Amnestie vir 1,6 miljoen op skuld-swartlys

Die Kabinet het Donderdag besware teen die opheffing van negatiewe kredietinligting opsy geskuif, en goedkeuring verleen aan die stap. Banke waarsku dat hul risiko’s sal verhoog en dit sal die verhoging van die koste van krediet beteken. In terme van die Kabinetsbesluit, sal die negatiewe kredietinligting van verbruikers wat al hul skuld betaal het, skoongevee

Lees verder: Amnestie vir 1,6 miljoen op skuld-swartlys

VSA se Kerry ‘verloor nie slaap oor Poetin se leuenaar-opmerking’

Die Amerikaanse ministerie van buitelandse sake het die verklaring deur die Russiese president, Wladimir Poetin, as “belaglik” afgemaak, dat staatsekretaris John Kerry aan die Kongres oor Al-Kaida se rol in Sirië sou gelieg het. “Staatsekretaris Kerry is, soos u almal weet, ‘n gevesveteraan met toekennings vir dapperheid,” het ‘n segsvrou vir buitelandse sake, Jen Psaki,

Lees verder: VSA se Kerry ‘verloor nie slaap oor Poetin se leuenaar-opmerking’

Derde Witsdosent afgedank oor seksuele teistering

‘n Derde dosent aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) is skuldig bevind aan seksuele teistering, en afgedank. Adam Habib, visekanselier, het gesê die instelling het ‘n beleid van zero-verdraagsaamheid tov seksuele teisteraars aanvaar. Twee ander dosente is in Julie oor dieselfde klagtes afgedank. “Ons hoop dat die daadwerklike optrede in die gevalle ‘n duidelike

Lees verder: Derde Witsdosent afgedank oor seksuele teistering

LUR gee bevel dat blou ligte aangeskakel word

Humphrey Mmemezi, destyds LUR vir plaaslike regering en behuising, het kort voor Thomas Ferreira se ongeluk beveel dat die blou ligte op sy motor aangeskakel moet word, het die Krugersdorpse landdroshof Donderdag gehoor. Mmemezi het aanvanklik gelieg en gesê hy was nie in die voertuig toe die ongeluk gebeur het nie. Die Gautengse premier het

Lees verder: LUR gee bevel dat blou ligte aangeskakel word

ANC vra tugstappe teen City Power-stakers

Die ANC sê tugstappe moet teen stakende City Power-werknemers ingestel word. Werkers staak sedert Woensdag oor n nuwe skofrooster en het meer as 10 woonbuurte vir die derde agtereenvolgende dag sonder elektrisiteit gelaat, het Eyewitness News berig. Die kragonderbrekings het toevoer na die huis waar oudpresident Nelson Mandela aansterk ook geraak. Daar was spekulasie dat

Lees verder: ANC vra tugstappe teen City Power-stakers

Twintig onderwysers vir bedrog gearresteer

Meer as 20 swart onderwysers van Mpumalanga is Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle glo die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) uit R7 miljoen geswendel het, het die Valke gesê. Die onderwysers van die Ehlanzeni- en Bohlabela-distrik is by hul werkplekke in hegtenis geneem. “Ons het 36 lasbriewe in Mpumalanga. Toe ek vanmiddag weg is, het ons

Lees verder: Twintig onderwysers vir bedrog gearresteer

Kabinet maan betogers, stakers tot kalmte

Die Kabinet het ‘n beroep op betogers sowel as stakers gedoen om hulself te weerhou van geweld. Die vakbond Amcu sê dat van sy lede by Sibanye se Beatrixgoudmyn in die Vrystaat aangeval is. Dit het vrese opnuut laat ontstaan dat die staking in die goudsektor gewelddadig kan raak. Amcu se hoofsekretaris, Jeff Mphahle sê

Lees verder: Kabinet maan betogers, stakers tot kalmte

Spertyd vir grondeise verleng

Die kabinet het die spertyd vir grondeise tot 2018 verleng. Die Wysigingswetsontwerp op die Herstel van Grondregte gaan binnekort by die Parlement ingedien word. Dit stel eisers, wat te laat was vir die sperdatum in Desember 1998, in staat om hul eise opnuut in te stel. Die adjunkkommissaris vir grondeise, Thami Mdontswa sê die wetsontwerp

Lees verder: Spertyd vir grondeise verleng

EFF registreer by OVK met beloftes van nasionalisering, grondroof

Die ekonomiese vryheidsvegters is geregistreer as ‘n politieke party by die Onafhanklike Verkiesingskommissie. “Die registrasie van die EFF … is ‘n historiese oomblik en die begin van die werklike radikale, militante en beslissende politieke program wat sal lei tot ware bevryding van die mense van Suid-Afrika, Afrika en die wêreld,” het die EFF se leier

Lees verder: EFF registreer by OVK met beloftes van nasionalisering, grondroof

Kerry mislei Senaatskomitee oor rebelle

By die Senaatskomitee oor buitelandse betrekkinge waar Kerry die saak vir president Barack Obama se plan om Sirië aan te val gestel het, het Kerry beweer dat die gewapende opposisie “toenemend deur sy gematigheid en uitgebreide lidmaatskap gekenmerk word, hulle gehoorsaamheid aan demokratiese prosesse, inklusiwiteit en ‘n grondwet wat minderhede beskerm”. “En die opposisie word

Lees verder: Kerry mislei Senaatskomitee oor rebelle