
Johnny Clegg, die “wit Zoeloe” se een agtergrondsanger is tydens ‘n rooftog in Troyeville, Johannesburg doodgeskiet.
Die Gautengse polisie stel ondersoek in nadat Clegg se medesanger Bongani Masuku deur rowers vermoor is.
Die polisie sê Masuku is Sondagaand dood. Hy het in 1992 met Clegg begin saamwerk.
Volgens die polisie het vier swartes op Masuku toegesak terwyl hy besig was om sy motor te parkeer, ‘n vuurwapen op hom gerig en sy selfoon en die motorsteutels geëis.
Die rowers en Masuku het daarna handgemeen geraak waarna een van die mans Masuku verskeie kere geskiet het.
Die aanvallers het daarna in ‘n minibus op die vlug geslaan.
Masuku het toe self na ‘n nabygeleë brandweerstasie gery waar hy inmekaargesak en dood is.
Clegg het op sy amptelike webwerf gesê hy is geskok en hartseer oor Masuku se ontydige en sinlose dood. Hy wou nie met die media praat nie.
Dit is die tweede sanger wat met Clegg saamgewerk het, wat vermoor word. Dudu Zulu, ook ‘n goeie vriend en perkussiespeler in Clegg se eerste groep Savuka, is doodgeskiet in KwaZulu-Natal in 1992.

Ai shame…en hy’s nie eers wit nie !
Leaaaanaaaa! Moene so wiesie. Ek vermoed dat daar in die swart woongebiede moorde plaasvind wat nie eers gerapporteer of ondersoek word nie. Die polisie is te katvoet om daar in te gaan.
Presies net so Andy. Naweek vir naweek hoor ek hoe daar weer ‘n klomp dood is. Hulle haal nie die koerante nie soos jy se.
Dan moet ek ook noem van die wittes (nie plaasmoorde nie) wat vermoor word. Jong witmense tussen die ouderdom 18 en dertig.
Demmit, ons land is darem stukkend hoor. Die stuk wat Leon Lemmer geskryf het begin al hoe meer sinvol raak. Nie dat ek dit enigsins befraafteken het nie, mens hoop mos maar altyd.
Ek het n e-pos ontvang oor wat n 21 jarige Zulu meisie geskryf het. Absoluut uitstekend. Ek wag egter net vir bevestiging van die egtheid daarvan dan sal ek dit graag wil deel met julle.
Ja, asseblief Andy, sal dit ook baie graag wil lees.
Maar Zuma is meer besorg dat daar bestendigheid in Afrika moet wees maar in eie land kan daar maar gemoor word.
Ek het al moed opgegee om hul redenasievermoë te verstaan!
Ek voel …
Die kanse is goed dat sy lewe gespaar sou gewees het as hy ook soos ‘n gunslinger met pepersproei, messe en rollies die strate aangedurf het.
Mens moet maar tot die tande gewapen wees wanneer gevaarlike plekke besoek word.
Hierdie is tragies dat ons in ‘n land bly waar dinge soos hierdie gebeur. Wat egter meer tragies is, is dat dit weekliks met blankes gebeur (soos Groenewald hier in ons omgewing laasweek) en dit haal skaars die nuus – inteendeel ‘n groot deel van die bevolking voel ons verdien dit.
Die moorde op wittes raak net erger en wreder Rooikop. Dit sal aanhou as daar nie daadwerklike optrede is nie. Helaas terwyl daar geen doodstraf vir die gemors is nie, sal hulle steeds wegkom met moord.
Doodstraf dink ek nie gaan die probleem oplos nie – dit sal eerder teen ons gebruik word. Vir nou is ek dankbaar dit is afgeskaf.
Wat anders Rooikop ? Die boendoehof dalk ? Neem reg in eie hande ? Iewers moet daar tog ‘n oplossing wees.
Leana – dit is nog een waarvoor ek nie ‘n antwoord het nie. Alles in die wêreld gaan oor persepsie – waarheid is ‘n mite en ‘n foefie om mense mee besig te hou.
Indien ons reg in eie hande neem en/of die boendoehof roete gaan, dan lyk ons soos varke in almal se oë – (al is dit die regte ding om te doen – dit gaan nie oor reg en verkeerd nie, maar persespsie)
Die reg is soos versekering – jy het dit nodig as daar klaar moeilikheid is. Net soos met versekering is die uitkoms nooit 100% in jou guns nie, al is jy hoe reg.
Ons moet eerder:
1) Keer dat sulke goed gebeur – bitter moeilik, ek weet maar ons moet op ‘n manier na mekaar omsien. Ons moet dit ook moelik maak vir hulle om sulke dade uit te voer.
2) Wanneer dit gebeur moet ons so ‘n groot bohaai daarvan moontlik maak – wêreld wyd. Hierin is ons reeds besig om te slaag want die regering het ons al gevra om stil te bly oor die goed – m.a.w. hulle is onrustig oor die aanmelding daarvan. Ons moet ware feite aan hierdie goed Koppel – met Rooi Oktober laasjaar is baie wind uit die seile gehaal deur mense wat die statistiek bevraagteken en die bronne van die inligting was ook maar hoorsê eerder as ware en werklike feite – (Ek weet die statistiek word verbloem maar ons kan mos tel. Ons moet die netwerke bymekaarsit om rekord hiervan te hou. Dalk ook sommer wat die regering/polisie daaroor te sê het – dit is mos goeie bewyse of hoe?)
3) Gevalle soos hierdie waar hulle hul eie mense bydam moet ons nog meer aan die groot klok hang. Dit wys moes hoe ‘n gemors is die reg en geregtigheid in die land. Hiermee skop ons ook sommer die wat heeltyd “rassisme” skree waar dit seermaak.
Een van die metodes wat ook werk, het dit weer gesien met ‘n moord op ‘n boer hier in die Marico-gebied, is vir alle of minstens dan ‘n klomp bure om op te ruk na die huis/plaas waar dit gebeur het.
Die polisie doen dan iets daadwerkliks. In hierdie geval is twee van die aanvallers deur die polisie, op die plaas, doodgeskiet.
‘n Voorvereiste is natuurlik goeie kommunikasie en die wil om saam te staan..
Jy is reg gas. Ongelukkig is dit nasorg maar weereens is die moordenaars uit die samelewing verwyder – hulle gaan dit nie weer kom doen nie.
Hier by ons werk die buurtwag ding goed – ons is ‘n klein handjievol wat betrokke is maar dit maak ‘n groot verskil. In die verafgeleë gebiede is dit noodsaaklik om hierdie strukture in plek te hê. Die kommandos is afgeskaf maar ons moet alternatiewe daarstel (binne die wette) om ons en ons mense te beveilig.
LibTurds, skreeu en LibTurds ontvang, soos TuTu en Kasrils, julle het liberation gevra en gekry.
Geen simpatie, Plaas moorde op Bladsy 6. Glegg se rasie leiers op bladsy een.