Britte kry kontant vir skaliegas-ontginning

shaleDie Britse Eerste Minister, David Cameron het kontant vir gesinne wat naby skaliegasprojekte woon belowe asook belastingvoordele van miljoene pond aan stadsrade as hulle die ontginning van skaliegas aanmoedig.

In die sewentigerjare het Noordsee-olie die VK gered van ekonomiese stagnasie en agteruitgang. Baie ontleders sê skalie is soorteglyk.

Dié beloftes kom nadat Total bekend gemaak het dat hulle sal investeer in skaliegas-ontginning in Brittanje.

Die Franse maatskappy sal vandag hulle planne vir skaliegasontginning bekendstel.

Cameron het vroeër die land se volle verbintenis aan skaliegasontginning en hidrobreking bevestig.

Die Britse regering hoop dat nuwe werksgeleenthede geskep sal word, gemeenskapsprojekte op die been sal kom en dat dit vir die ekonomie ‘n inspuitiong sal wees.

Skaliegas kan nagenoeg £3.7billion per jaar aan inkomste genereer en 74.000 ekstra werksgeleenthede ondersteun, het navorsing getoon.

Maatskappye het te kenne gegee dat hulle een persent van die inkomste wat gegenereer word uit elke terrein plus sowat £100,000 vir elke boorgat aan gemeenskappe sal gee.

Elke boorgat is sowat £10 miljoen werd. Stadsrade het gekla dat 1% min is omdat oliemaatskappye elders tot 10% betaal.

Stadsrade kan 100 persent van die saketariewe hou, dubbel die huidige 50 persent.

‘n Senior lid van die drukgroep het gesê dit is ironies dat ‘n Franse maatskappy skaliegas in Brittanje wil ontgin, terwyl dieselfde praktyk in Frankryk verbied word.