Reitz: Mengsel van humor en afgryse

Ja, ek hou ook die Reitz-spulletjie dop met so 'n mengsel van humor en afgryse. Veral snaaks om te sien hoe hulle desperaat rondskarrel om tog net een of ander iets te vind waarmee hulle die vier formeel kan aankla. Wel, as die ouens 'n selfs marginaalordentlike regsverteenwoordiger het, gaan daardie klagtes sink soos 'n baksteen.

"Mevrou Mahlangu (of wat haar naam ook al is), is dit waar dat julle vrywillig aan die maak van die video deelgeneem het? En is dit waar dat julle, soos enige ander akteurs, betaal is, hoewel dan met 'n bottel drank of twee? En is dit waar dat julle na die tyd, toe julle die video sien, baie lekker daaroor gelag het? Mag ek u net weer eens daarop wys dat u onder eed is, en dat ons vele ander getuies het wat ook gesien het wat gebeur het?"

En daar gaan die hele saak, as jy my vra. Net jammer ek en jy gaan daarvoor betaal met ons belasting, en met ons reputasie, want die doel van die saak is natuurlik nie regtig om hom te wen nie, maar bloot om as propaganda te dien. In ieder geval, selfs as hulle die saak wen gaan dit die Azaniërs nie eintlik goed laat lyk nie.

Ek het byvoorbeeld al van die liberaliste gesien redeneeer dat in hierdie geval, daar druk was op die vroue om deel te neem, en dat hulle danksy die apartheidsgeskiedenis nie die druk kon weerstaan nie, siende hulle al hul lewe lank gewoond is om opdragte van wit mans uit te voer. Dalk is dit so, maar ek wonder of mense wat hierdie argument maak besef wat die implikasies is? Naamlik dat dit beteken die sogenaamde regse rassiste was inderdaad presies reg toe hulle geredeneer het swartes is bietjie soos kinders wat nie hulle eie besluite kan neem nie?

Daardie video was straks in swak smaak, maar 'n kriminele oortreding? In ieder geval, die hele absurde Reitz-besigheid is net nog een goeie rede waarom ons ons so gou moontlik en ten alle koste ekonomies van die Azaniërs moet skei. As ons niks met hulle te doen het nie, kan niemand uitgebuit word nie.

Terloops, het ons dalk 'n paar regslgeleerdes in ons geledere hier? Ek is nogal nuuskierig om meer uit te vind oor regstellende aksiewetgewing, en hoe dit omseil kan word. 'n Vriend van my sê my dat sover hy weet, word die wetgewing vir die grootste deel nie eintlik afgedwing nie omdat dit nie prakties baie moontlik is om dit op privaatfirmas af te dwing nie, en is dit eintlik net as 'n maatskappy regeringskontrakte wil benut dat hulle seker maak sy personeelsamestelling is "verteenwoordigend." As dit so is vra ek my af waarom Afrikaanse besighede enigsins swartes aanstel. Hoe ruggraatloos kan ons dan nog word?

купить лего стар варсДанильченко Юрий отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae