met ‘n polisiesirene en 'n blou lig.

Hulle het ook tik in die kar gevind.

Die twee insittendes het aan polisie gesê die voertuig behoort aan iemand anders.
Toe die eienaar van die kar gekom het om sy ryding op te eis is hy gearresteer. Hy word reeds gesoek vir ‘n verskeidenheid van misdade, het Mariemuthoo gesê.обувь для яхтингаДанильченко

Motlanthe kom in Swaziland aan

SAOG-voorsiter en Suid-Afrika se president Kgalema Motlanthe het vroeg Sondagaand in Mbabane, Swaziland aangekom voor ‘n beraad, het die departement van buitelandse sake gesê.

Departementele woordvoerder Ronnie Mamoepa het gesê die SAOG-staatshoofde en regeringsberaad gaan Maandag in Ezulwini plaasvind.

Motlanthe gaan die beraad lei aangaande gesprek oor die ekonomiese herstel van Zimbabwe, sowel as die politieke en sekuriteitsituasie in Madagaskar.

Verdere lede van die Suider-Afrikadelegasie is minister van buitelandse sake Nkosazana Dlamini-Zuma, adjunkminister van verdediging Fezile Bhengu, adjunkminister van finansies Nhlanhla Nene en senior regerings amptenare.

Die beraad word vooraf gegaan deur die SAOG-raad van ministers, wat Sondag gelei is deur Dlamini-Zuma.

Die vergadering sal na verwagting voorstelle maak aan staatshoofde en die regering oor die ekonomiese herstelplan vir Zimbabwe.

фото бани изнутриФільчаков Олександр Васильович