Twee lede van die Tshwane Metropolisie wat daarvan aangekla word dat hulle ‘n motoris van R500.000 kontant beroof het, verskyn vandag in die Pretoria-Noord landdroshof.
Na bewering het die twee die motoris op die N-1 naby Hammanskraal weens ‘n spoedoortreding vasgetrek.
Terwyl hulle die motor deursoek het, het hulle op die kontant afgekom en die voertuigbestuurder gedreig dat hulle hom vir geldwassery in hegtenis gaan neem.
Volgens die woordvoerder van die Tshwane Metropolisie, Isaac Mahamba het hulle ‘n deel van die geld geneem en die bestuurder beveel om te ry. Die twee staar ook skorsing in die gesig. -RSG
