Nóg Duitsland se president Joachim Gauck nóg enige amptenaar in sy kantoor was beskikbaar om Maandag ’n petisie van nasate van die volksmoord van die Duitse koloniale bewind in die voormalige Duits-Suidwes-Afrika te ontvang, het die Republikein berig.
’n Hooggeplaaste afvaardiging van die Ovaherero tradisionele owerheid en die Nama Tegniese Komitee onder leierskap van Ovaherero-opperhoof advokaat Vekuii Rukoro is tans in Duitsland in die hoop om onder andere met ministers oor vergoedingseise van nasate van die volksmoord te vergader.
Volgens ’n verklaring wat deur NGO-Alliansie Geen Amnestie Op Volksmoord uitgereik is, was Gauck vooraf ingelig dat die petisie by sy kantoor oorhandig sou word.
“Is dit hoe die nageslag van slagoffers van die volksmoord behandel moet word?” het me. Ida Hoffmann, ’n Namibiese parlementslid en lid van die Nama Tegniese Komitee, gesê.
Hoffmann, wat saam met Rukoro in Duitsland is, het gesê min aandag is voor die hekke van die presidentskantoor aan hulle geskenk. Sy het haar teleurstelling uitgespreek dat Gauck die afvaardiging nie ingenooi het nie, ondanks ’n vroeë aankondiging van hul besoek aan sy kantoor.
Sy het bygevoeg: “Ek is baie bekommerd oor Namibiese-Duitse betrekkinge. Ongelukkig het die aanmatigende houding van die Duitse staat homself gewys. Ons sal sien wat die Namibiese regering oor sulke behandeling van sy burgers te sê het.”
Die Nama- en Ovaherero-groep het in die middel van Junie met onbepaalde aksie gedreig as die Duitse regering teen 2 Oktober nie die volksmoord erken of aan hul eise om vergoeding voldoen nie.

Dirk Mudge noem in sy outobiografie dat die Duitsers oor 31 jaar (1884-1915) “baie geld aan die ontwikkeling van die Gebied bestee” het (p 33). Die goeie wat die koloniale owerheid gedoen het, word gerieflikheidshalwe vergeet en griewe word vertroetel. Na verloop van meer as ‘n eeu en geslagte later hoop die Herero’s en Namas om hulle griewe in geld te omskep. Volgens die bostaande berig het die afvaardiging bloot kennis gegee van wanneer hulle die Duitse staatshoof wou spreek. Daar is blykbaar nie ‘n behoorlike afspraak gemaak nie. Oor die (beweerde) menseslagting lees David Olusoga (‘n Nigerier) en Casper W Erichsen (‘n Deen) se boek, The Kaiser’s Holocaust: Germany’s forgotten genocide (London: Faber and Faber, 2011, 394p.) Moenie veel simpatie vir die Duitsers van hierdie twee outeurs verwag nie.
“Die goeie wat die koloniale owerheid gedoen het, word gerieflikheidshalwe vergeet en griewe word vertroetel.”
Leon, dit klink soos n spieelbeeld van die NSA
Ek praat so ‘n rukkie gelede met iemand uit die regsberoep wat nogal heelwat werk in inheemse reg gedoen het – die persoon vertel my toe die interressante ding dat blykbaar daar nie iets soos “verjaring” in die inheemse reg bestaan nie (Dit bestaan nie in hulle kultuur nie) en die gevolg daarvan is dat as jou oupgrootjie se bees deur iemand anders gevat is dan kan jou agterkleinkinders nog daardie bees gaan eis (hierdie is nou maar net ‘n voorbeeld). Dit is hoekom die volkere ook na 100e jare, ongeag watter ander goeie dinge gedoen is, op die een wandaad kan bly hamer.
Hierdie het ook implikasies vir ons land – veral met die grondeis nonsens – hulle sal nooit ophou nie aangesien hulle altyd reken hulle is benadeel. Ons westerse beginsels is soooo anders – kwytskelding, vergiffenis, jubeljare ens is deel van ons kultuur, ons geloofstelsel, ons hele wese, soveel so dat diegene onder ons wat sogenaamd ateiste is ook oor hierdie goed soortgelyk aan ons dink. Hierdie is ‘n baie diep kultuurverskil wat ons moeilk gaan oorkom.
Dit is ook die geval dat die Hereros die blankes daar aangeval het en op groot skaal begin moor en plunder, soos die ongekroondes maar maak as dit hulle pas. Die Duitse magte het toe maar opgetree soos hulle moes en die ongekroondes aangeval. Die Hereros is nie onskuldigin die sogenaamde gebeurlikhede nie.
Duitsland is hoeka omgekrap omdat die NP Duitswes net sommer weg gegee het – dalk is dit beter dat hulle nie slapende honde wakkermaak nie
En ons Boere was ook in daardie oorlog ingedwing deur die Duitsers, teen ons wil.
Aan die ander kant, die Herero’s wat na Transvaal (Noord) gevlug het is deur die Boere gehelp. Baie van die Herero’s het by hulle terugkeer, hulself tussen en noord van Windhoek & Gobabis gevestig.
Ry mens deur Gobabis, is die tradisionele drag van die vrouens nog steeds Victoriaans.
Dirk Mudge se bewering dat die Duitsers veel gedoen het tussen die jare 1884 en 1915 neem ek met ‘n lepelvol sout.
Dit is so dat die eerste spoorlyn tussen Walvis en Windhoek gebou was. Op een plek was voorsiening gemaak vir die uittrek van die waens (1 op ‘n slag). Die spoorlyn het bykans reguit van Walvis na Windhoek geloop. Daar was nog oorblyfsels van die spoorlyn wat ekself gesien het (1961). Die spoorlyne se funksie was bloot om die Duitsers se magsgreep te versterk.
Wat was nou verder gedoen – soos Mudge beweer.
Diamante was uitgehaal aan (deur die Duitsers) welke diamante dan per wa afgeneem was na Windhoek. Die pad het gelei tot by Wakis (nou Nurugas), vandaar na Grootfontein.
Die Herero’s was sleg behandel deur Hendrik Swartbooi en die Duitsers, gesamentlik en afsonderlik. Dat hulle vandag nog bitter is, is te verstane.
Niks is vergelykbaar met die volksmoord op die Boere tydens die gewapende roof van die ABO nie.
Die Hereros het gekry wat hulle gesoek het want daar was soveel moorde deur hulle gepleeg dat die bevolking tussen 1895 – 1905 afgeneem het.
Die Duitsers moes eenvoudig hulle mag breek om die kleiner volkies en stamme te red – veral die wittes syne…
Maar een hele geslag van die onskuldige Christen Boere is uitgewis vir geen ander rede as roofsug nie. Deur Milner Rhodes Jameson Robertz
Wanneer gaan ons Boerevolk ons eiendom terugeis van Ingeland en die Vrymesselaars soos wat die Zulus wil doen met Natal.?
die eenvoudige ding is dat hulle net te sleg is om te werk want hulle” kultuur” om niks te doen en die vrou doen alles. ek wens hulle wil ophou wegkruip agter sogenaamde kultuur en staan jou man soos die boervolk niemand het simpatie met haar nie nie eers syself nie.
Dit was oorlog. Beide kante was bewapen.
Nuwe manier van bedel. Hulle probeer om met ‘n waterpistool teen die Duitsers se koppe ‘n paar miljoen te oes.