Die Dalori-kamp naby Maiduguri in die noordooste van Nigerië is opgerig vir mense wat deur Boko Haram haweloos gelaat is. Die prys van ‘n koppie rys het al byna verdubbel en etniese geweld dreig in Nigerië waar inwoners kla dat hulle deur Fulani-groepe met AK-47’s bedreig word wat hele statte afbrand en mense verjaag. Minstens
Omgewinggroepe wil Russiese kernplan vir SA keer
Die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe Omgewingsinstituut (Safcei), en die omgewingsgroep Earthlife Africa wil ‘n hofaansoek bring om te vra dat die samewerkingsooreenkoms oor kernkrag wat Suid-Afrika en Rusland in 2014 gesluit het, ongedaan gemaak word. Die regering het verlede week op die twee omgewingsgroepe se 700 bladsye gereageer wat in Oktober verlede jaar ingedien is om die
Lees verder: Omgewinggroepe wil Russiese kernplan vir SA keer
Honde-eienaars gewaarsku oor vergiftiging
Die polisie in die Vrystaat en die Dierebeskermingsvereniging (DBV) doen ‘n beroep op honde-eienaars om voorvalle aan te meld waarin honde deur booswigte vergiftig word om makliker toegang tot eiendomme te verkry. Dit kom nadat voorvalle van vergiftiging sedert die begin van die jaar in Welkom, Virginia en omliggende gebiede toenemend voorgekom het. Polisiewoordvoerder, Stephen
Obama wil Moslems se gevoelens spaar
Hoe President Obama reageer op geweld wat met Islam te make het, word duidelik bepaal deur ‘n spesifieke stel reëls. In sy jongste aanval op Donald Trump na die massaslagting deur ‘n ISIS-terroris in Orlando, Florida, het die Amerikaanse president weer erg kleigetrap. Trump het Obama se versuim om radikale Islamiste te kritiseer, ten sterkste
Niemand nog in hegtenis geneem na moord op haarkapper nie
Die polisie in die Vrystaat het nog niemand in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n haarkapper van Riebeeckstad in Welkom nie. Die liggaam van die 53-jarige André Gebhardt is ontdek op die vloer in sy huis. Hy het sy eie haarsalon vanuit sy woning bedryf. ‘n Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, sê alle leidrade
Lees verder: Niemand nog in hegtenis geneem na moord op haarkapper nie
Merkel bring haar negende besoek aan China
Die Duitse kanselier Angela Merkel het vandeesweek haar negende besoek aan China gebring, saam met ‘n groot afvaardiging van senior amptenare en entrepreneurs. As onderskeidelik die tweede en vierde grootste ekonomieë ter wêreld, is China en Duitsland die groei-enjins vir Asië en Europa. Duitsland bly steeds die ekonomiese hoop vir Europa. Danksy sy vaste industriële
ISIS-aanvaller dood senior polisiebeampte in Parys
‘n Senior Franse polisiebevelvoerder is buite sy huis doodgesteek asook sy metgesel, ‘n polisievrou, in ‘n aanval deur die Islamitiese staat. Die Franse regering het dit as ‘n “volslae daad van terrorisme” beskryf. Die aanvaller, ‘n 25-jarige man van Marokkaanse afkoms, is tronk toe gestuur in 2013 vir hulp aan Islamitiese militante om na Pakistan
Lees verder: ISIS-aanvaller dood senior polisiebeampte in Parys
Bekende van Karasburg oorlede na huisaanval
‘n Bekende en geliefde inwoner van Karasburg, in die suide van Namibië, is in hospitaal in Suid-Afrika oorlede aan beserings wat hy gedurende ‘n gewapende roof opgedoen het. Die 63-jarige mnr. Tillian Walters is op Afrikadag, 25 Mei deser, deur sy broer in sy huis gevind waar hy vasgebind in sy kamer gelê het. Walters
Stellenbosch-gesinsmoord: Verdagte voor
Een van die enigste twee oorlewendes in die Van Breda-gesinsmoord op Stellenbosch gaan na verwagting vandag in die hof daar verskyn op drie aanklagte van moord en een van poging tot moord. Polisiewoordvoerder, André Traut, het bevestig dat ‘n 21-jarige verdagte homself Maandag aan die polisie oorgegee het. Die verdagte is op sosiale media as
Warden-plaasaanval-verdagtes voor
Vier verdagtes wat verlede Maandag op Villiers in hegtenis geneem is kort nadat hulle glo betrokke was by ‘n rooftog op ‘n plaas by Warden in die Vrystaat, sal na verwagting die week om regshulp in die landdroshof op Warden aansoek doen. Drie van die mans, Bulelani Fulumeni, Wandi Yende en Tumelo Jeffrey Tau, se
