Omtrent 11 uur Dinsdagaand het 6 swaar gewapende mans toegang gekry tot die Shoprite supermark in Mabopane. Hulle het die wagte by die sentrum vasgemaak het skoenveters en in ‘n gat gegooi.
Met die wagte uit die pad het hulle die veiligheidshek by die supermark se agterdeur met boutknippers gesny en ingegaan.
Die rowers het ‘n 18 meter leer gebruik om op die dak te klim waar hulle ‘n dakplaat verwyder het om in die winkel in te kom.
Die 5 op die dak het ‘n tou gebruik om in die winkel in te gaan waar hulle geldkaste aanmekaar vasgebind het en tot op die dak gelig het.
Toe hulle die geldkaste later van die dak af gedra het, het die sekuriteitsalarm afgegaan en die sekuriteitsfirma het die Loate polisie gekontak vir hulp.
Drie polisiebeamptes is na die toneel gestuur en met hulle aankoms het die rowers op hulle begin skiet.
Polisiewoordvoerder inspekteur Sello Mangea het gesê die polisie het terug geskiet en die rowers het terwyl hulle aanhou skiet het uitmekaar gespat in verskillende rigtings en verdwyn.
Een man is gearresteer terwyl die ander 5 nog op vrye voer verkeer.
Net een konstabel is gebyt, in wat die enigste besering in die hele insident was.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.