Dis Pretoria!

Dit is Pretoria en nié Tshwane nie. UKKSA het beslis dat die SAUK art. 34.1 van die uitsaaikode oortree “omdat hy geen regsgronde het om tussen Pretoria en ander stede te onderskei nie”.

Die SAUK in nuusbulletins gebruik die naam Tshwane, wat ’n munisipaliteit se naam is, saam met die name van ander stede soos Port Elizabeth en Durban. Dié stede se munisipale name is onderskeidelik die Nelson Mandela-metropool en eThekwini.

UKKSA het verlede maand ’n verhoor gehou nadat AfriForum ’n klag daaroor ingedien het.

Kallie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof, het gesê die uitspraak is ’n oorwinning vir die ondersteuners van Pretoria se naam én almal wat wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe wil bevorder.

AfriForum het tydens die verhoor aangevoer dit is onprakties en onbillik om die naam Tshwane, wat ’n metroraad s’n is, saam met ander dorpe en stede s’n te gebruik.

Die Raad vir Suid-Afrikaanse Geografiese Name se databasis het aangetoon dat Tshwane nie as ’n pleknaam geregistreer is nie, maar Pretoria wel.

Die Tshwane-metroraad het in Maart 2005 besluit om die “City of Tshwane” as ’n geografiese pleknaam te registreer, maar die minister van kuns en kultuur het nog nie die naamsverandering na Tshwane goedgekeur nie.

UKKSA het egter bevind die uitsaaier oortree sy kode “met onwaarhede deur voor te gee Tshwane is as ’n geografiese pleknaam geregistreer”.

Die SAUK kan 'n swaar boete ontvang as hy die uitspraak ignoreer.купить инерционную игрушкуФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae