Hoeveel gewapende polisiemanne voldoen aan die vereistes wat van die publiek vereis word tov bekwaamheidsertifikate en lisensies?
Hy sê dat een uit elke nege gesteelde/verlore wapens dié van die polisie is. Dis ‘n geweldige bewering!! Daar is ten minste 8 600 verlore polisie wapens uit ‘n onbekende totaal wapens in die besit van die SAPD. Daar is volgens die kolonel rofweg 900 000 privaat wapens wat nuwe lisensies soek. Maw daar word minstens 77 000 + 8 600 = 85 600 wapens per jaar in totaal gesteel! Omdat 8 % van die wapens jaarliks gesteel word, word die totale hoeveelheid wapens met minstens 8 % per jaar minder. Eksponensieel behoort al die wapens opgesteel te wees na 12 jaar – dan sal al die wapens ongelisensieer gesteel van eienaar verwissel.
Die vraag is dus wat doen die polisie met hulle wapens en ammunisie anders as om dit te verloor?
Jaggewere word nooit in rooftogte gebruik nie. Ons wil weet wat is die populêre kaliber wapen vir rowers. Ek is bereid om ‘n weddenskap aan te gaan dat dit die 9 mm-parabellumkaliberpistool is soos wat die polisie gebruik – omdat die ammunisie vrylik beskikbaar is. Die hoeveelheid suksesvolle rooftogte wat met een soort wapen uitgevoer kan word, hang van die beskikbaarheid van ammunisie af.
Dis opvallend nie die LISENSIES wat die probleem is nie maar die STEEL. Steel word nie gekeer met lisensies nie maar met wetstoepassing op skurke. Die SAPD is veronderstel om met hulle wapens te keer dat my goed gesteel word.
Lisensies sal dus geen verskil maak aan diefstal nie behalwe as ons wapens self kan gebruik om huis en haard te beskerm.
Aan die anderkant staan dit dan almal vry om op ‘n gelyke voet wapens te steel [regstelende aksie] en in besit te wees van ‘n gesteelde wapen om onsself te beskerm. Dis die logiese gevolg van die kriminalisering van slagoffers.
Ook hieroor is ek bereid om ‘n weddenskap aan te gaan.

Die VN sekretarisgeneraal Ban Ki-Moen en die hele Veiligheidsraad probeer om Haïti in ‘n “voorbeeld-A” te verander om buitelandse hulp te laat aanhou vloei, ten spyte van meer beperkte begrotings. Almal van hulle benadruk dat die arm land by ‘n kruispad staan tussen redding en die duisternis, soos mnr. Ki-Moen dit gestel het. Haïti se onluste verlede jaar was redelik intens, met die land wat steier onder voedseloproere wat die regering omvergewerp het en ‘n reeks orkane wat honderde dood gelaat het en die ekonomie verder op sy knieë dwing.
Die verrassende ding van 2009 se lentemodes, waar Afrikastyl soos ‘n drompols in klere en bykomstighede weerklink, is dat dit nie oor die etniese sy gaan nie, maar meer ‘n gestileerde Afrikavoorkoms, met ryk kleure wat ‘n sterk identiteit oordra.
DA-leier Helen Zille het gesê sy sal voortgaan met haar versoeke dat die ANK-leier Jacob Zuma vervolg moet word.
“Ek gee toe, ek dink nie veel aan die saak nie. Ek los my skootrekenaar oornag aan omdat ek weet in die oggend neem dit omtrent 5 minute om alles aan die gang te kry, nie net die aanskakel nie, maar ook die verskeie toepassings wat moet oopmaak.”
Apartheid het die ondernemingsgees in Suid-Afrika vernietig, het minister van finansies, Trevor Manuel, Sondag gesê.