Nasionale Taxi-alliansie staak oor e-tol-lisensies

Besige taxiroetes in en om Johannesburg sal na verwagting gesluit wees Maandag as die Nasionale Taxi-alliansie (NTA) begin met ‘n protes wat duisende pendelaars gestrand sal laat. Die NTA se woordvoerder Theo Malele het gesê die regering se versuim om bedryfstelsellisensies betyds uit te reik aan taxibestuurders beteken hulle moet e-tol betaal. “Sanral en die

Lees verder: Nasionale Taxi-alliansie staak oor e-tol-lisensies

Front Nasionaal: waarom ‘n nuwe party nodig is

Na afloop van ‘n debat op Facebook gisteraand, het mnr. Hannes Engelbrecht, leier van Front Nasionaal, die volgende verklaring uitgereik betreffende argumente wat tydens die debat gebruik is. 1. Eenheid “Volkseenheid” en “saamstaan” is tot ‘n groot mate ‘n mite. Met die Groot Trek was daar talle trekleiers soos Tirchardt, Landman, Maritz ens. Plus sewe

Lees verder: Front Nasionaal: waarom ‘n nuwe party nodig is

Afriforum tot Wouter Basson se redding

Die burgerregtegroep Afriforum wil appelleer teen die besluit van die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika om nie ‘n klagte oor onetiese gedrag te ondersoek nie. ‘n Klagte is by die Raad ingedien teen die LUR vir Gesondheid in KwaZulu-Natal, Sbongiseni Dhlomo en die voormalige Geneesheer-Generaal, Vejaynand Ramlakan. Die twee het vroeër erken dat hulle destyds

Lees verder: Afriforum tot Wouter Basson se redding

Zim wettig nog geldeenhede teen naderende geldkrisis

Volgens mediaberigte dreig ‘n nuwe geldkrisis in Zimbabwe met baie min likiditeit in die land. Daarom het die regering aangekondig dat nog ‘n viertal buitelandse valutas in die land toegelaat sal word. Hule is: die Chinese joean, die Indiese roepee, die Japannese jen en die Australiese dollar. Prakties beteken dit dat daardie geldeenhede nou ook

Lees verder: Zim wettig nog geldeenhede teen naderende geldkrisis

Nog ‘n mynstaking dreig

Nog ‘n staking dreig in die mynsektor. Die vakbond Numsa gaan ‘n 48-uur kennisgewing indien om by Anglo American Platinum te begin staak. Dit volg terwyl die lede van die vakbond Amcu die werkgewers se jongste aanbod van ‘n nege persent verhoging verwerp het. Numsa se hoofsekretaris, Irvin Jim, sê al die mynsektore eis dubbelsyfer

Lees verder: Nog ‘n mynstaking dreig

Aanklagte teen vermeende plaasmoordenaar teruggetrek

Aanklagte teen ‘n vermeende plaasmoordenaar is Donderdag teruggetrek. Dit is een van drie swart verdagtes wat daarvan beskuldig word dat hulle Sarel Pretorius op die plaas Roodepoort naby Barkly-Oos vermoor het. ‘n Klerk van die hof sê onvoldoende bewyse teen Thandeka Mthiyane (33) het veroorsaak dat die aanklagte teruggetrek is in die landdroshof op Barkly-Oos. Die

Lees verder: Aanklagte teen vermeende plaasmoordenaar teruggetrek

DA-lid rand wit raadslid aan oor ‘rassisme’

’n Stadsraadsvergadering van die Stellenbosch-munisipaliteit het Woensdag in geweld ontaard toe ’n swart DA-raadslid ’n wit opposisielid met die vuis geslaan het. Die voorval is deur die stadsraad in ’n verklaring bevestig, het Beeld berig. Nyaniso Jindela (DA) het André van der Walt (Stellenbosch Civic Association) geslaan oor ‘n “rassistiese” aanmerking. Van der Walt het tydens die raadsvergadering

Lees verder: DA-lid rand wit raadslid aan oor ‘rassisme’

Trichardt-monument geskend

Die bekende Trichardt-gedenkmonument, ‘n wawiel, in die middestad van Nelspruit met sy historiese brons sonwyser, is oopgebreek en van alles gestroop. Die loodkapsule wat sedert 1938 in die monument bewaar word en eers in 2038 oppgemaak moes word, is ook weg. Die sogenaamde tydkapsule sou ondermeer historiese dokumente bevat om die Groot Trek se eeufees

Lees verder: Trichardt-monument geskend

Rentekoersverhoging dalk net die begin

Woensdag se rentekoersverhoging – die eerste in vyf jaar – kan dalk net die begin wees. Die goewerneur van die Reserwebank, Gill Marcus het aangekondig dat die repokoers met ‘n halwe persentasiepunt sal verhoog word tot 5,5%. Die primakoers sal gevolglik klim tot 9%. As jy R1 miljoen op jou verband skuld, sal dit jou

Lees verder: Rentekoersverhoging dalk net die begin