Opod ondersoek dood van twee na opstand by Brits

Die polisie ondersoek die dood van twee mense na ‘n dooiepunt tussen betogers en die polisie tydens ‘n diensleweringoproer naby Brits. Noordwespolisie het bevestig dat twee betogers doodgeskiet en twee gewond is tydens die oproer. Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat ( Opod ) lei die ondersoek na die dood van twee mense in Mothutlung, naby Brits, Maandag,

Lees verder: Opod ondersoek dood van twee na opstand by Brits

Bodem 7: Die swenk

‘n vervolgverhaal deur Gustav Venter Lees eers Bodem 6 en alle vorige episodes. Fred Bakkes, bekwaam as tegniese-tekeninge-onderwyser, onlangs departementshoof by ʼn laerskool in  Alberton, met ʼn lewensingesteldheid, houding en kleredrag afgetrek op die leerkragte van die sewentigs toe hy op hoërskool was, eggenoot van Lucille, twaalf jaar jonger as hy en adjunkhoof by ʼn

Lees verder: Bodem 7: Die swenk

SA se brein-drein omgekeer sê arbeidsmarkekonoom

Suid-Afrika se brein-dreinprobleme is omgekeer oor die afgelope paar jaar, deels te danke aan swak ekonomieë elders, sê Adcorp se arbeidsmarkekonoom Loane Sharp. ‘n Adcorp-indiensnemingsverslag wat Maandag vrygestel is, toon dat sedert die wêreldwye finansiële krisis begin het in 2008, ‘n netto 359.000 hoëgeskoolde Suid-Afrikaners uit die buiteland teruggekeer het. Suid-Afrikaners wat 10 jaar gelede geëmigreer

Lees verder: SA se brein-drein omgekeer sê arbeidsmarkekonoom

Petrolbom vernietig Mogale se asblikke

Meer as 2.000 van die Mogale City Plaaslike Munisipaliteit se nuwe asblikke ter waarde van R850.000 is vernietig in ‘n petrolbomaanval. Betogende Kagiso-inwoners het die petrolbom na ‘n stoor van die munisipaliteit gegooi. Dit volg na weke van protesaksies na aanleiding van die mynmaatskappy Mintails se plofstofaktiwiteite. Die inwoners sê huismure kraak en ruite breek

Lees verder: Petrolbom vernietig Mogale se asblikke

Kaapstad as voorkeurvakansiebestemming aangewys

Die Wes-Kaapse minister van Toerisme, Alan Winde het die nuus verwelkom dat Kaapstad as van die voorste vakansiebestemmings aangewys is deur ‘n Britse asook Amerikaanse koerant. Die Guardian sowel as die Amerikaanse New York Times in ‘n artikel, “52 Plekke om te gaan in 2014”, het Kaap aanbeveel by toeriste. Die New York Times het Kaapstad

Lees verder: Kaapstad as voorkeurvakansiebestemming aangewys

Amcu reik stakingskennisgewing uit vir Implats

Amculede is van plan om op te hou werk by Impala Platinum (Implats), die tweede grootste platinumprodusent in die wêreld, ná ‘n stem ten gunste van ‘n staking oor lone. Die vakbond het Maandag ‘n 48-uur-stakingskennisgewing aan die mynmaatskappy uitgereik. Amcu is vroeër toestemming gegee van ‘n staatsbemiddelaar om arbeidsaksie van stapel te stuur by

Lees verder: Amcu reik stakingskennisgewing uit vir Implats

Britte kry kontant vir skaliegas-ontginning

Die Britse Eerste Minister, David Cameron het kontant vir gesinne wat naby skaliegasprojekte woon belowe asook belastingvoordele van miljoene pond aan stadsrade as hulle die ontginning van skaliegas aanmoedig. In die sewentigerjare het Noordsee-olie die VK gered van ekonomiese stagnasie en agteruitgang. Baie ontleders sê skalie is soorteglyk. Dié beloftes kom nadat Total bekend gemaak

Lees verder: Britte kry kontant vir skaliegas-ontginning

De Telegraaf besig met openlike haatveldtog teen Afrikaners

Holland se grootste dagblad, De Telegraaf, is besig met ‘n openlike haatveldtog teen Afrikaners. Die koerant is uitgevang dat hulle versinsels oor plaasmoorde gepubliseer het om Afrikaners in ‘n slegte lig te stel. ‘n Blatante leuen het verskyn waarin die joernalis Catherine Keyl, 20 November 2013) beweer dat “regse blankes” agter die moorde op wit boere

Lees verder: De Telegraaf besig met openlike haatveldtog teen Afrikaners

Bodem 6: Die besluit

‘n vervolgverhaal deur Gustav Venter Lees eers Bodem 5 en alle vorige episodes. Vir ʼn oomblik kom dit voor of niemand iets kan of wíl sê nie, ʼn oomblik van sprakeloosheid terwyl die reënvingers op die seildak trommel. Miskien is dit asof nie een geweet het wat hy of sy aan die situasie kon doen

Lees verder: Bodem 6: Die besluit

Metropolisie wat kontant roof vas

Twee lede van die Tshwane Metropolisie wat daarvan aangekla word dat hulle ‘n motoris van R500.000 kontant beroof het, verskyn vandag in die Pretoria-Noord landdroshof. Na bewering het die twee die motoris op die N-1 naby Hammanskraal weens ‘n spoedoortreding vasgetrek. Terwyl hulle die motor deursoek het, het hulle op die kontant afgekom en die

Lees verder: Metropolisie wat kontant roof vas