Nog ‘n waterkrisis dreig in Vryburg

Taungdam
Taungdam

‘n Waterprojek wat in 2011 van stapel gestuur is deur die Dr Ruth Segomotsi Mompati Distriksmunisipaliteit, het misluk.

Die doel van die projek was om water uit die Taungdam na die Naledi Plaaslike Munisipaliteit te lei.

Die projek sou die waterkrisis aanspreek in die Vryburgarea van Noordwes, na wat berig word.

Gebiede van Kismet Park, Colridge en Huhudi in Vryburg is die ergste geraak deur watertekorte. ‘n Pyplyn wat net twee jaar oud is, het reeds ingegee.

Dr Ruth Segomotsi Mompati se burgemeester, Elvis Tladinyana het erken dat daar ‘n waterkrisis in die gebied is.

“Herstelwerk wat gemaak is, is nie volhoubaar nie, want dit is buite ons beheer. Die pype is nou oud.”

Hy voeg by dat die pype vervang moet word en dat die bestaande hoofpyp bedoel was om hierdie spesifieke probleem op te los.

Verskillende gebiede regoor die land ervaar watertekorte. Dit sluit Mothutlung in waar die inwoners oproerig geraak het.

Bloemfontein se noordelike voorstede sukkel ook en inwoners ondervind dieselfde uitdaging as gevolg van verouderde infrastruktuur.

Derde dood in Brits-oproer

nyalaDie polisie sê ‘n derde persoon is by Mothutlung, naby Brits tydens die oproer dood nadat hy uit ‘n polisie-Nyala gespring het.

Twee oproermakers is vroeër doodgeskiet deur die polisie nadat inwoners die strate ingevaar het oor ‘n tekort aan water.

Die aangehoudene het glo uitgespring om uit aanhouding te ontsnap. Vroeër is berig dat nog twee mense beseer is tydens die opstand en in die hospitaal behandel word.

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek al drie sterftes.

Die vakbond Numsa het die voorval veroordeel waar die polisie na bewering op lede van die Mothutlung gemeenskap naby Brits in Noordwes geskiet het.

Die minister van waterwese, Edna Molewa, het Dinsdag gesê die gebrek aan water kon doelbewus geskep gewees het.

Tegnici wat gemoeid is met die onderhoud aan die waterpompe het egter aan Praag gesê dat die munisipaliteit nie voorsorg tref om behoorlike instandhouding te doen nie.

‘n Woordvoerder van Numsa, Castro Ngobese sê hulle doen ‘n beroep op die minister van Polisie, Nathi Mthethwa en die nasionale polisiekommissaris,

Veertien mense wat tydens die oproer in hegtenis geneem is, is intussen met ‘n waarskuwing vrygelaat.

Die Noordwes-polisie het gesê die 14 is aangekla van die oortreding van die Nasionale Padverkeerswet.

Hulle het vlugtig in die landdroshof op Brits verskyn. Die saak is tot aanstaande maand uitgestel.

Opod ondersoek dood van twee na opstand by Brits

ipidDie polisie ondersoek die dood van twee mense na ‘n dooiepunt tussen betogers en die polisie tydens ‘n diensleweringoproer naby Brits.

Noordwespolisie het bevestig dat twee betogers doodgeskiet en twee gewond is tydens die oproer.

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat ( Opod ) lei die ondersoek na die dood van twee mense in Mothutlung, naby Brits, Maandag, het ‘n woordvoerder gesê.

“Twee ander mense is beseer en is tans in die hospitaal ,” het Moses Dlamini gesê.

Die polisie is ontbied om betogers te monitor nadat hulle ‘n pad versper het met brandende bande.

Inwoners het Sondagmiddag oor ‘n tekort aan water die strate ingevaar. Dlamini het gesê daar was na bewering ‘n onderonsie tussen betogers en die polisie .

Die swart gemeenskappe was vir ‘n week sonder water. Hulle was op pad na die munisipale se kantore toe.

Die munisipaliteit se suiweringspomp en bystandpomp is albei gebreek, het hy gesê.