Al Sjabaab verantwoordelik vir aanval in Kenia

Gewapende lede van Al Sjabaab het Dinsdag in die vroeë oggendure 14 mense, meestal gruisgroefwerkers, vermoor. Die meeste mense is in hul slaap vermoor, het Kenia se Rooikruis gesê. Die aanval op die dorp, Mandera is soortgelyk aan ’n aanval in Desember toe 36 gruisgroef­werkers dood is, het AP berig. Somalië se al Sjabaab Islamitiese

Lees verder: Al Sjabaab verantwoordelik vir aanval in Kenia

Ovaherero-volksmoord laat Duitsland koud

Nóg Duitsland se president­ Joachim Gauck nóg enige amptenaa­r in sy kantoor was beskikbaa­r om Maandag ’n petisie van nasate van die volksmoord­ van die Duitse koloniale­ bewind in die voormalig­e Duits-Suidwes-Afrika­ te ontvang, het die Republikein berig. ’n Hooggeplaaste­ afvaar­diging­ van die Ovaherero­ tradisionele­ owerheid en die Nama Tegniese Komitee onder leierskap van Ovaherero-opperhoof

Lees verder: Ovaherero-volksmoord laat Duitsland koud

Brandgevaar na petrol in Vereeniging se rioolstelsel lek

Emfuleni se munisipale werkers het die oorsprong van ’n brandstoflekkasie in die Vereeniging-rioolstelsel geïdentifiseer as die hoofnetwerk op die hoek van Stanley- en Voortrekkerstraat. Volgens munisipale woordvoerder, Stanley Gaba, is daar ’n BP-vulstasie wat bes moontlik die oorsprong van die lekkasie is. Inwoners het reeds verlede Dinsdag ’n sterk petrolreuk in die omgewing aangemeld. Gaba

Lees verder: Brandgevaar na petrol in Vereeniging se rioolstelsel lek

Standardbank-galery waag met Pierneef-tentoonstelling in marxistiese kunsklimaat

Die Standardbank-kunsgalery in Johannesburg open vandag ‘n tentoonstelling van die bekende Afrikaner-kunstenaar Jacobus Hendrik Pierneef, wat loop tot 10 September vanjaar. Dit geskied te midde van ‘n “getransformeerde” en marxistiese kunswêreld in Suid-Afrika wat slegs revolusionêre, linkse of swart kuns as “waardevol” sien. Omdat Afrikaners vanuit die marxistiese oogpunt van Joe Slovo, Ruth First, Jeremy

Lees verder: Standardbank-galery waag met Pierneef-tentoonstelling in marxistiese kunsklimaat

Ope brief: Suid-Afrika is op pad na kommunisme, soos Gwede Mantashe sê

Meneer Mantashe, In die lig van die ooreenkoms wat TLU SA in sy besit het met u handtekening daarop (waarna later in die skrywe meer volledig verwys sal word), waarin u die reg op ons kultuurbeskerming onderskryf het, rig ons hierdie skrywe aan u in ons kultuurtaal, wat ook ʼn wettige landstaal van die land

Lees verder: Ope brief: Suid-Afrika is op pad na kommunisme, soos Gwede Mantashe sê

Poetin, IMF bespreek Griekse krisis

Die Russiese President, Vladimir Poetin het die Internasionale Monetêre Fonds se bestuurshoof, Christine Lagarde genader om die Griekse referendum te bespreek. Hulle probeer ‘n werklike oplossing kry vir die land se skuldkrisis. Lagarde het gesê dat verskeie lande in Latyns-Amerika en Afrika haar vir haar ongenaakbare houding teenoor die Griekse krisis blameer. Met die huidige

Lees verder: Poetin, IMF bespreek Griekse krisis

Premier stom oor haatspraak-skuldigbevinding

Premier Sylvia Lucas sê haar regspan gaan die uitspraak van die Gelykheidshof – waarin sy skuldig bevind is aan haatspraak – bestudeer voordat sy enige kommentaar lewer of ‘n besluit daaroor neem. Die saak hou verband met ‘n toespraak in 2010 waarin sy die verbode woord “hotnot” gebruik het. Die hof het beveel dat Lucas

Lees verder: Premier stom oor haatspraak-skuldigbevinding

Waterbeperkings in Bloemfontein afgekondig

‘n Kritieke waterskaarste weens klimaatsverandering en min reën staar die Mangaung-metro in die gesig. Volgens die munisipale woordvoerder, Qondile Khedama, is die tekort aan water besig om ‘n algemene probleem in stede te raak. Waterbeperkings is Vrydag op ‘n raadsvergadering vir Bloemfontein, Botshabelo en Thaba Nchu afgekondig. Khedama sê die metro, soos in enige ander

Lees verder: Waterbeperkings in Bloemfontein afgekondig

Kovsies het twee weke vir verweer teen lastereis

Die Universiteit van die Vrystaat het twee weke om verdediging aan te teken en daarna ‘n verdere drie weke om ‘n verweerskrif te liaseer in ‘n skadevergoedingsaak. Twee voormalige Kovsies, Charl Blom en Cobus Muller, eis R6,15 miljoen van die instansie en sy rektor, Jonathan Jansen. Die eis spruit uit ‘n voorval waarin die twee

Lees verder: Kovsies het twee weke vir verweer teen lastereis

Premier waarsku dat weermag in Mamelodi ontplooi kan word

Gauteng se premier, David Makhura, sê indien nodig sal die weermag in die geweldgeteisterde Mamelodi, oos van Pretoria, ontplooi word waar taxi-operateurs teen die nuwe busdiens in opstand gekom het. Hy het op ‘n openbare vergadering aan inwoners gesê meer polisielede sal ook ontplooi word indien dit nodig sou wees. Minibus-taxibestuurders het Donderdag en Vrydag

Lees verder: Premier waarsku dat weermag in Mamelodi ontplooi kan word