'n Kampioen, word daar gesê, is iemand wat iets regtig moeiliks en ingewikkelds maklik laat lyk. Dink maar aan 'n Darryll Cullinan wat 'n wegbewegende snelbal deur die dekke kon dryf met soveel elegansie en presiese aanwending van spoed en tydsberekening dat iets ontsaglik veeleisends as baie eenvoudig voorgekom het. ("As 'n mens teen Darryll geboul het, was dit altyd asof die kolfblad twee meter langer was," het Andrew Hall by geleentheid beduie.)
Lees verder: Pieter de Villiers: die Springbokke se grootste hindernis?
