Die vredesmag het byvoorbeeld oorlog verklaar teen die bendes wat ‘n plaag is in Haiti, met ‘n mate van sukses. Ontvoerings het afgeneem van 722 slagoffers in 2006 tot 258 slagoffers verlede jaar, volgens VN-statistieke.
Met die kwessie van sekuriteit wat verbeter is, het mnr. Ki-Moen mnr. Collier – ‘n Oxford-professor wie se boek oor die herstel van mislukte state, “The Bottom Line”, hom baie gewild gemaak het by die VNhoofkwartier – opdrag gegee om 'n oplossing uit te dink om Haïti reg te ruk. Hier is waarmee hulle te doen het: Sowat 40% van die veselperskeoes is te erg gekneus om uitgevoer te word as gevolg van Haïti se slegte paaie.
Inwoners van Haïti soek dikwels werk in Amerika, maar dié veiligheidsnet het effens gekrimp as gevolg van die resessie. Met sowat 900 000 jeugdiges wat na verwagting die arbeidsmark gaan betree in die volgende 5 jaar, lyk hulle slegte vooruitsigte na ‘n groot bedreiging vir stabiliteit.
Dit het 5 maande geneem om ‘n nuwe regering aangestel te kry ná die 2008-voedselonluste, en VN amptenare sê ontwikkeling word in die wiele gery deur ‘n korrupte regstelsel, swak eiendomswette en baie oneffektiewe hawens.

Die VN sekretarisgeneraal Ban Ki-Moen en die hele Veiligheidsraad probeer om Haïti in ‘n “voorbeeld-A” te verander om buitelandse hulp te laat aanhou vloei, ten spyte van meer beperkte begrotings. Almal van hulle benadruk dat die arm land by ‘n kruispad staan tussen redding en die duisternis, soos mnr. Ki-Moen dit gestel het. Haïti se onluste verlede jaar was redelik intens, met die land wat steier onder voedseloproere wat die regering omvergewerp het en ‘n reeks orkane wat honderde dood gelaat het en die ekonomie verder op sy knieë dwing.