Die Britse Eerste Minister, David Cameron het kontant vir gesinne wat naby skaliegasprojekte woon belowe asook belastingvoordele van miljoene pond aan stadsrade as hulle die ontginning van skaliegas aanmoedig.
In die sewentigerjare het Noordsee-olie die VK gered van ekonomiese stagnasie en agteruitgang. Baie ontleders sê skalie is soorteglyk.
Dié beloftes kom nadat Total bekend gemaak het dat hulle sal investeer in skaliegas-ontginning in Brittanje.
Die Franse maatskappy sal vandag hulle planne vir skaliegasontginning bekendstel.
Cameron het vroeër die land se volle verbintenis aan skaliegasontginning en hidrobreking bevestig.
Die Britse regering hoop dat nuwe werksgeleenthede geskep sal word, gemeenskapsprojekte op die been sal kom en dat dit vir die ekonomie ‘n inspuitiong sal wees.
Skaliegas kan nagenoeg £3.7billion per jaar aan inkomste genereer en 74.000 ekstra werksgeleenthede ondersteun, het navorsing getoon.
Maatskappye het te kenne gegee dat hulle een persent van die inkomste wat gegenereer word uit elke terrein plus sowat £100,000 vir elke boorgat aan gemeenskappe sal gee.
Elke boorgat is sowat £10 miljoen werd. Stadsrade het gekla dat 1% min is omdat oliemaatskappye elders tot 10% betaal.
Stadsrade kan 100 persent van die saketariewe hou, dubbel die huidige 50 persent.
‘n Senior lid van die drukgroep het gesê dit is ironies dat ‘n Franse maatskappy skaliegas in Brittanje wil ontgin, terwyl dieselfde praktyk in Frankryk verbied word.

Lekker omkoopgeld om die projekte te laat voortgaan ongeag die omgewingsimpak. Die ellende duur voort lank nadat die geld deurgebring is.
Ek het nie geweet die Britte is so bankrot nie
hulle is bankot in geld ook
En wat het van BP ( British Petroleum) geword???
The Fieldmarshall and his cronies are currently engaged in World Capitalist Revolution, the current genocide of all enemies and general mayhem on behalf of his cousin the Christian Monarch Elizabeth, her kingdom and her Church. The Grand Master of the Freemasons, the Duke of Kent, aka Prince Edward (Edward George Nicholas Patrick Paul). Secret networks of Freemasons have been used by organised crime gangs to corrupt the criminal justice system in the UK.
http://www.independent.co.uk/news/uk/crime/revealed-how-gangs-used-the-freemasons-to-corrupt-police-9054670.html
Field Marshal His Royal Highness Prince Edward George Nicholas Patrick, Duke of Kent, Earl of Saint Andrews, Baron Downpatrick, Royal Knight of the Most Noble Order of the Garter, Knight Grand Cross of the Most Distinguished Order of Saint Michael and Saint George, Knight Grand Cross of the Royal Victorian Order, Aide-de-Camp to Her Majesty, Grand Master of the United Grand Lodge of England and First Grand Principal of the Supreme Grand Chapter of Royal Arch Masons of England, President of The Scout Association.
en Wills word opgelei om die A/Chris te wees…..order of the garter, sy moeder het gese hy gaan Camelot herstel…..
wonder hoe gaan Huisgenoot dit hanteer, hulle hoof skinder nuus uit London kan nie as die slegte mannetjie uitgebeeld word nie.
jaaaa Cameron, laat jou gesin asb van die water drink wat uit die boorgate kom, die afkoop geld wat die regerings aan die sheeple gee gaan nie vergoed vir die vergiftiging en kanker wat kom nie.
Regerings word aangestel deur “Big Bussines” om “Big Business” se sake te beskerm en bevorder, ten koste van die gewone man op straat (Belastingbetaler) wat die kostes moet verhaal en nie die nut van die minerale sien nie.
Iets maak hier nie vir my sin nie – Die Britse koningshuisis betrokke by Royal Shell wat hier in die Karoo ons water wil vergiftig – Nou moedig die Britte die mense aan om saam met Total te werk? Is al die energie van die wereld alreeds onder Britse (NWO) beheer?