Dwelms met ter waarde van bykans R8 miljoen is Dinsdag in ‘n dwelmfabriek op ‘n plaas naby Rustenburg gevind, het Noordwes-polisie gesê. Polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê die polisie het Dinsdagaand tydens ‘n klopjag omstreeks 23:00 op die plaas by Boons, afgekom. Hy sê ‘n 54-jarige vrou wat na bewering die dwelmlaboratorium bedryf het, is aangekeer.
Kaapse Persklub kanselleer Steve-uitnodiging ná linkse geweldsdreigement
Die sanger Steve Hofmeyr is deur die Kaapse Persklub uitgenooi om oor spraakvryheid te kom praat, maar ná geweldsdreigemente uit linkse geledere is die uitnodiging teruggetrek. In ‘n epos wat in PRAAG se besit is, spreek mnr. Donwald Pressly sy spyt uit dat hy die uitnodiging na die funksie, wat môre sou plaasvind, moes terugtrek.
Lees verder: Kaapse Persklub kanselleer Steve-uitnodiging ná linkse geweldsdreigement
VSA het verskoning om toe tree in Jemen na aanval
Amerika sê daar is toenemende aanduidings dat Iran-gesteunde Houthi-rebelle, ondanks ontkennings, vir Sondag se aanval op die Amerikaanse vlootvaartuig ná aan die kus van Jemen, verantwoordelik was. Die rebelle het oënskynlik klein skuitjies as uitkykposte gebruik om te help om aanduidings vir ’n missielaanval op die oorlogskip te gee, het Reuters berig. Amerika ondersoek ook
Lees verder: VSA het verskoning om toe tree in Jemen na aanval
Borg geweier vir boer wat swarte raakry
‘n Oos-Vrystaatse boer, wat in hegtenis geneem is nadat hy na bewering verlede Vrydag ‘n sestigjarige swarte raakgery het, se aansoek om borgtog is vanoggend in die Bethlehemse landdroshof na Maandag uitgestel. Josef van Eeden (34) het na bewering vir Johannes Mahlaku op ‘n plaas buite Bethlehem raakgery. Mahlaku het Saterdag, in ‘n plaaslike hospitaal,
Nog geboue by KSUT in Kaapstad gebrand
Asof swart “leergierige” oproeriges nog nie genoeg skade aan eiendom aangerig het in hul rewolusionêre ywer nie, het hulle verskeie geboue by die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT) se Bellville- en Kaapstad-kampus Woensdagoggend aan die brand gesteek. En die hoofstroommedia, waaronder veral Radio702, hou vol dat hierdie kriminele se optrede geregverdig is. Lauren Kansley, KSUT-woordvoerder,
Republikeine kruip terug na Trump
Die Republikeinse presidentskandidaat, Donald Trump, het aangedui hy gaan voortaan sy verkiesingsveldtog voer presies soos hy wil, noudat die NeoCon globaliste in die party uitgesnuffel is. Dié Republikeine wat gedink het hul gekonkel teen Trump gaan werk, soos Suid-Dakota se Senator John Thune, het intussen teruggekruip. WikiLeaks het die week onthul hoe die globaliste die
Winnie Mandela se nefie steel R83 000, handsakke by haar
Winnie Madikizela-Mandela, soos sy deesdae bekendstaan, het ‘n klomp misdade op haar kerfstok waarvoor sy om politieke redes nooit vervolg is nie, maar was nou self die slagoffer van diefstal toe haar nefie na bewering R83 000 van haar “verjaardaggeld” by haar gesteel het. Die 30-jarige Zolile Madikizela sal na verwagting vandag in die Orlando-landdroshof
Lees verder: Winnie Mandela se nefie steel R83 000, handsakke by haar
Motors: Mitsubishi Pajero in ‘n klas van sy eie
Suid-Afrika het slegs ‘n paar hardebaardviertrekwaens wat byna enige plek sal loop terwyl die insittendes in die gootste gemak kan terugsit en die ervaring beleef. Die slegte nuus is dat die hardebaardwaens almal aan die verkeerde kant van R1 miljoen kos. Nou praat ons van motors soos die Land Rover Discovery, Mercedes G-Klas en Toyota
Lees verder: Motors: Mitsubishi Pajero in ‘n klas van sy eie
Anti-Chinese wetgewers maak amok by inswering
Die insweringsplegtigheid wat Hongkong se wetgewende sessie afgeskop het, het Woensdag in ’n klug ontaard toe pasverkose “pro-demokrasie” wetgewers met opset die ampseed verdraai het, in ’n teken van protes teen Beijing. Hulle het ook baniere vertoon waarop geskryf is dat Hongkong nie deel van China is nie, het AP berig. Hulle het ook vir
Veertien dood na skietery by Sjiïtiese moskee in Kaboel
’n Gewapende man het gister 14 mense by ’n heiligdom in Kaboel, Afganistan doodgeskiet. Volgens ’n ooggetuie was die aanvaller in ’n polisie-uniform geklee. Die aanvaller is op die toneel doodgeskiet het Reuters berig. ’n Woedende skare het die oorskot van die vermeende aanvaller omring en sy lyk geskop totdat die polisie tussenbeide getree het.
Lees verder: Veertien dood na skietery by Sjiïtiese moskee in Kaboel
