Ligte vliegtuig stort suid van Durban neer

Die ligte vliegtuig wat suid van Durban neergestort het, het vermoedelik in kragdrade vasgevlieg. Die vliegtuigongeluk het Dinsdag by Winkelspruit in KwaZulu-Natal plaasgevind nadat die vliegtuig waarskynlik enjinprobleme ondervind het. Twee mense is in die ongeluk dood. ‘n Polisiewoordvoerder, Thulani Zwane sê die vliegtuig het in kragdrade vasgevlieg voordat hy naby die N2 Noord neergestort

Lees verder: Ligte vliegtuig stort suid van Durban neer

Kebble se pa dood aangetref met kop-skietwond

Roger Kebble, die vader van die vermoorde mynmagnaat Brett Kebble, is dood aangetref in Kaapstad met ‘n koeëlwond in die kop, het ANA berig. Die Wes-Kaapse polisie het bevestig dat die liggaam van ‘n man in sy motor in Bishopscourt gevind is. “Hierdie kantoor kan bevestig dat vanmiddag op 25 Augustus 2015, ‘n liggaam van

Lees verder: Kebble se pa dood aangetref met kop-skietwond

Polisiebeamptes wat Masbieker sleep skuldig aan moord

Die vonnisoplegging van agt voormalige polisiebeamptes wat skuldig bevind is in verband met die moord op die Mosambiekse taxi-bestuurder Mido Macia, is tot 22 September uitgestel. Al agt is Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind, het RSG berig. Macia is in 2013 in Daveyton aan die Oosrand agter ‘n polisievoertuig aangesleep. Hy is

Lees verder: Polisiebeamptes wat Masbieker sleep skuldig aan moord

Chinese aandele daal steeds

Chinese aandele het hul afwaartse pad voortgesit ondanks pogings deur die land se sentrale bank om handelaars te paai. Die indeks het dié week reeds met sestien persent gedaal wat skokgolwe deur die wêreldmarkte gestuur het. Die Shanghai-saamgestelde indeks het met 1,1% gedaal nadat die markte vroeër wisselvallig vertoon het. Onbestendigheid in China se markte

Lees verder: Chinese aandele daal steeds

Brief: Engelse, swartes wil Afr kultuur aan die US uitwis

Tans word daar op georkestreerde wyse ‘n YouTube-video deur die organisasie “Open Stellenbosch” versprei waarin aantygings van rassisme teen blanke studente gemaak word. Die video word deur al die Engelse koerante/webblaaie herversprei wat dit die status van ‘n nasionale vrystelling gee, en sowel die ANC as die DA het intussen gereageer met verklarings dat Afrikanerstudente

Lees verder: Brief: Engelse, swartes wil Afr kultuur aan die US uitwis

Bruin drukgoep brand Springbokrugbytrui

Die betoging teen die samestelling van die Suid-Afrikaanse Springbok rugbyspan, wat op Dinsdag, 11 Augustus in George plaasgevind het, het volgens ‘n klag wat op Dinsdag, 18 Augustus by die Mosselbaai polisie aanhangig gemaak het, ‘n “rassistiese” nadraai gehad. Die bruin leier van ‘n drukgroep, Dawid Kamfer van Mosselbaai, beweer ‘n persoon het hom rassistiese

Lees verder: Bruin drukgoep brand Springbokrugbytrui

Motors: Ja en nee vir Hyundai

Hyundai is een van die snel groeiendste motormaatskappye ter wêreld. Ook plaaslik het Hyundai baie veld gewen, eers met redelike produkte teen ‘n baie billike prys en toe later met uitstekende produkte teen mededingende pryse. Vandag, bykans 15 jaar later, is Hyundai ‘n gevestigde vervaardiger in Suid-Afrika met puik produkte wat enige dag kan kers

Lees verder: Motors: Ja en nee vir Hyundai

Safarigids deur leeu doodgebyt in Hwange

`n Safari-gids is dood in die Hwange Nasionale Park nadat `n leeu hom verskeur het. Volgens amptenare is die 40-jarige Quinn Swales in die Zimbabwiese park doodgebyt. Die insident het in dieselfde park gebeur waar die leeu Cecil verlede maand deur `n Amerikaanse boogjagter, Walter Palmer, doodgeskiet is. Swales het `n fotografiegroep gelei toe die

Lees verder: Safarigids deur leeu doodgebyt in Hwange

Weerdiens waarsku dat klimaatsverandering kom

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het bekend gemaak dat meer negatiewe uitwerkings van klimaatsverandering in die land gaan voorkom, veral in Mpumalanga en Limpopo. Dit het aan die lig gekom by ‘n klimaatsverandering-konferensie in Mbombela. Die konferensie is georganiseer deur die Departement van Omgewingsake, die provinsiale departement van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondadministrasie. Dit is deel van

Lees verder: Weerdiens waarsku dat klimaatsverandering kom

Byna 200 000 Zimbabwiese verblyfaansoeke goedgekeur

Die Suid-Afrikaanse regering het Dinsdag gesê hulle sal die uitreiking van werk- en studiepermitte vir 200.000 Zimbabwiërs wat aansoek gedoen het om verblyf teen die einde van volgende maand voltooi. Die Minister van Binnelandse Sake Malusi Gigaba het Maandag gesê 99,7 persent (197.303) van die byna 200.000 aansoeke is binne die eerste ses maande van

Lees verder: Byna 200 000 Zimbabwiese verblyfaansoeke goedgekeur