Blanke studente kla omdat Tukkies vandag gesluit is

Die Universiteit van Pretoria, wat tot dusver die kampusonrus gespaar gebly het, het insgelyks aangekondig dat hy vandag alle klasse opskort en gesluit sal wees as deel van die landwye staking van hoofsaaklik swart studente. Blanke studente wat vir toetse en eksamens moet voorberei, asook in praktiese kursusse veeleisende take moet voltooi, was gister ontstoke hieroor.

“Ons is nie deel van hulle politiek nie!” het ‘n damestudent by Tukkies wat nie haar naam genoem wil hê nie, gister uitgeroep. “Dis die einde van die jaar; ek is toegegooi onder die werk en moet Maandag ‘n baie moeilike projek inhandig. Ek het nie die toerusting tuis om daaraan te werk nie; daarom móét ek kampus toe kom.”

Sy wou in elk geval vandag kampus toe kom, maar haar ouers het ‘n stokkie daarvoor gesteek, uit vrees vir haar veiligheid. “Hulle sê dat ek dalk aangeval gaan word. En dis waar, ek sal van die Gautreinstasie af kampus toe moet loop en op pad word ons altyd deur die swart leeglêers en motorwagte seksueel geteister. Dus sal ek nie gemaklik voel om alleen te moet loop nie,” sê sy.

‘n Ander student sou vandag lesings bygewoon het en voel dis onregverdig weens die veeleisendheid van sy kursus. “Daar is so min tyd in elke lesing vir dosente om die werk te verduidelik,” sê hy. “Nou is ons agter met die sillabus en sal hulle dit iewers aanstaande week moet inprop, op die vooraand van die eksamens. Ons is betalende studente wat nou benadeel word, alles omdat swart studente op ander kampusse besig is om amok te maak. Ek is ‘n beurs by Wits aangebied, maar wou nie soontoe gaan nie weens die linkse politiek daar, nou raak dit my selfs hier by Tukkies.”

Volgens hom sal dit niks help om fooie te verlaag nie. “Selfs al kan almal gratis studeer, moet jy nog aan die toelatingsvereistes voldoen. Benewens maklike kursusse soos onderwys, is daar baie min swart studente wat toelating verkry. Hulle wiskunde en wetenskap is eenvoudig nie goed genoeg nie. Al brand hulle die kampus af, gaan dit nog niks daaraan verander nie.”

Sy vriend langs hom, wat ekonomie studeer, meen “hulle soek net ‘n stuk papier sodat hulle agterna ‘n regeringspos kan kry, waar hulle hul sakke kan vul. Hulle hoef nooit te presteer nie. ‘As ek nie my sin kry nie, verniel ek geboue of brand iets af,’ is die houding. Bou nou ‘n land met sulke mense.”

Intussen probeer die HSM (hoofstroommedia) om die indruk te skep dat alle studente ontevrede is. Die Naspersorgaan, News24, berig soos volg:

“Studente van die Universiteit van Pretoria sê  dat hulle voortgaan met hul betoging oor voorgestelde fooiverhogings vir 2016 en hulle sweer dat hulle nie sal tou opgooi nie.”

3 thoughts on “Blanke studente kla omdat Tukkies vandag gesluit is”

  1. Hierdie jongste betogings en aandrang vir gratis onderwys, is slegs die tweede fase van ‘n waarskynlik goedbeplande proses wat uiteindelik – waarskynlik binne drie jaar of so – daartoe sal lei dat geen, LW GEEN wittes aan universiteite toegelaat sal word nie!

    Vergesog? Almiskie, maar nie soos ek hierdie mense oor die jare sien opereer het nie.

    Die eerste fase was om alle Afrikaanse universiteite om te keer en uitsluitend Engels te maak. Dit was onder meer nodig om daardie universiteite dan oorwegend swart te maak. Hierdie fase is nog aan die gang, maar het, soos almal weet, al baie ver gevorder. ‘n Kwessie van tyd dan IS alle universiteite Engels en die eertydse Afrikaanse universiteite oorwegend swart.

    Gratis onderwys is natuurlik lankal ‘n sterk ANC-beleid en mikpunt, maar is met groot versigtigheid nie aan die groot klok gehang nie. Maar met plaaslike verkiesings volgende jaar en ‘n algemene verkiesing oor drie jaar of so, was dit nodig om hierdie eise en sieninge te begin lug en lig gee – en stemme vir die ANC te verseker. En wat dan beter as heftige betogings teen voorgestelde verhoogde klasgelde en eise vir algehele gratis onderwys op tersiere vlak.

    Hier van buite die binnekring is dit moeilik om presies te bepaal hoe daar vorentoe te werk gegaan sal word, maar my verwagting is dat klasgelde NIE verhoog sal word nie – en dat daar volgende jaar, maar waarskynlik eers laat in die jaar voor die eindeksamen weer sulke betogings sal wees vir algehele gratis onderwys. En dit kan baie heftiger wees – en gaan beslis slaag, al neem dit hulle nog ‘n jaar.

    Dan kom die knoop. Saam met die gratis onderwys, sal daar natuurlik ‘n vloedgolf uitsluitlik swart matrikulante wees wat EIS dat hulle aan universiteite toegelaat word – met aansienlik verlaagde toelatingsvereistes. En eise dat hulle almal in koshuise gehuisves word – en van minstens twee stewige maaltye per dag voorsien word. Eise vir ‘n spesiale toelaag vir studente sal later, maar nie baie lank daarna nie – volg.

    Terselfdertyd sal daar sterk aandrang – selfs betogings soos tans wees dat ALLE professore en dosente aan universiteite swart moet wees want wit dosente diskrimineer teen swartes, sal daar aangevoer word.

    En die volgende – en laaste stap – in die proses is regeringsbeleid en universiteitsopdrag dat die koshuise en klaskamers oorvol is, dat daar nie genoeg plek is vir almal nie en dat hoegenaamd geen wit studente tot universiteite toegelaat word nie, want hulle neem net geleenthede van swartes weg.

    Maar wat dan van die begaafde wittes. sal daar gevra word? Ag nee wat, hulle kan maar oorsee gaan studeer – en sommer daar bly. “Ons het hulle nie nodig nie. Ons wil net swart kundiges he – op alle vlakke van die samelewing”, sal daar aangevoer word (as hulle dit selfs nodig vind om antwoorde te gee).

    En eers dan sal die wittes, maar veral die Engelse wittes wat op die oomblik nogal sterk saam met hulle swart vriende betoog, uitvind wat “swart bemagtiging” eintlik beteken.

    Steeds vergesog? Glo nie, gaan kyk hoeveel wit studente is daar aan universiteite in Botswana, Swaziland, Zimbabwe, Zambie en ‘n hele spul lande verder noord – selfs in lande waar daar nog wittes woon en werk!

    1. Stem heelhartig saam, ThysH. Wat ons beleef is ‘n koverte stelsel van etniese suiwering
      Nie so skielik en brutaal soos Hitler teen die Joodse etniese minderheid nie, maar wel deurdink en stelselmatig word die druk toegepas en die tou knoop al stywer.
      Deurlopend soos ‘n goue draad loop die swartes se sosialisme en rassisme.
      Die beroemde historikus noem Adolf Hitler ‘n Rasse Sosialis.
      Wie kan betwis Rassisme en Sosialisme die ruggraat van swart beleid en denke is ?
      Maar probeer nou om ‘n redelike denkende witmens te vertel dat hierdie land onder Swart Nazis verval het ! Hy kyk jou aan asof jy iewers uit ‘n gestig ontsnap het……
      Praat liewers met my oor Rugby man………….!

Maak 'n opvolg-bydrae