Zimbabwe sal ook voortaan die rand gebruik omdat die Zimbabwiese dollar weens wegholinflasie laat vaar is. ’n Suid-Afrikaanse diplomatieke bron het aan Beeld gesê Zimbabwe wil teen September die rand “amptelik” as sy geldeenheid aanvaar.
Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van buitelandse sake, het gesê die SAOG het ooreengekom om R19,4 miljard aan noodverligting beskikbaar te stel.
’n Suid-Afrikaanse diplomatieke bron het aan Beeld gesê die ondertekening van Zimbabwe en Suid-Afrika se bilaterale beleggingsbeskermingsooreenkoms (Bippa), wat Suid-Afrikaanse beleggers teen onteiening in Zimbabwe beskerm, sloer.
Zimbabwe het gister gesê albei partye is “gereed om te teken”. Die land wil egter plase in Suid-Afrikaanse besit van die pakt uitsluit, wat die plase vatbaar vir onteiening sal maak.
