Begrotingsyfers laat ekonome verward

Die kans op belastingsverligting vir besighede en individue volgende Februarie lyk bitter skraal. Dit is volgens ekonoom André Mellet en volg nadat die Minister van Finansies, Nhlanhla Nene, Woensdagmiddag in die parlement sy aansuiweringsbegroting ter tafel gelê het. Volgens Mellet verskil die syfers wat Nene in sy Februarie begrotingsrede vanjaar verskaf het, hemelsbreed met díé

Lees verder: Begrotingsyfers laat ekonome verward

Twee swart aanvallers soek na Memel-moorde

Die polisie op Memel in die Vrystaat soek steeds na twee swart aanvallers in verband met die moord op Charlotte Viviers en ‘n familievriend, Eric Oosthuizen, in hul huis op die dorp Woensdagaand. Polisiewoordvoerder, Tshegofatso Maliehe, sê Viviers se man, Viv, wat omstreeks 18:00 van sy plaas buite die dorp tuis gekom het, is deur

Lees verder: Twee swart aanvallers soek na Memel-moorde

Xhosa-faksie hou presterende studente gyselaar

‘n Ooreenkoms tussen visekanseliers en die Minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, om klasgelde by universiteite regoor die land met net 6% te verhoog in stede van 10%, is deur studentebetogers verwerp. Die klein groepie Xhosa-belhamels wat die instellings landwyd lamlê, het die 6% ooreenkoms verwerp en gesê hulle sal nie enige ‘n verhoging in

Lees verder: Xhosa-faksie hou presterende studente gyselaar

Franse minister ontplooi polisie teen migrante-misdaad

Frankryk se minister van binnelandse sake het Derde Wêreld-migrante Woensdag in die hawestad van Calais belowe dat vroue en kinders verhitte tente in ‘n tydelike kamp gegee sal word teen die bitter koue. Hy het ook verklaar dat die misdaadprobleem aangespreek sal word deur bykomende polisiebeamptes – sowat 1 125 van hulle – te ontplooi

Lees verder: Franse minister ontplooi polisie teen migrante-misdaad

Trudeau se oorwinning slegte nuus vir Amerikaanse Neo-Konserwatiewes

Kanadese het ‘n einde aan die nege jaar lange bewind van eerste minister Stephen Harper se Konserwatiewe Party gemaak deur ‘n Liberale regering te verkies onder leiding van Justin Trudeau. Justin is die seun van ’n charismatiese voormalige eerste minister Pierre Trudeau. Meningsopnames Sondag het reeds aangedui dat die Liberales ’n hupstoot uit die derde

Lees verder: Trudeau se oorwinning slegte nuus vir Amerikaanse Neo-Konserwatiewes

Blanke studente kla omdat Tukkies vandag gesluit is

Die Universiteit van Pretoria, wat tot dusver die kampusonrus gespaar gebly het, het insgelyks aangekondig dat hy vandag alle klasse opskort en gesluit sal wees as deel van die landwye staking van hoofsaaklik swart studente. Blanke studente wat vir toetse en eksamens moet voorberei, asook in praktiese kursusse veeleisende take moet voltooi, was gister ontstoke

Lees verder: Blanke studente kla omdat Tukkies vandag gesluit is

Vermeende messteker glimlag breed by sy hofverskyning

Die laggende bruinman Damian Adams wat die wit onderwyseres Lindie Bosch-Jansen die naweek volgens ooggetuies met ‘n mes doodgesteek het, het in die landdroshof in Warmbad (Bela-Bela) verskyn. PRAAG het vroeër berig dat hy swart is, maar dit blyk dat Adams, 20, bruin is. Die Pos, ’n plaaslike koerant, berig hy het verbande aan albei

Lees verder: Vermeende messteker glimlag breed by sy hofverskyning

Puk-studente beskerm Totius-beeld

Lede van die drukgroep Reform PUK eis nou om direk met die Noordwes-Universiteit se raad te skakel rakende hul klagtes. Dit volg na ’n massavergadering deur lede van die Reform PUK-groep waar hul visekanselier, Dan Kgwadi, Dinsdag uitgejou het en gesê het dat hy nie antwoorde op hul vrae gebied het nie. Kgwadi het terugvoer

Lees verder: Puk-studente beskerm Totius-beeld

Meer as 200 plaasaanvalle vanjaar

Meer as 200 plaasaanvalle is reeds vanjaar aangemeld, waarvan meer as 40 in Mpumalanga voorgekom het. Die TLU-landbou-organisasie het sy kommer uitgespreek oor die toename in plaasaanvalle. Die TLU-verteenwoordiger op Ermelo in Mpumalanga, Danie du Plessis sê die TLU is van mening dat die polisie nie genoeg doen om landbougemeenskappe te beskerm nie. Du Plessis

Lees verder: Meer as 200 plaasaanvalle vanjaar

Betoger glo raakgery by Kovsies

Betogers het Dinsdagaand op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) met geweld gedreig nadat ‘n finalejaarstudent glo in ‘n tref-en-trap raakgery is. Die betoger was deel was van die protes teen verhogings in klasgelde. Die betogings, wat dreig om eindeksamens by die betrokke instellings in gedrang te bring, is oënskynlik teen verhogings

Lees verder: Betoger glo raakgery by Kovsies