Petrolbom vernietig Mogale se asblikke

mintailsMeer as 2.000 van die Mogale City Plaaslike Munisipaliteit se nuwe asblikke ter waarde van R850.000 is vernietig in ‘n petrolbomaanval.

Betogende Kagiso-inwoners het die petrolbom na ‘n stoor van die munisipaliteit gegooi.

Dit volg na weke van protesaksies na aanleiding van die mynmaatskappy Mintails se plofstofaktiwiteite.

Die inwoners sê huismure kraak en ruite breek weens die ontploffings. Die stof wat hiermee gepaard gaan skep ‘n gesondheidsrisiko.

Volgens ‘n woordvoerder van die munisipaliteit is ‘n taakspan aangestel om ondersoek in te stel na die inwoners se bewerings. – RSG