Ongelukkig kon ek laasweek se gesprek met mnr. Jacob Zuma nie bywoon nie, hoewel ek aktief daaraan gewerk het dat dit moes plaasvind.
Min mense besef watter politieke deurbraak vir Afrikaners plaasgevind het. Deur sy uitspraak oor Afrikaners se inheemsheid het JZ namens die ANC amptelik erken dat die Afrikaners wel ‘n inheemse Afrikastam is. Waar Mbeki alle witmense oor dieselfde kam geskeur en as ryk settlers gebrandmerk het, het die nuwe swart koning Afrikaners as wit Afrikane gesaniteer. Binne die Afrika-kultuur is dit ‘n reusagtige politieke ommeswaai.

Helen Zille se onredelike aanval op dr. Pieter Mulder van die Vryheidsfront Plus toon net weer: 'n jakkals verander van haar, maar nie van kleur nie. Die DA, wat steeds deur die Engels-liberale Prog-kliek beheer word, is in wese anti-Afrikaans en verwag van Afrikaners dat hulle hul taal, kultuur en identiteit moet aflê om deel te word van die multikulturele, Engelstalige "reënboognasie" wat biskop Tutu en ander marionette van die Britte en Amerikaners aan ons land voorhou.
Dr. Pieter Mulder van die Vryheidsfront Plus het gereageer op 'n aanval op hom en sy party deur me. Helen Zille van die DA in die jongste uitgawe van