Dit was ’n swart bende met ’n handwapen teen ’n Koreaan met ’n Oosterse houtswaard toe geweld Sondagaand net voor elfuur in ’n dubbelverdiepinghuis teenaan die Walvisbaaise strandmeer losgebars het. Die Oosterse swaard het een barshou ingekry en die Koreaan was ook aan die ontvangkant toe ’n koeël van die aanvallers hom net bokant sy
Fossielversameling open na omstrede oproep deur premier
Die grootste fossielversameling op die Afrika-vasteland is in Johannesburg geopen. Die voormalige minister van Wetenskap en Tegnologie en huidige minister van Toerisme, Derek Hanekom het die opening waargeneem. Fossiele soos die Taung-kind sal in die Phillip Tobias Primaat- en Homonied-fossiellaboratorium by die Universiteit van die Witwatersrand se Instituut van Evolusionêre Studies gehuisves word. Die Taung-skedel
Lees verder: Fossielversameling open na omstrede oproep deur premier
Panyaza Lesufi vat Gauteng-skole se tablette weer terug
Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, wat laas nog gedreig het om die Curro-skool Roodeplaat “toe te maak” omdat swart en wit graadnulleerlinge “apart” van ‘n bus afgeklim het, het so pas tabletrekenaars wat sy departement aan skole uitgedeel het, teruggeëis. Volgens die departement bevat sommige tablette nie “veiligheidsprogrammatuur” nie en word almal
Lees verder: Panyaza Lesufi vat Gauteng-skole se tablette weer terug
BRICS-ontwikkelingsbank open sy deure
Die BRICS Nuwe Ontwikkelingsbank (BNO) het sy deure in Shanghai geopen, en sal poog om die aanvanklike kapitaal vir infrastruktuur en volhoubare ontwikkeling beskikbaar te stel. Chinese minister van finansies, Lou Jiwei, Sjanghai burgemeester Yang Xiong en BNO-hoof Kundapur Vaman Kamath het die seremonie bygewoon. By die inhuldigingseremonie was Jiwei vinnig om daarop te wys
Tenker en passasierveerboot bots
‘n Gat in die romp van die passasiersveerboot, Stena Jutlandica, word die naweek by die hawe van Gothenburg, Swede geïnspekteer. Die veerboot het vroeg Sondagoggend met ‘n tenker naby die eiland van Vinga naby Gothenburg gebots. Die veerboot het water ingeneem, maar kon daarin slaag om die hawe sonder enige hulp te bereik. Die tenker
Grieke betaal IMF-skuld
Die president van die Europese Sentrale Bank (ESB), Mario Draghi, meen Griekeland kan wel die €3,5 miljard terugbetaal wat hy die bank skuld. Die ESB het vroeër meer geld vir Griekse banke beskikbaar gestel om te keer dat hulle ondergaan. Die Griekse banke het Maandag weer hul deure geopen nadat hulle hul deure vir drie
SA Mediese Vereniging woedend oor 2 se skorsing
Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi se besluit dat twee dokters van die Evander-hospitaal in Mpumalanga geskors word, as voorbarig bestempel. Die dokters is geskors nadat hulle na bewering ‘n noodkeisersnee op ‘n swart tienerma in ‘n normale saal, in plaas van ‘n operasiesaal, uitgevoer het, het RSG berig. Haar
Lees verder: SA Mediese Vereniging woedend oor 2 se skorsing
Lindley-plaasmoordverdagtes steeds soek
Niemand is nog aangekeer vir die moord op ‘n bejaarde Lindley-boer, Hein Smith, die naweek nie. Vrystaatse polisiewoordvoerder, Peter Kareli, sê hulle volg leidrade op en maak goeie vordering. Polisiewoordvoerder, Annelie Wrensch, het vanoggend aan OFM-nuus gesê die 77-jarige Smith, van die plaas Rondekom, is gisteroggend omstreeks 10:00 sowat 800m van sy plaashuis gevind. Volgens
Verdagtes verskyn volgende week ivm Vrede-plaasaanval
Twee swart verdagtes wat in hegtenis is vir die plaasaanval op ‘n bejaarde egpaar op hul plaas naby Vrede verlede naweek sal volgende Maandag weer in die plaaslike periodieke hof verskyn. Volgens Vrystaatse polisiewoordvoerder, Peter Kareli sal Paul Mei Zulu (39) en Thabho Shadrac Motloung (31) dan formeel om borgtog aansoek doen. Beide staar aanklagte
Lees verder: Verdagtes verskyn volgende week ivm Vrede-plaasaanval
‘Weldoener’ steel baba
‘n Swart vrou van Rustenburg sal na verwagting Woensdag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat sy glo Maandag ‘n pasgebore baba by die Job Shimankane Tabane-hospitaal ontvoer het. Noordwes polisiewoordvoerder, Paul Ramaloko, sê die polisie het die 19-jarige-vrou, wat haarself voorgedoen het as ‘n weldoener en aangebied het om die baba vas te hou en
