President Barack Obama van Amerika het sy stem gevoeg by by dié van omgewingsaktiviste. Obama sê die klimaat is besig om vinniger te verander as pogings om aandag aan aardverwarming te gee. As ‘n staatswetgewer het Obama voorheen gestem om die Kyoto-klimaatsverdrag te veroordeel en die staat te verbied om kweekhuisgasvrystellings te reguleer. Obama het
Jonathan Jansen het PhD oor Zim-opvoedingstelsel behaal
Prof. Jonathan Jansen, die omstrede antiblanke en anti-Afrikaanse rektor van die Vrystaatse Universiteit, het sy doktorale proefskrif oor die revolusionêre ZANU-PF-opvoedingstelsel van Zimbabwe behaal. Die onderwerp heet: The state and curriculum in transition societies: Zimbabwe 1980-1990. Die proefskrif is in 1991 aan die Universiteit van Stanford by die departement van opvoedings in die VSA ingehandig.
Lees verder: Jonathan Jansen het PhD oor Zim-opvoedingstelsel behaal
Twee Maties ondersoek wat hulself swart geverf het
Die Universiteit Stellenbosch het ‘n ondersoek geloods teen twee Maties-studente wat hulself Saterdagaand vir ’n partytjie swart geverf het. Die voorval het Dinsdag oudergewoonte ‘n storm onder politiek-korrektes veroorsaak. Twee studente van die Universiteit van Pretoria het hulself vroeër vanjaar swart gesmeer en as twee huisbediendes by ‘n partytjie opgedaag. Die twee vrouestudente is daarna
Lees verder: Twee Maties ondersoek wat hulself swart geverf het
Polisie se vuurwapenregister in chaotiese toestand
Terwyl die jongste misdaadstatistieke toon dat veral geweldmisdade “onaanvaarbaar” hoog is, veroorsaak algehele chaos by die sentrale vuurwapenregister (SVR) dat die polisie bykans geen beheer oor vuurwapens het nie. Die parlementêre portefeuljekomitee oor polisiesake was gister geskok toe hul besoek aan die sentrale vuurwapenregister (SVR) in Pretoria aflê. Stapels onverwerkte lêers in die gange, op
Lees verder: Polisie se vuurwapenregister in chaotiese toestand
Kernkrag-tender sluit ander spelers in sê ANC
Die regering probeer ‘n “misverstand” opklaar oor ‘n multi-miljard randse kernooreenkoms met Rusland, het RSG berig. Die departement van energie sê nou die ooreenkoms met Rusland is deel van ‘n tenderproses wat ander mededingende lande insluit. Amptenare sê die ooreenkoms met Rusland is nie ‘n kontrak om kernaanlegte te bou nie. Die Russiese atoom-agentskap Rosatom
Pretoria wil R25 miljoen vir mislukte musiekfees verhaal
Die burgemeester, Kgosientsho Ramokgopa, sê die Metroraad wil die R25 miljoen van die organiseerders van die mislukte musiekfees verhaal. Die fees op Cullinan oos van Pretoria, sou ‘n optrede van die Amerikaanse kunstenaar Nicki Minaj insluit. Die driedaagse fees sou eerskomende naweek plaasgevind het. Daar was byna geen belangstelling in die TribeOne Dinokeng konsert nie
Lees verder: Pretoria wil R25 miljoen vir mislukte musiekfees verhaal
FN sal VN nader oor Derby-Lewis se parool
Die Front Nasionaal gaan die VN se Menseregtekommissie nader omdat Clive Derby-Lewis se mediese paroolaansoek sloer. Die party sê in ‘n verklaring geen reaksie is ontvang van die Departement van Korrektiewe Dienste nie ondanks ‘n ondersoek deur die mediese paroolraad oor Derby-Lewis se geval in Julie. Derby-Lewis, ‘n kankerlyer, is onlangs twee keer in die
Valke-lid deel van stropersindikaat
‘n Lid van die Valke. ‘n grootwildjagter, ‘n prokureur, en vlieënier is onder die tien beskuldigdes wat Maandag in die landdroshof in Hatfield verskyn het op 318 aanklagte wat verband hou met renosterstropery. Die tien staar ook klagtes van diefstal en geldwassery in die gesig. Willie Oosthuizen van die Valke, Hugo en Anton Ras, Hugo
VSA begin lugaanvalle teen ISIS
Amerika en sy kliënte het Maandag begin met hul eerste gesamentlike lugaanvalle teen die Islamitiese Staat in Sirië terwyl gevegte tussen ISIS en die Koerdiese magte steeds bly voortwoed naby die grens aan Turkye. Die Pentagon het bekend gemaak dat vegvliegtuie die Islamitiese staat aanval en dat Tomahawk-missiele vanaf skepe afgevuur word. Die aanvalle is
Rand sukkel met tekort op lopende rekening
Suid-Afrika se tekort op sy lopende rekening maak beleggers bekommerd oor die invloei van buitelandse kapitaal. China, Suid-Afrika se grootste handelsvennoot, se ekonomiese verlangsaming sal Suid-Afrika negatief beïnvloed, sê ekonomiese ontleders. Die rand het sy laagste vlak in sewe maande teen die Amerikaanse dollar bereik as gevolg van die swak ekonomiese groei in een van
