Die Duitse kanselier Angela Merkel het vandeesweek haar negende besoek aan China gebring, saam met ‘n groot afvaardiging van senior amptenare en entrepreneurs.
As onderskeidelik die tweede en vierde grootste ekonomieë ter wêreld, is China en Duitsland die groei-enjins vir Asië en Europa.
Duitsland bly steeds die ekonomiese hoop vir Europa. Danksy sy vaste industriële basis en tegnologiese spierkrag, is groei stabiel. As die grootste opkomende ekonomie, het China dus baie om te leer van Europa se reus.
Alhoewel hulle is geleë op twee uiterstes van Eurasië, het die twee lande ‘n noue en ‘n hoë-vlak strategiese en ekonomiese vennootskap wat hulle met mekaar handhaaf.
Duitsland is die land wat die meeste deur China se ekonomiese groeipotensiaal bevoordeel word. Die uitvoer van Duitsland na China het verdubbel in die afgelope dekade, en die bilaterale handelsvolume tussen die twee het verlede jaar meer as €160 miljard bereik.
Duitsland is ook die Europese land wat die meeste belê en die meeste tegnologie aan China oordra. Hoewel die groot verskille in nasionale toestande en ekonomiese grondbeginsels bly, is dit steeds ‘n voordelige verhouding.
Die twee lande het tydens die besoek ‘n konsensus bereik oor sake van strategiese belang en het ingestem om samewerking in finansies, motorproduksie, inligtingstegnologie en vliegtuie te versterk, ten einde die implementering van hul onderskeie industriële ontwikkelingsprogramme beter te koördineer, naamlik China Vervaardiging 2025 en Duitsland se Industrialisasieplan 4.0.
Duitsland moet sekere verpligtinge nakom, soos bepaal deur artikel 15 van die protokol oor die toetrede van China tot die Wêreld Handelsorganisasie, maar het tog kommer uitgespreek oor marktoegang en verbintenis tot regsbeginsels in Asië se sterkste moondheid.
Duitsland het sy steun toegesê aan China se aanbieding van die G20-beraad vanjaar in Hangzhou, terwyl die twee daadwerklike stappe sal neem om die G20-lande aan te moedig om groei te stimuleer, koördinasie in makro-ekonomiese beleid te versterk, stabiliteit van die globale mark in stand te hou, asook om die 2030-agenda vir volhoubare ontwikkeling en handel en belegging te fasiliteer.
China steun ook Duitsland se aanbieding van die G20-vergadering aanstaande jaar.
Een van die vernaamste redes vir China se volgehoue belangstelling, is Duitsland se ontwikkelde kommersiële bankstelsel en toekomsgerigte finansiële sektor.
Die klem op die strategiese status van die vervaardigingsbedryf, verhoging van insette in tegnologiese innovasie en bestendigheid, is volgens die Chinese besonder navolgingswaardig. Maar hoë arbeidskoste en die vermindering van winsverhouding in ondernemings bly ‘n kopseer wat deur Merkel se onbesonne immigrasiebeleid tot maatskaplike probleme kan lei.
Duitsland is meer koöperatief en toekomsgerig as die Verenigde State en Japan – ‘n mededinger – teenoor China, alhoewel die VSA een van die drie belangrike ankers vir die wêreld se ekonomie bly.
China beskik voorts oor die vermoë om sy strategiese ekonomiese vennootskap met Duitsland te konsolideer omdat hulle dieselfde landmassa deel, anders as wat die geval met Noord-Amerika is.
Die eerste vragtrein uit die Oos-Chinese stad Zhengzou het in 2013 in Hamburg, Duitsland aangekom.
Die trein het meer as 10 000 kilometer in net 15 dae afgelê, minder as helfte van die normale reistyd per see.
Swaar vrag wat nie vervoer kan word per vliegtuig nie, soos motoronderdele en elektroniese goedere, baat in die besonder daarby.

Jy kan nou ook al Sjinese produkte uit Duitsland koop. Ek vind gister uit dat van die Sjinese maatskappye nou hulle produkte deur Duitsland koop – een voorbeeld Chen Yang GMBH verkoop goed wat ons nodig het – Op die oog af is die kwaliteit nie sleg nie maar jy kan tog agterkom waar die hoeke gesny is.
Rooikop ek verstaan dat al Zeiss en Hasselbaltt se lense word in China geslyp. ??.
Lekker om te dink dat via Bricks ons darem met die duisters se tegnologie skakel.
Angola se paaie word deur die rysogies herbou.en ek verstaan deel van die betaling is 400000 Angolese paspoorte.!!
Leke slaap
Dis juis wat my bekommer. Die weste het AL sy strategiesevervaardigingsvermoëns weggegee en vernietig. Die Sjinese kolonialiseer die aardbol teen ‘n helse spoed – hierdie golf gaan ons nie kan keer nie.