Die president van China, Xi Jinping en die Russiese leier Wladimir Poetin het Dinsdag ontmoet tydens geskiedkundige samesprekinge tussen die twee lande. Poetin is tans in Shanghai vir ʼn Asiatiese veiligheidsberaad. Die twee sal ook aan ‘n militêre magsvertoon deelneem waar 14 skepe vir ʼn week lank oefeninge in die Oos-Chinese See sal onderneem. Dié
ANC kondig binnekort nuwe premiers aan
Die ANC sal Dinsdagoggend die name bekend maak van die premiers van die agt provinsies. Hulle sal die ANC lei in provinsies waar die party in beheer is. Dit volg na ‘n vergadering van die party se Spesiale Nasionale Uitvoerende Komitee wat in Pretoria gehou is. Elke provinsie het drie name aan die NUK voorgelê.
Myne sal Amcu-aansoek teenstaan om SMS’se te verbied
Die platinumprodusente, Amplats, Lonmin en Implats sal Dinsdag ‘n dringende hofaansoek deur die vakbond, Amcu teenstaan. Amcu het aansoek gedoen dat die platinumprodusente nie meer die stakende mynwerkers per SMS mag kontak nie. Die platinumprodusente het SMS’se gebruik om die werkers regstreeks oor die nuutste loonaanbod in te lig. Die uitvoerende hoof van Lonmin, Ben Magara
Lees verder: Myne sal Amcu-aansoek teenstaan om SMS’se te verbied
Misdaad op Stellenbosch – die wiel draai
Deur Leon Lemmer. Die ontvoering van ‘n student wat op pad was om ‘n toets te skryf, het gesorg vir ‘n voorbladsy-berig in Die Burger (Praag 13 deser). Sedertdien het hierdie koerant afgesien van sy beleid om net gunstige berigte oor Russel Botman se Universiteit Stellenbosch (US) te plaas. Talle briewe oor die onverkwiklike misdaadsituasie
Gauteng se Mulder kondig sy uittrede uit VF+ aan
Die leier van die Vryheidsfront Plus in Gauteng, Jaco Mulder het sy skielike uittrede uit die politiek aangekondig. Mulder sê dit voel na die mees geleë tyd om ná die pasafgelope verkiesing die tuig neer te lê. Hy sê hy het die afgelope 20 jaar met ywer in die party gedien. Hy is sedert Februarie
Lees verder: Gauteng se Mulder kondig sy uittrede uit VF+ aan
Droster-offisier kan Libië in volskaalse burgeroorlog stort
Bloedige gevegte tussen strydende militante groepe in die Libiese hoofstad, Tripoli, het die lewens van 4 mense geëis en talle gewond. Dit volg nadat gewapende magte van genl. Khalifa Haftar die gebou van die tussentydse parlement bestorm het en talle parlementslede uit die gebou moes vlug. Gevegte het ook vroeg Maandagoggend uitgebreek in Benghazi in
Lees verder: Droster-offisier kan Libië in volskaalse burgeroorlog stort
Twee renosters in Natal gestroop
Twee renosterkoeie is doodgemaak en van hulle horings gestroop by die Tala-privaatwildreservaat naby Pietermaritzburg, het RSG berig. Die jongste voorval bring die getal renosters wat tot dusver vanjaar in Kwazulu-Natal gestroop is, op 41 te staan. In dieselfde tydperk verlede jaar is slegs 27 renosters gestroop. Die bestuurder van die wildreservaat, Phelelani Duma, sê hulle
‘Wit Zoeloe’ se agtergrondsanger doodgeskiet
Johnny Clegg, die “wit Zoeloe” se een agtergrondsanger is tydens ‘n rooftog in Troyeville, Johannesburg doodgeskiet. Die Gautengse polisie stel ondersoek in nadat Clegg se medesanger Bongani Masuku deur rowers vermoor is. Die polisie sê Masuku is Sondagaand dood. Hy het in 1992 met Clegg begin saamwerk. Volgens die polisie het vier swartes op Masuku toegesak terwyl
Zuma wil Afrika Bystandsmag sien
President Jacob Zuma het die Afrika-Unie versoek om maatreëls wat daarop gemik is om vrede en bestendigheid op die vasteland te verseker, te laat geld. Deel van die vermoëns wat die AU nodig het, is volgens die president die totstandkoming van die Afrika Bystandsmag. Die Mag, waaroor daar voorheen ooreengekom is, sal doelgemaak vir snel-ontplooiing
Lonmin vra dat stakers onderhandeling hervat
Die platinumprodusent, Lonmin het ‘n herude oproep aan die mynwerkers-vakbond, Amcu gerig om salaris-onderhandelings te hervat. ‘n Woordvoerder sê samesprekings kan hervat word terwyl werkers na hul werke terugkeer. Amcu-lede eis ‘n basiese maandelikse salaris van R12.500 per maand. Die staking is by die wêreld se drie grootste platinumprodusente Lonmin, Implast en Amplats en duur reeds
