Gautrein dalk voor 2010 gereed

Image

Bushalte in Johannesburg

Die Gautrainprojek vorder goed en mag dalk gereed wees vir die 2010 Fifa Wêreldbeker het die Gautreinbestuursagentskap Donderdag aangekondig.

HUB, Jack van der Merwe, sê dit is hulle bedoeling om die Gautrein so naby aan 2010 as moontlik te loods. Hy het met joernaliste in Johannesburg gepraat gedurende 'n mediatoer.

Die agentskap beoog om die trein te voltooi en te begin toets 'n maand voordat die toernooi afskop.

"Ons probeer om die twee op te lyn en ons probeer versnel," het hy gesê.

Hy het nietemin gewaarsku dat die Gautrain se nuttigheid sal afhang van ondersteunende openbare vervoerprogramme soos die BRT, die snelbusdiens, asook die taxi's.

'n Uitdaging wat voorlê is die staking waarmee die Nasionale Metaalwerkersunie van Suid-Afrika, NUMSA, dreig.

Van der Merwe sê onderhandelinge met die unie sal deur die Suid-Afrikaanse Federasie van Siviele Ingenieurkontrakteurs gevoer word.

инструмент автоэлектрикаФильчаков прокуратура харьков

Stuur ‘n vraag aan Obama per SMS

Lede van die publiek kan vrae na die Amerikaanse president Barack Obama stuur per SMS op die vooraand van sy besoek aan Ghana.

Die missie van die VSA in Suid-Afrika het Donderdag gesê die president sal teksboodskappe voor sy besoek aan Ghana Saterdag ontvang.

"President Obama sal direk op uitgesoekte vrae antwoord deur plaaslike radiouitsendings in Afrika," het die missie in 'n verklaring gesê.

Om 'n SMS aan Obama te stuur vanaf  3 Julie , tik "English" of "French" in en stuur na +61-41-860-1934 en instruksies sal daarna volg.

Obama sal Akkra, die hoofstad van Ghana, op 11 Julie besoek.

купить воронеж опции и аксессуары (смазочно-заправочное)Фільчаков прокурор

VF+ waarsku ANC en Jansen

Image

Abrie Oosthuizen

Die VF Plus se leier in die Vrystaat, mnr. Abrie Oosthuizen, het die ANC se onlangse uitlatings met betrekking tot die Universiteit van die Vrystaat (UV), in ‘n mediaverklaring sterk veroordeel.

Mnr. Neels van Rooyen, ANC-wetgewerlid, het tydens Maandag 29 Junie 2009 se wetgewersitting in ’n mosie gesê dat die nuwe rektor van die UV, prof. Jonathan Jansen, die UV moet transformeer en dat die ANC-regering nie sal huiwer om in te gryp as transformasie aan die UV nie na wense is nie.

Die UV se hoofkampus het 27157 geregistreerde studente en van hierdie studente is 17679 (65%) swart en 15689 (57%) vroulik.  Indien die studente-getalle van die QwaQwa- en Vista-kampusse in berekening gebring word, is die verhouding swart-wit nog groter.  Verder is koshuise aan die UV vanaf 2008 drasties getransformeer en het die tradisioneel wit koshuise ’n integrasiesyfer van nagenoeg 30%, terwyl tradisioneel swart koshuise onder die 1% geïntegreer is.

“Dit is kommerwekkend dat die ANC-regering se klem steeds so drasties op rasse-integrasie en transformasie is,” het Oosthuizen gesê.  Die ANC se klem moet eerder na die verbetering van akademiese standaarde verskuif.

Die VF Plus waarsku prof. Jansen om nie soos sy voorgangers onder hierdie politieke druk te swig nie, maar eerder te fokus op die uitbou van die UV as ‘n instituut van uitnemendheid.  “Dit blyk dat die ANC nooit tevrede gaan wees totdat die getal wit studente aan tersiêre instellings absoluut gering is nie en Afrikaans heeltemal as onderrigtaal verdwyn nie,” het Oosthuizen bygevoeg.

mga gamesлобановский александр компромат

Dokters vies oor aanbod, afdankings en toestande

Stakende dokters in die Wes-Kaap het onmiddellik ná ’n massavergadering by Groote Schuur-hospitaal Woensdag laat blyk dat hulle die jongste aanbod waarskynlik Donderdag finaal van die hand gaan wys.

Hulle het hul misnoeë uitgespreek oor die uitslag van die onderhandelings wat Dinsdagaand  in Johannesburg geëindig het.

Dr. Molefi Sefularo, die adjunkminister, het die nuwe aanbod persoonlik aan dokters oorgedra tydens die byeenkoms, maar die regering se finale salarisaanbod is volgens medici nie voldoende nie en talle sê die stakings gaan voort.

In KwaZulu-Natal heers reeds onmin, ook oor die feit dat sekere provinsies dokters begin afdank. Talle dreig om die staking voort te sit totdat afdankings teruggetrek word.

Dokters kla verder oor die haglike werkomstandighede.

Spanne van die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens is by ses hospitale in KwaZulu-Natal, twee in Mpumalanga, die Tembisa-hospitaal aan die Oos-Rand en drie ander hospitale ontplooi.

Woordvoerder van die 150 stakende dokters in Mpumalanga wat voor die Rob Ferreira-hospitaal in Nelspruit betoog het, dr. Thomas Bredenkamp, het volgens Beeld gesê: “Hulle moet ons ook nie probeer wysmaak ons is besig om die dokters se etiese kode te verontagsaam nie."

“Die kode sê ons moet in die beste belang van ons pasiënte optree. En dit is presies wat ons nou doen. Pasiënte het lank genoeg gely onder die mediese stelsel wat in duie stort.”

accessories weddingФильчаков прокурор харьков

Sears-gebou se glasbalkonne 400m bo die grond

Image

Een van die glasbalkonne op die 103de vloer van die Sears-gebou

Die Sears-gebou in Chicago het glasbalkonne op die 103de vloer aangebring waarvandaan besoekers 'n uitsig oor die stad en die straat onder hulle kan verkry. Die balkonne hang 400 meter in die lug en beskik oor glasvloere- en mure.

Die algehele indruk is dat mens oor die stad sweef. "Dis soos om op ys te loop," meen Margaret Kemp van Kalifornië wat ook die ervaring beproef het. Volgens haar het haar hart steeds geklop nadat sy van die balkon weggestap het. "As mens daardie eerste stap neem, wonder jy of jy gaan afval."

Die balkonne kan 'n gewig van vyf ton dra en die glas is 5 sentimeter dik, volgens amptenare van die gebou. Hulle het agtergekom dat besoekers gedurig hul gesigte teen die vensters druk en het daarom op die idee gekom om ook glasbalkonne te installeer sodat mense nog 'n beter vergesig oop Chicago kan verkry.

Die gebou, wat in die VSA as die "Sears Tower" bekendstaan, gaan binnekort 'n naamsverandering ondergaan, na "Willis Tower". Verlede week het die gebou se bestuur 'n "groen" opknappingsprogram van R3 miljard aangekondig, kompleet met windlaaiers, daktuine en sonpanele.

Die glasbalkonne word "Die lys" genoem. Die 70-jarige Kemp meen dat die hoogste gebou in Amerika nou oor iets beskik wat sy nog nie in haar dag des lewens aanskou het nie.

"Ek moes 70 jaar vir dié opwinding wag," het sy gesê. поверхностный самовсасывающий насос для водыОлександр Васильович Фільчаков

Spanning laai op binne MDC

Morgan Tsvangirai sê die minister van finansies wat hy aangestel het, Tendai Biti, het die leningspakket met China onderhandel.

Chinese amptenare het nog geen aanduiding gegee oor die aard van die lening nie of dit selfs bevestig nie.

Amptenare van Tsvangirai sê hulle glo 'n deel van die pakket sal toegestaan word op voorwaarde dat die geld op Chinese goedere soos kunsmis bestee word.

Ian Makone, 'n Tsvangirai-aide, het gesê die ooreenkoms sal vereis dat die lening op Chinese produkte spandeer word.

Eddie Cross, 'n senior amptenaar in Tsvangirai se party, sê die Chinese ambassadeur het hom tydens 'n ete verlede week verseker dat voordelige kredietvoorwaardes infrastruktuurprojekte sal insluit asook kommersiële voorwaardes om Chinese goedere aan te koop.

Minister van verdediging, Emmerson Mnangagwa, het 'n afvaardiging van ZANU-PF-amptenare Dinsdag in Beijing gelei. 'n Chinese amptenaar van die Politburo het Mugabe se ysterhand glo gerusgestel dat China se verklaarde beleid van investering in Zimbabwe onveranderd sal bly.

Zhou Yongkang, lid van die Politburo, het gesê hulle sal Chinese maatskappye aanmoedig en bystaan om ontwikkeling in Zimbabwe na te streef.

China ondersteun reeds Mugabe se militêre veldtog sedert 1970 om wit heerserskap te beëindig en het selfs onlangs toerusting aan Zimbabwe beskikbaar gestel om telefoongesprekke mee af te luister.

'n Duur blou teëlplafon is 'n ander luukse wat danksy Chinese hulp ter versiering aan die president se herehuis in Harare aangebring is.

Tsvangirai het Dinsdag gesê hy kon byna $500 miljoen van Westerse regerings insamel en dat die besonderhede binnekort bekend gemaak sal word. Kenners is egter skepties oor die bedrag omdat internasionale hulporganisasies reeds miljoene in die land bestee het wat nie dmv van die regering uitgedeel is nie.

Die reis het spanninge tussen die twee politieke partye weer laat oplaai asook binne die MDC self omdat Tsvangirai in sy kritiek teen Mugabe nie fel genoeg was nie. Hy het daarop aangedring dat 85-jarige leier 'n noodsaaklike deel van die oplossing vir Zimbabwe is.

строительная техника игрушкиалександр лобановский супермаркет класс

Dis Pretoria!

Dit is Pretoria en nié Tshwane nie. UKKSA het beslis dat die SAUK art. 34.1 van die uitsaaikode oortree “omdat hy geen regsgronde het om tussen Pretoria en ander stede te onderskei nie”.

Die SAUK in nuusbulletins gebruik die naam Tshwane, wat ’n munisipaliteit se naam is, saam met die name van ander stede soos Port Elizabeth en Durban. Dié stede se munisipale name is onderskeidelik die Nelson Mandela-metropool en eThekwini.

UKKSA het verlede maand ’n verhoor gehou nadat AfriForum ’n klag daaroor ingedien het.

Kallie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof, het gesê die uitspraak is ’n oorwinning vir die ondersteuners van Pretoria se naam én almal wat wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe wil bevorder.

AfriForum het tydens die verhoor aangevoer dit is onprakties en onbillik om die naam Tshwane, wat ’n metroraad s’n is, saam met ander dorpe en stede s’n te gebruik.

Die Raad vir Suid-Afrikaanse Geografiese Name se databasis het aangetoon dat Tshwane nie as ’n pleknaam geregistreer is nie, maar Pretoria wel.

Die Tshwane-metroraad het in Maart 2005 besluit om die “City of Tshwane” as ’n geografiese pleknaam te registreer, maar die minister van kuns en kultuur het nog nie die naamsverandering na Tshwane goedgekeur nie.

UKKSA het egter bevind die uitsaaier oortree sy kode “met onwaarhede deur voor te gee Tshwane is as ’n geografiese pleknaam geregistreer”.

Die SAUK kan 'n swaar boete ontvang as hy die uitspraak ignoreer.купить инерционную игрушкуФильчаков прокурор

VSA onttrek uit Irak

Terwyl die VSA hulle teenwoordigheid in Afghanistan wil verhoog, het die laaste Amerikaanse gevegstroepe dié week uit stedelike gebiede in Irak onttrek as deel van die proses wat die beheer van Irak aan die land sal teruggee.

Die Irakse premier, Noeri al-Maliki, het in ’n toespraak op na­sionale televisie gesê dit is ’n dag van nasionale feesviering wat deur alle Irakiërs moontlik gemaak is. Hy het die dag tot ’n nasionale vakansiedag verklaar.

“Diegene wat dink dat die Ira­kiërs nie daartoe in staat is om hul eie land te verdedig nie, maak ’n fatale fout,” het hy gesê.

’n Motorbomaanval in Kirkoek in die noorde van die land het gister minstens 25 lewens geëis en 40 gewond. Die stad word beskou as ’n moontlike vlampunt tussen die Sjiïties-geleide sentrale regering en Koerde.

Die Amerikaanse leër het ook aangekondig vier Amerikaanse soldate van die multina­sionale Bagdad-afdeling is dood aan aanvalsverwante beserings. Geen verdere inligting oor die voorval is bekend gemaak nie.

Die voorvalle is nog grusame herinneringe aan die sesjarige oorlog wat in 2003 deur die Amerikaners in die land begin is.

Teen gisteraand om middernag moes alle Amerikaanse gevegstroepe uit die stedelike gebiede onttrek het na basisse in landelike dele, volgens die bepalings van die verdrag oor die onttrekking van alle Amerikaanse troepe uit die land teen die einde van 2011.

Die laaste gevegstroepe in Bagdad het Maandag onttrek na twee groot basisse naby die hoofstad se lughawe, terwyl die onttrekking gister elders voortgegaan het. Sommige troepe, belas met opleiding en adviserende hoedanighede, is steeds op hul pos.

’n Pentagon-woordvoerder het gesê die Verenigde State het 120 basisse gesluit of die beheer daarvan oorgedra aan plaaslike magte. Nog 30 sou teen gister om middernag oorhandig of gesluit word.

техно вектор 6 3d free motionлобановский александр компромат

Universiteite moet volgestop word, s? Blade

Die huidige stelsel vir universiteitstoelating moet aangepas word omdat baie studente wat akademiese potensiaal het toegang tot ’n universiteitsopleiding ontsê word, het die minister van hoër onderwys gister gesê.
 
Dr. Blade Nzimande het gesê net 18% van matrikulante behaal universiteitstoelating en dit is “te onaanvaarbaar laag” om hul ver­moëns akkuraat te weerspieël.
 
“Dit is net baie abnormaal – deels as gevolg van die probleme wat ons het en wat ons geërf het.”
 
Dit is nie waar dat almal sonder toelating die vermoë het om te slaag nie, het Nzimande aan joernaliste gesê ter voorbereiding van die debat oor die onderwysbegroting.
 
“Ons moet maniere vind om studente met potensiaal te identifiseer, selfs al het hulle nie universiteitstoelating nie. As ons dit nie doen nie, verdoem ons in der waarheid baie van ons studente tot ’n lewe sonder opvoeding, sonder opleiding, sonder werk.”

Hy het gesê die hersieningskomitee vir hoër onderwys ondersoek die moontlikheid van universiteitstoelatingseksamens.

Hy het gesê ’n verslag van die onderwysdepartement het getoon dat 40% Suid-Afrikaners tussen die ouderdomme van 18 en 24 nie werk of studeer nie. Hy het dit ’n “enorme verkwisting van menslike potensiaal” genoem.

Oor universiteite se klagtes dat matrikulante akademiese vaardigheid kort omdat hulle “swak produkte uit die skolestelsel” is, het hy gesê universiteite het ’n verantwoordelikheid om studente te help om aan te pas en hulle moet ’n “bietjie van die ivoortoring afklim”. Hy het terselfdertyd gesê “ons stel nie voor dat hulle die standaarde verlaag nie”.

Hy het ook die moontlikheid geopper dat ’n verlenging in die tydsduur van ’n standaardgraad van drie na vier jaar oorweeg moet word.

Daar word gereken dat alle studente, ongeag hoe goed of sleg hulle op skool gevaar het, daarby sal baat om vier jaar lank te studeer. Volgens dié gebruik elders in die wêreld kan dit ook lei tot ’n ander soort kwaliteit in die studente, het hy gesê.

In dié geval sou universiteite wegdoen met die honneursjaar en sou alle studente wat ’n graad behaal het direk tot meestergraadstudie toegelaat word.

betting withoutалександр лобановский харьков

Dodelikste maand in lugvaartgeskiedenis

Die jongste vliegongeluk maak van Junie 2009 een van die dodelikste maande in die onlangse lugvaartgeskiedenis.

'n 14-jarige meisie, Bahia Bariki, is nog die enigste oorlewende van die 153 mense aan boord van die Airbus van Yemenia Airways wat in die Indiese oseaan naby die Comoro-eilande gestort het.

Op 1 Junie het Air France se vlug 447 – ’n Airbus A330 – naby die Brasiliaanse kus aan stukke gebreek en in die see gestort. Al 228 passasiers is dood.

Die Erekonsul  van die Comoro-eilande in Marseille, Stephane Salord, het gesê die A310 het lank reeds probleme gegee. Hy het gesê dit is heeltemal onaanvaarbaar dat Yemenilugdiens passasiers op dié wyse vervoer.

Die toestand van die vliegtuig het glo veel te wense oorgelaat en was nie in Frankryk toegelaat nie. Die passasiers van Vlug IY626 het in Sanaa, die hoofstad van Jemen, aan boord gegaan van die swak versiende vleigtuig nadat hulle vanaf Parys en Marseilles in 'n beter straler vervoer is.

Dit gaan fisies goed met die meisie wat aan wrakstukke geklou het om te oorleef. Sy is in diep water sowat 15 km van die kus tussen oorblywende wrakstukke opgepik nadat eers gesê is niemand het die ramp oorleef nie.

Daar is eers berig dat 'n seun die ramp oorleef het.

Die 153 mense aan boord van die Airbus A310 was hoofsaaklik Franse (66) en Comorane wat uit Parys en Marseille via Sanaa, die Jemenitiese hoofstad, na die eilande op pad was. Die vliegtuig het in gure weer en stormwind neergestort toe dit blykbaar gereed gemaak het om te land.

Die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking weet nog van geen Suid-Afrikaners wat op die vlug was nie.

поильник для детейданильченко юрій Харків