Die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe Omgewingsinstituut (Safcei), en die omgewingsgroep Earthlife Africa wil ‘n hofaansoek bring om te vra dat die samewerkingsooreenkoms oor kernkrag wat Suid-Afrika en Rusland in 2014 gesluit het, ongedaan gemaak word.
Die regering het verlede week op die twee omgewingsgroepe se 700 bladsye gereageer wat in Oktober verlede jaar ingedien is om die beplande aankoop van kernkraginfrastruktuur te keer.
Die groepe eis dat die ooreenkoms eers deur die parlement ondersoek moet word om die ekonomiese en finansiële implikasies bloot te lê.
Die twee groepe het in ‘n verklaring bevestig dat die regering gereageer het.
Die regering se wetlike reaksie sluit 700 bladsye van verklarings en aanhangsels in, en die omgewingsgroepe se regspan werk daardeur.
Die departement van energie het nie navrae oor die omgewingsgroepe se regsoptrede beantwoord nie.

En die ANC is “hell bent” om kernfasiliteite te bou – Al die lande wat hulle ondersteun het tydens apartheid het al ‘n kontrak vir iets groots gekry. Dit is nou die russe se beurt. Ek wonder wat die gevolge sou wees as dit nie gebeur nie.
Ek wonder weer wat gaan gebeur as dit wel gebou word. Phineas is bekend vir ‘operator’s faults.’
As hulle terugkom na ‘n naweek is dit nodig om heropleiding te doen – (dit is nou in die vervaardigingsomgewing) so ek wil nie eers dink aan die operateursfoute wat jy noem nie. Ek reken dit sal Tsjernobiel soos ‘n sondagskoolpiekniek laat lyk en dan weer op apartheid geblameer word.
Wanneer die ANC skielik besorg is oor die kragvoorsiening in SA moet jy weet daar is moeilikheid. Dit gaan eerder oor eiebelang en wat hulle uit die transaksie kan maak. Die legkaart val uiteindelik mooi in plek. Nr een en die Guptas probeer skielik die voorsiening van Uraan beheer, soos die voorsiening van steenkool aan ESKOM. Die projek sal waarskynlik deurgeboelie word, met die meerderheid in die parlement. Die vuisvoos verbruiker in SA sal later die prys betaal.