Oscar onderhandel skikking met vermoorde se ouers

Oscar Pistorius, die paralimpiese atleet wat van moord aangekla word,  se prokureurs onderhandel met Reeva Steenkamp se ouers in ’n poging om ’n skikking buite die hof te bereik. Pistorius se prokureurs het Steenkamp se ouers genader, berig The Times. Die prokureurs vir albei partye wou nie kommentaar lewer oor die bedrag wat onderhandel word

Lees verder: Oscar onderhandel skikking met vermoorde se ouers

SAOG prys Mugabe se oorwinning

Amerika sal sanksies teen Zimbabwe ophef indien die nuutverkose president, Robert Mugabe, politieke hervormings implementeer. Die naweek het leiers by die SAOG-beraad in Malawi ‘n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om sanksies teen Zimbabwe op te hef. Die 15 lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het vir “die opheffing van alle vorme van sanksies tot

Lees verder: SAOG prys Mugabe se oorwinning

Bestialiteit: Vrou kry korrektiewe toesig

‘n Vrou van Pretoria-Oos-vrou wat skuldig gepleit het dat sy seks met honde gehad het, sal die volgende jaar bestee onder korrektiewe toesig – wat 192 ure se skoonmaak van stadsinstansies sal insluit – en sy sal ‘n reeks rehabilitasieprogramme bywoon. Jana Smit, 32, is Vrydag gevonnis in die Pretoria-streekhof. Sy het aan die hof

Lees verder: Bestialiteit: Vrou kry korrektiewe toesig

Vragskip breek in twee in Richardsbaai

‘n Vragskip het Maandag by die Richardsbaai-hawe gestrand nadat dit enjinprobleme ondervind het, het die hawebestuur gesê. Kapt. Rufus Lekala, hawemeester van die Transnet- Nasionale Hawe-owerheid (TNPA), het in ‘n verklaring gesê die Smart, wat ‘n vrag van 147 650 ton se steenkool vervoer, het om 14:10 Maandagmiddag buite die ingang van die hawe gestrand.

Lees verder: Vragskip breek in twee in Richardsbaai

Moslembroederskap-leier in aanhouding

Die geestelike leier van die Moslem Broederskap in Egipte, Mohamed Badie, is Dinsdagoggend in die Nasr City in die noordooste van Kaïro in hegtenis geneem. Badie (70) was die hoogste bevelvoerder van die organisasie wat deur die owerhede gesoek is. Hy sal op 25 Augustus verskyn saam met twee ander ampsdraers Badie se seun is

Lees verder: Moslembroederskap-leier in aanhouding

Boot met 100 asielsoekers na Australië sink

‘n Boot met sowat 100 asielsoekers het langs die kus van die afgeleë Kerseiland gesink en Australiese owerhede moes inderhaas die passasiers uit die water red. Die boot het Dinsdag sowat 220 km noord van Kerseiland, een van Australië se ses immigrasie-aanhoudingsentrums, gesink. Die Australiese maritieme owerheid het gesê sowat 105 mense was aan boord.

Lees verder: Boot met 100 asielsoekers na Australië sink

Seriti-kommissie handhaaf slakkepas

Die eerste getuies sal Dinsdag geroep word om voor die Seriti-kommissie van ondersoek na die wapentransaksie in Pretoria te getuig. Die proses wat gevolg sal word is Maandag aangedui en die lys name van die eerste week se getuies is bekendgemaak. Die eerste getuies by die kommissie se openbare sitting is senior offisiere van die

Lees verder: Seriti-kommissie handhaaf slakkepas

DA-hoofsweep loop na ANC oor

Die Demokratiese Alliansie het die nuus verwelkom dat sy voormalige hoofsweep in die Tshwane Metroraad, Derrick Flemming, na die ANC oorgeloop het. Flemming was ‘n lid van die ANC voordat hy by die DA aangesluit het. Flemming het gister aangekondig dat hy uit die DA bedank en weer by die regerende party aangesluit het. Die

Lees verder: DA-hoofsweep loop na ANC oor

Die Afrikaner as postpostmoderne vreemdeling

deur Dan Roodt [followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’] Hou van Dan Roodt se Facebookblad Ná Albert Brenner se uiters interessante kommentaar oor die Afrikaner se identifikasie met rugby, dag ek ek sal so ‘n stukkie teorie (denk?) pleeg oor wie en wat die Afrikaner in 2013 nou eintlik is. Nie lank gelede nie, het ek ‘n

Lees verder: Die Afrikaner as postpostmoderne vreemdeling

Afrikanerbond doen voorlegging oor 1913-wet

Die parlement se Ad Hoc komitee oor die herstel van grondregte en die gevolge van die 1913 Wet op Naturellegrond voer vandag samesprekings met verskillende belangegroepe oor die vordering wat tot dusver gemaak is. Die herverdeling van grond, die voorgestelde heropening van grondeise en kommer oor voortslepende onsekerheid oor grondonteiening, is van die kwessies wat

Lees verder: Afrikanerbond doen voorlegging oor 1913-wet