Donald Trump is amptelik die presidentskandidaat vir die Republikeinse Party. Die miljardêr is Dinsdagnag in Cleveland in die Amerikaanse deelstaat Ohio amptelik as dié party se kandidaat aangewys. Hy het 16 teenstanders uitgestof en moes byna ‘n jaar lank ‘n uiters giftige mediaveldtog, selfs uit Republikeinse geledere, trotseer. Hoofstroomontleders het ook week na week plegtig
Vloede tref Beijing
Vloede wat veroorsaak is deur onafgebroke swaar reën het wydverspreide ontwrigting in die Chinese hoofstad, Beijing, veroorsaak. Dit het tot gevol gehad dat honderde vlugte gekanselleer is en sommige moltreinstasies gesluit moes word. Beijing se humiede somermaande word dikwels deur swaar reënstorms gekenmerk en in 2012 is 37 mense in die storms dood. Die Beijing
Tiener volg in beeldhouer-pa se voetspore
‘n Tiener van Nelspruit (15) het duidelik die talent vir beeldhouwerk van sy pa geërf en is reeds besig om van sy werke te verkoop. Hy is vasbeslote om ‘n suksesvolle loopbaan hieruit te maak en wil hom ná skool voltyds hierop toespits. Armand van Rensburg is ‘n gr. 10-leerling en het reeds van kindsbeen
Zimbabwe sukkel steeds met staatsdiensbetalings
Die Zimbabwiese regering sukkel steeds om sy horde staatsamptenare te betaal. Tagtig persent van staatsuitgawes bestaan uit salarisse wat maandeliks ‘n allamintige $260 miljoen opslurp. Ná jare van “bevryding” is Zimbabwe se ekonomie nie veel groter as ‘n middelgrootte SA stad soos Rustenburg s’n nie, dus kan die land kwalik dié reusebedrae aan salarisse bekostig.
Lees verder: Zimbabwe sukkel steeds met staatsdiensbetalings
Snerpende koue oor binneland verwag, swaar reën vir Kaap
Vrystaters en Gautengers kan van vroeg aanstaande week snerpende koue verwag. ‘n Weerstelsel gaan van Maandag af tot gevolg hê dat die kwik in die binneland skerp gaan daal en die kwik gaan net-net tot meer as 14 grade styg. Die Weerdiens sê dit gaan van Maandag tot minstens Woensdag toe besonder koud in die
Lees verder: Snerpende koue oor binneland verwag, swaar reën vir Kaap
Oproeriges in Riverlea Johannesburg gooi klip
Toegangsroetes na Riverlea in Johannesburg is gesluit na oproer wat glo oor elektrisiteitvoorsiening en behuising voorkom. Mainreef- en Commandoweg in Riverlea is na openbare geweld gesluit en ‘n uitgebreide polisieteenwoordigheid is in die ontplooi. Oproeriges bestook motoriste met klippe en brand motorbande. Die inwoners van die Zamimpilo-plakkerskamp is ontevrede oor ‘n gebrek aan huise. Hulle
Hillary Clinton se nalatenskap: ISIS
Rook borrel uit geboue nadat die Libiese lugmag, lojaal aan die eenheidsregering, vuurpyle op stellings van die Islamitiese Staat (ISIS) in Sirte, Libië, afgevuur het. In ’n grootskaalse operasie om die jihadiste se kusvesting in te neem, moes ‘n hernude aanslag teen die terreurgroep geloods word. ISIS is tans diep ingegrawe in Libië nadat
Trevor Noah vaar teen Donald Trump uit
Die kleurlingkomediant Trevor Noah, wat aanvanklik in Suid-Afrika opgang gemaak het maar tans in die VSA woon waar hy die Daily Show-program vanuit New York aanbied, het so pas teen Donald Trump uitgevaar. Hy noem die Republikeinse presidentskandidaat ‘n “baie gevaarlike nar wat hulle party gekaap het”. Noah, ‘n groot ondersteunder van radikale swart groepe
Griekse hof sal beslis oor Turkse offisiere
’n Griekse hof sal Donderdag uitspraak lewer oor die lot van agt Turkse militêre offisiere wat met ’n helikopter land uit gevlug het ná die mislukte staatsgreep in Turkye. Die agt staan tereg op klagte dat hulle die land onwettig binnegekom het en die Griekse lugruim geskend het, het AFP berig. Die agt weermaglede het
Veediefstal kos boere ten minste R1,5 miljard per jaar
Skaapboere in die Vrystaat ly verliese van sowat R1,5 miljard per jaar as gevolg van veediefstal. Dit is volgens navorsing deur WA Lombard, ‘n student in landbou-ekonomie wat aan sy Meestersgraad aan die Universiteit van die Vrystaat werk. Die ysingwekkende bedrag het aan die lig gekom in ‘n verklaring wat uitgereik is deur Vrystaat Landbou
Lees verder: Veediefstal kos boere ten minste R1,5 miljard per jaar
