‘n Vermeende baasbrein agter renosterstropery is in ‘n klein dorpie naby die Kruger-wildtuin in hegtenis geneem. Volgens SANparke was dié “waardevolle” arrestasie die gevolg van ‘n uitgebreide ondersoek deur ‘n spesiale polisie-eenheid. Die man is by Cork Trust-village in hegtenis geneem. Volgens ‘n woordvoerder van SANparke, Ike Phaahla, “word daar vermoed dat die persoon deel
Franse wet verbied skoonheidskompetisies vir dogters onder 16
Die Franse Senaat het ‘n voorstel goedgekeur om skoondheidskompetisies vir meisies jonger as 16 jaar te verbied. Die voorstel is Dinsdag deur 146 wetgewers gesteun. Slegs een senaatslid het daarteen gestem Dié wetsontwerp volg na omstredenheid oor modefoto’s van ‘n 10-jarige Franse meisie wat in Desember 2010 in die Vogue-tydskrif verskyn het. Die meisie, Thylane
Lees verder: Franse wet verbied skoonheidskompetisies vir dogters onder 16
Gay man agter tralies oor geweld ure na troue
Een van die eerste mans wat kragtens Frankryk se nuwe wet op gay-huwelike getroud is, is Woensdag gevangenisstraf opgelê nadat hy sy maat aangerand het enkele ure nadat die paartjie getroud is. Die polisie in die Franse stad Alencon sê hulle het die 22-jarige man Sondag in die vroeë oggendure by die homoseksuele paar se
Polisie skiet op klipgooiers in Bekkersdal
Die situasie in Bekkersdal aan Gauteng se Wes-Rand is gespanne nadat die polisie van rubberkoeëls gebruik moes maak om meer as ‘n duisend klipgooiers uiteen te jaag. Die oproermakers wou ‘n griefskrif met eise vir beter dienslewering aan Westonaria se munisipaliteit oorhandig. Hulle eis dat die raadslede bedank. Die skare mense het aanvanklik uiteen gegaan,
Aangeklaagde in kinderporno-saak verskyn
‘n Oud-onderwyser uit die Vrystaat, een van ‘n paar mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n deel van ‘n kinderpornosindikaat is, het Woensdagin die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Die saak teen die man is uitgestel vir verdere ondersoek tot 28 Oktober. In Augustus het talle mans waaronder ‘n afgetrede skoolhoof, verskyn in verskeie Suid-Afrikaanse howe.
Kuns wat almal koud laat
Afrikaners en selfs Suid-Afrikaners kan daarvoor vergewe word dat hulle nie op hoogte is van die jongste internasionale kunswerk waarby een van hul landgenote betrokke is nie. Nie baie mense ken die naam Steven Cohen nie, en met nadere kennismaking sal hulle waarskynlik ook nie lus voel om meer te wete te kom nie. Cohen
Rooihuiskraal: Inwoner met wapen gedreig by stortingsterrein
Die polisie moes ingryp na ‘n ongelukkigheid by die Rooihuiskraalse stortingsterrein. Die metropolisie het Saterdagmiddag by die stortingsterrein in Rooihuiskraal die situasie onder beheer probeer dwing. Die ingang tot die terrein is afgesper en geen voertuig word mee toegelaat nie. Die metropolisie het die terrein offisieël as gesluit verklaar. Persone wat tuinvullis wil verwyder word
Lees verder: Rooihuiskraal: Inwoner met wapen gedreig by stortingsterrein
Voorwaardes vir oorlewing
Deur Johann Theron Die Suid-Afrikaanse debat poog om die algemene gesprek te bevorder, om sodoende die land self te verbeter. Suid-Afrika is moontlik ‘n organisasie, waarvan afgelei word dat gewone organisatoriese verbeteringstegnieke aangewend kan word soos byvoorbeeld: 1. Leiding of leierskap met hernude energie en nuwe benaderinge 2. Prosesverbetering en optimisering 3. Kapasiteitsopbouiing met behulp
Alternatiewe vir ANC, DA se vernietigingswerk
Welklinkende beloftes oor die beskerming van minderhede se regte het twee derdes van Suid-Afrika se witmense in 1992 oorreed om te stem ten gunste van ‘n nuwe politieke bestel. Van daardie beloftes het niks gekom nie en die wrange vrugte daarvan word vandag gepluk, sê mnr. André Fourie, oud-minister en die Vryheidsfront Plus se raadslid
Staatsinmenging kan selfoontariewe verlaag
Goeie nuus vir Suid-Afrikaanse selfoongebruikers is dat die staat besig is met stappe wat daartoe kan lei dat selfoontariewe in die afsienbare toekoms kan daal, sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor kommunikasie. Adv. Alberts het in ‘n geskrewe vraag aan die minister van kommunikasie gevra of sy sal toesien dat
