Igmar Rautenbach is in die kol. Dit was vir enigeen wat behoorlik na die beskikbare feite gekyk het van dag een af duidelik dat daar nie 'n saak teen die vier manne is nie.
Dit was nie alleen duidelik dat dit 'n groot gekskeerdery was met die integrasieproses op UV nie, maar wat veral duidelik was, is dat die vier swart vroue presies geweet het wat aangaan.
Dit is dus nie net 'n geval dat die bewering dat daar urine in die mengsel was nie teruggetrek word omdat dit nie bewys kan word nie, maar eerder 'n feit dat die vroue GEWEET het dit is koeldrank en nie urine nie want hulle het geweet dat met wit nuwelinge se induksie dit ook koeldrank en nie urine was nie.
Ek kan nie sien hoe 'n klag van injuria nog aanhangig gemaak kan word as die gronde daarvoor nie bestaan nie.
Ek hoop nie dat die kwessie uit die openbare oog gaan verdwyn as geen vervolging op die ou end ingestel word nie. Daar moet dan vrae begin gestel word oor hoekom hierdie ding so verdraai is om sekere politieke oogmerke te bereik.
Ek hoop die vier manne stel 'n eis in teen UV met daardie Fourie-vent in Australie as tweede verweerder.
