Hillary Clinton se nalatenskap: ISIS

Rook borrel uit geboue nadat die Libiese lugmag, lojaal aan die eenheidsregering, vuurpyle op stellings van die ­Islamitiese Staat (ISIS) in Sirte, Libië, afgevuur het.

In ’n grootskaalse operasie om die jihadiste se kusvesting in te neem, moes ‘n hernude aanslag teen die terreurgroep geloods word. ­

ISIS is tans diep ingegrawe in Libië nadat president Obama met die hulp van Hillary Clinton gesorg het dat die Moeammar Ghadaffi vermoor word en die eers welvarende land in chaos verval sodat jihadiste kan oorneem.

Haar besluit was tot dusver Amerika se grootste buitelandse beleidsflater sedert Irak.

Vier hooggeplaasde Amerikaanse amptenare is deur die jihadiste in Libië vermoor, klaarblyklik omdat Clinton bang was dat ‘n wapenoordrag aan jihadiste op die lappe sal kom en sy dus niks gedoen het om die moorde te keer nie.

ISIS onderneem vanuit Libië ook die aanslag op Sirië wat Obama- en Clinton-simpatiseerders as ‘n “burgeroorlog” probeer voorhou, maar wat in werklikheid ‘n inval deur internasionale terroriste is.

Daar is reeds 400 000 mense dood in die Siriese konflik wat nou ontaard het in ‘n vlugteling-dilemma vir die EU.

Volgens ’n vertroulike verslag van die Verenigde Nasies is tussen 2 000 en 5 000 ISIS-terroriste van Libië, Tunisië, ­Algerië, Egipte, Mali, Marokko en Mauritanië in Sirte, Tripoli en Derna ontplooi.

Die goewerneur van New Jersey, Chris Christie, het Hillary Clinton Dinsdag by die Republikeinse Konvensie geroskam omdat sy toegelaat het dat ISIS ‘n vastrapplek in Libië verkry.

Christie het gesê dat Clinton ook hard baklei het om die radikale Islamitiese groep Boko Haram van die State Departement se terreurlys af te hou voordat sy die regering verlaat het in 2012.

In 2014 het die groep honderde jong vroue en meisies ontvoer. Christie se mees plofbare bewering is dat Clinton niks anders is as ‘n “apologeet vir ‘n Al-Qaeda-affiliaat in Nigerië nie”.

Nog een van die sprekers by gisteraand se Republikeinse geleentheid was Pat Smith, die moeder van ‘n konsultant wat in die Libiese aanval gesterf het in Benghazi.

Die moeder het Hillary Clinton beskuldig van leuens oor haar seun se dood.

Clinton verdedig steeds die ramp in Libië as “slim mag”, selfs al het Noord-Afrika se chaos ‘n vesting vir ISIS geskep.

ISIS het onlangs verantwoordelikheid aanvaar vir die al die dodelike aanvalle Parys, Nice en Wuerzburg.

3 thoughts on “Hillary Clinton se nalatenskap: ISIS”

  1. Ek dink ek begryp wat die idee / plan was, met die ISIS strategie van die Dem[o]kraters .
    Na die Bush konversionele oorlog kon die offensief teen terreur onmoontlik nie net gestop word nie.

    Toe besluit die groot makuku Yanky Army-ouens van die Demoonkraters om eerder die Kameel terroriste uit te lok uit hul wegkruipplekke uit en te bewapen en dan vas te keer en vrek te maak in Sirie. Goeie taktiek het altyd risiko’s.

    Die slim plan was totaal afhanklik van goeie sekuriteit op grense en mensebeweging wat deur die Politieke administrasie gedoen moes word. Dis tog hoedat jy obskure skurke ontdek – op die grense…. En dis wat Obama-hulle skandelik verwaarloos het – selfs nalatig / aspres NIE gedoen het nie. hulle gooi toe die grense oop deur die got van globalisasie te aanbid. Volslae groteske ramp waar skelm Sy en Haar baas gevang het.

    En siedaar presies soos wat met ons gebeur het. ‘n Militêre sukses word verraai en gesaboteer deur ‘n politieke korrupte verradelike regering en administrasie

    Daar moet patentregte op die Tsafendasplan wees.

    Nou erken Blêr reeds dat Iran fout was want die gevolge van ‘n vrot VS Demooonkratiese regering was vir hulle toe ghastlie toe kontemplyt.

    Hulle kon nie droom dat die VSA Dementkrates so simpel sou wees nie.

Maak 'n opvolg-bydrae