praag.co.za

Front Nasionaal: waarom ‘n nuwe party nodig is

Written by

in

,
Embleem van die nuwe politieke party
Embleem van die nuwe politieke party

Na afloop van ‘n debat op Facebook gisteraand, het mnr. Hannes Engelbrecht, leier van Front Nasionaal, die volgende verklaring uitgereik betreffende argumente wat tydens die debat gebruik is.

1. Eenheid

“Volkseenheid” en “saamstaan” is tot ‘n groot mate ‘n mite. Met die Groot Trek was daar talle trekleiers soos Tirchardt, Landman, Maritz ens. Plus sewe verskillende kerkgenootskappe. Teen die einde van die Tweede Vryheidsoorlog het tot soveel as 20% van die “Boere” as National Scouts en Hensoppers vir die Britse magte gewerk.

Selfs met Republiekwording het Verwoerd skaars meer as 50% steun gehad. Die naaste wat ons nog ooit aan “eenheid” was, was in 1977 toe Vorster meer as 70% van die stemme getrek het.

Ons is ‘n individualistiese volk (vanuit ons Franse erfenis) en pleks dat ons dit as ‘n swakheid moet beskou, moet ons dit eerder as ‘n sterkpunt beskou, want dit het nog altyd debat gestimuleer. Ons spits ons toe op daardie enersdenkendes wat dieselfde kultuur en Westerse lewensbeskouing het.

2. Vryheidsfront

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus
Dr. Pieter Mulder van die VF Plus, in koalisie met die ANC, ‘n multikulturele party.

Elke politieke handboek en elke woordeboek in die hele wye wêreld sal dieselfde definisie gee as ‘n persoon van een party in ‘n ander party se regering dien: dis ‘n “koalisie”, “alliansie” of “pakt”. Jy kan die adjunkministerskap van dr Mulder versiersuiker soos jy wil en dosyne redes daarvoor aanvoer – dit bly ‘n feit. Dis ‘n koalisie met ‘n multikulturele party. Presies dieselfde met die “koalisie” wat nou voor die verkiesing met die oorwegend swart en multikulturele partye soos Cope aangekondig is. Hoe kan jy praat van selfbeskikking en terselfdertyd ‘n multikulturele koalisie goedpraat? Ons het geen probleem met die VF+ se geskrewe beleid of sy lede nie. Ons het wel ‘n enorme probleem met die siening van die leierskap.

3. Deelname

Front Nasionaal neem deel aan die verkiesing, nie om deel van ‘n multikulturele staat te word nie, maar om ten minste ons saak vir selfbeskikking op die internasionale toneel te plaas. Enigeen wat dink jy gaan iets regkry sonder internasionale steun en sonder instemming van die Verenigde Nasies is bietjie naïef. Die VN en wêreldregerings steur hulle eenvoudig nie aan kleiner groepies nie, maak nie saak hoe sterk jou saak is of hoe goed jou argumente is nie. Ons sal móét steun bewys vir selfbeskikking en die verkiesing as “referendum” is ‘n goeie begin. Vir iets om aan die VN voorgelê te word moet ‘n lidland van die VN die saak vir jou verder voer. Ons het reeds gesien hoe die Nederlandse en Vlaamse parlementslede van die Europese Parlement ons saak stel in 2012 en 2013. As die Franse Front Nasionaal en die Griekse Golden Dawn se parlementslede ons ook begin steun, word die saak al sterker. Ongelukkig is selfbeskikking ‘n “politieke saak” en Europese “politici” moet ons ondersteun; en politici verstaan net één ding: stemme vir ‘n saak tydens ‘n verkiesing.

4. Nog ‘n party

Sedert 1910 was daar nog altyd vier of vyf “wit” partye en dit het voortgeduur tot 1994. Sedertdien het ons baie buite-parlementêre partye en een parlementêre party – die Vryheidsfront. Ongelukkig is dit so dat jy nie uit blinde lojaliteit vir ‘n party moet stem nie. As die VF+ nie in 20 jaar uiting gegee het aan dít wat ons verwag nie, is dit tyd vir ‘n nuwe party. Nes die Mulders, Groenewalds en Boshoffs die reg het om ‘n politieke party te bedryf; net so het enigiemand anders ook die reg om ‘n politieke party te bedryf. Ons standpunt is dat as 10% van die bevolking wit is, daar darem seker 5% parlementariers moet wees wat na ons belange omsien? Wie gaan vir ons baklei teen regstellende aksie, kwotas, diskriminasie, swart ekonomiese bemagtiging?

5. Geldsake

Die DA gaan sowat R174m aan die verkiesing bestee. Dis aanvaarde praktyk (mens argumenteer nie eers daaroor nie) dat partye geld insamel vir hulle stryd. Selfs kleiner organisasies soos Boervroueliga, FAK, AWB samel geld in om hulle doelstellings na te streef. Front Nasionaal het die reg om verkiesingsgeld in te samel – ons het die reg om dit te bestee om ons beleid te bevorder. Dit het deur die eeue so gewerk en dit werk nog steeds so.

6. Persoonlikhede

FRONT NASIONAAL is nie rondom persoonlikhede gebou nie, want persoonlikhede het op die ou einde voete van klei. Ons dagbestuurslede is nie van dieselfde dorp/stad of selfs dieselfde provinsie nie. Ons is wyd versprei onder mense wat net dieselfde doel nastreef van oral in die land. Ons het ook die mees demokratiese Reglement van Orde van enige SA politieke party met ‘n stelsel van terugroeping/”recall” soos in die Voortrekker- en Boererepublieke gegeld het en wat nou nog in Swede en Switserland van krag is. Terugroeping beteken dat enige kongres van FN te eniger tyd met ‘n gewone meerderheidstem ontslae kan raak van enige verkose ampsdraer wat nie sy of haar werk doen nie. Daarby moet die dagbestuur elke drie jaar weer verkies word. FN wil nie mense in posisies plaas waar hulle vir twintig jaar sit en niks doen en jy kan nie ontslae raak van hulle nie.

Ook ons aanwysing van kandidate is die modernste in die hele SA. Sewe dagbestuurslede oorweeg lyste as individue, waarna die sewe lyste gekonsolideer word. Daarmee keer ons dat families en vriende bevoordeel word. (Kyk gerus na die omstrede kandidatelys van die DA wat eintlik maar deur Zille opgestel is met haar voormalige woordvoerder en sekretaris wat hoog op die lys is). Van die Vryheidsfront se nepotisme gaan ek nie eers praat nie.

7. Sosiale media

Die sosiale media is hoog op ons prioriteitslys. Ons almal weet van Naspers se rol in 1994 se oorgawe en die rol wat hulle steeds speel. Vir die eerste keer in die laaste vyftig jaar bereik ons deur Facebook en Twitter meer mense as wat Naspers se Afrikaanse koerante bereik. Ons moet daarvan gebruikmaak. Beeld, Volksblad en Burger kan ons ignoreer soos hulle wil – ons boodskap gaan na honderde duisende mense toe. Natuurlik gaan almal wat jou boodskap kry nie vir jou stem nie, maar ten minste gaan hulle weet van jou; iets wat nie in die verlede die geval was nie.

8. ‘n Wiskundige model

‘n Wiskundige model wat deur nagraadse studente van die PUK gebruik is, het gewys dat ons kan reken op omtrent 500.000 stemme. Ons nismark was daardie 800.000 mense wat “nee” gestem het tydens die 94-verkiesing. ‘n Meevaller is derduisende wat skielik moeg geraak het vir die DA en ook mense wat ontnugter is deur ander partye. Ons besef ons tyd is kort om verkiesing te veg en mense te oortuig. Ons het daarom nie ‘n idée hoeveel stemme ‘n mens regtig kan verwag nie. Ons sal enigiets bokant 50.000 as ‘n bonus beskou. Maar my hart is op ‘n halfmiljoen stemme en tien volksverteenwoordigers wat uit ons belastinggeld betaal word eerder as tien “multikulturele parlementariërs” van ander partye.

9. Selfbeskikking

Selfbeskikking gebeur nie oornag nie. Dit sal waarskynlik nie in my, dr Dan Roodt of Gordon Fox se leeftyd gebeur nie. Dis ‘n lang proses wat stapsgewys gevolg moet word. Eerste prioriteite is om beheer oor jou eie onderwys, kultuur en volkslewe te verkry. Om ‘n grondgebied te bepaal, was die werk van die Volkstaatraad – dit het ongelukkig nie gerealiseer nie. Ons sal moet om ‘n ronde tafel kyk na ons demografiese, stempatrone en geskiedkundige aansprake. Orania, Boererepublieke, Noord-Kaap, Ohrigstad, Oase; almal; sal moet insette lewer. Ons gaan beslis nie op ‘n klein plekkie sit en krepeer nie – daarvoor het ons voorouers te veel in hierdie land belê. Dit moet lewensvatbaar wees.

10. Boer vs Afrikaner

Ons stel nie belang in so ‘n debat nie. Dit is reeds in 1992/93 afgehandel en was een van die groot redes waarom die “Nee”-stem verloor het en ons in vandag se chaos beland het. Afrikaander is reeds in die 1700s gebruik. De la Rey se sekretaris het gepraat van Afrikaners. Ons was al Vryburgers, Voortrekkers, Boere, Afrikaners, Bittereinders… Boer is ‘n kulturele begrip en Afrikaner ‘n geskiedkundige begrip. Dis snaaks dat diegene wat nou die term “Boer” vir hulleself wil opeis en al die ander tot die hel wil verdoem, géén beswaar gehad het om tydens die Grensoorlog in die loopgraaf saam met die Kaapse Afrikaner, die Porra of die Soutie te lê nie! Hulle haal ook nie graag aan dat daar tydens die Vryheidsoorlog ‘n Ierse, Russiese, Buitelander- en Nederlandse kommando was wat saam met die Boere geveg het nie en dat tientalle Kaapse Rebelle deur die Britte tereggestel is nie.

Comments

27 responses to “Front Nasionaal: waarom ‘n nuwe party nodig is”

  1. Trippie Avatar
    Trippie

    My steun reeds gegee aan FN – Dr Roodt, dankie vir hierdie plasing. Laat ons dit wyd versprei ! Daar is steeds soveel Blankes wat nie eers kennis dra van FN nie !

  2. Willy Avatar
    Willy

    Dit klink baie goed. Sterkte aan al die bestuurslede en in die besonder aan dr. Roodt, wat Nasionaal Front gaan bemark. Ek hoop ook op 500 000 stemme maar meer, as al die kleiner organisasies saam onder die kombers kan inklim des te beter. Ek hoop dit bly nie net ‘n droom nie.

  3. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Nog steeds by verre te min inligting wat hier verskyn rondom die nuwe FN party.
    As jy adverteer, dan doen jy dit op ‘n wyse wat die leser, hoorder of siener moet tref elke dag.
    Daar moet elke dag iets geraporteer word hier op Praag oor FN.
    Nie noodwendig volle artikels soos hierdie een, waarop kommentare gelewer word nie.
    Praag kan dit oorweeg om ‘n deel af te staan waar daar net kort nuus beriggies verskyn.

  4. Riempies Avatar
    Riempies

    Is daar nog n party wie se beleid so brutaal eerlik en
    volledig uitgestip is?

    Ek wil n beroep op elke Afrikaner se Boerhart maak – gee julle stem vir hierdie Nasionaal front – ons MOET begin n verenigdefront vorm – ons moet begin ons mense wat voorloop ondersteun – daarsonder kan nie die slimste of die beste iets bereik nie.

    Stem vir jou nageslag se toekoms sodat hulle eendag trots kan sê: My oupa en ouma of oupa en ouma grootjie was een van die eerstes wat vir ons vryheid wat ons vandag bereik het – daadwerklik sy stem uitgebring het. Die voordeel vir ons is dat ons
    hoogswaarskynlik minstens in ons leeftyd die vrugte van interne selfbeskikking
    kan ervaar.

    Dr. Dan julle moet finansieel gesteun word vir plakate en strooi biljette om ons nuwe party te adverteer laat ons bietjie n rekening nommer kry asseblief.

    1. AntSan Avatar
      AntSan

      Miskien die HNP Riempies?
      My gesonde verstand laat my noord kyk. IS daar enige ander land in afrika waar ‘n “gehate” minderheids groep 1 Ha gegee is? Wie gaan die belasting betaal vir die agtergeblewenes se “allpay”? Hulle sal dit nie toelaat nie. Dit is ‘n duur storie om ‘n party te geregistreer. Indien dit daarom gaan om aandag daarop te vestig dat die Afrikaner vry wil wees van die swart onderdrukking en eie grond gebied vra, behoort die ondersteuning miskien eers getoets te word deur samekoms uitteroep onder volksgenote? Die risiko is daar dat net soos Rooi Oktober, weer net ‘n handjie vol opdaag? Die Afrikaner is mos skaam vir sy verlede, wil nie gesien word in die openbaar nie! Moontlik, indien dit nie ‘n publieke vergadering is nie, sal die wat ernstig is oor selfbeskking opdaag? Ongelukkig lyk dit steeds asof geld die god is en die septer swaai? Ek voorsien eers samewerking wanneer ons matjie totaal onder ons voete uitgeruk word. Tot dan sal die verraaiers aanhou om mekaar uit te verkoop. Ons het skandelik toegelaat dat onsTestament, ons nalatenskap waarvoor die pioniers hul lewe afgele het, bebloed in die onderste laai van die kas weggeteek word. Klim uit die kas, as jy ‘n Boer en Afrikaner is! Staan op!

  5. Prof Gert de Beer Avatar
    Prof Gert de Beer

    Uitstekende idee FN en sosiale media is ‘n uitstekende kommunikasie meganisme. Elkeen van ons behoort die FN se boodskappe op FB te “share”. Boodskappe moet dus kort en sinvol wees met elkeen ontwerp vir maksimum trefkrag.

    Die DA sal hul 50% blanke en Afrikaner steun na die verkiesing ignoreer en die swartstem met mening najaag. In die proses sal die verskerpte wetgewing wat naakte rassisme in die vorm van rasstellende aksie en SEB teen blankes met mening gedryf word, en die blanke wat vir die DA gestem het sal magteloos wees om enigiets te doen.

    Om vir die VF te stem is sinneloos. Verseker doen Pieter Mulder goeie werk as ANC-adjunkminster. Maar so doen Marthinus van Schalkwyk (Kortbroek no 1) as ANC-minister ook. As mulder Kortbroek no 2 wil word sluit formeel by die ANC aan. Jy kan nie ANC-opdragte uitvoer, hulle dan wil kritiseer en vir selfbeskikking “veg”
    nie. Iewers sal jy geloofwaardigheid inboet en steun verloor. Mulder was in
    elk geval net deur die ANC gekoöpteer om die meer konserwatiewe Afrikaner onder
    ANC-beheer plaas. Maw ‘n weerligafleier soos sy gewese baas Constand Viljoen.

    http://www.bdlive.co.za/opinion/columnists/2013/09/03/goodbye-freedom-front-plus-and-thanks-for-coming

  6. Johann Theron Avatar
    Johann Theron

    Dis goed dat die FN ‘n poging aanwend en hulle uitspraak oor groter sake en internasionale verhoudinge klink reg. Maar hulle sal lokalisering moet opskerp want dit is waar die eintlike probleem is. Ek wonder ook wat borge vir hierdie tipe party sal vra as teenprestasie – want dit kan nie “besigheidsbeskerming” wees soos wat die mafia ANC aanbied nie. Is die artikel 18 maatskappy al geregistreer? Probeer Efficient Group.

  7. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Daar gààn gepoog word om hierdie FN te kaap. Die moment wat die Afrikaners iets aanpak, en dit is ‘n sukses, dan kry hy skielik uit die bloute groot vriende by. Manne met invloed en kontakte met baie geld ens.ens. Ek waarborg dit. Dit gebeur oor en oor, want ons is ‘n goedgelowige spul dom besigheids mense, wat maklik omgekoop en gebulshit word. Op een of ander manier moet daar voortydig planne ingebou word, wat dit sal keer.
    En ook oorlopers en samesmelters. Die wat oorloop en of saamsmelt om een groot koek op die tafel te sit, moet baie goed gekeur word. As FN eers die “Minderheids aandeel” het, bestaan hy nie meer nie, en al hierdie drome is daarmee heen.

  8. Grobbie Avatar
    Grobbie

    As ‘n pessimis is ek nogal baie opgewonde en optimisties oor hiedie nuwe skuif. Sterkte aan almal wat bereid is om die voortou te vat en hierdie swaar wa deur die drif te trek. Dit gaan beslis nie maklik wees nie. Julle kan beslis op my stem reken.
    Wanneer dit gevorder het tot ‘n spesifieke grondgebied, dink ek sal die eerste ding wees wat gedoen moet word, ‘n behoorlike weermag en grensdraad, sodat verseker kan word om die ongewensde faktore uit te hou. Want sodra dit gaan begin sukses wys en groei sal die klomp hier weer wil kom parasiteer.

    1. phm6452 Avatar
      phm6452

      ‘n Pessimis is ‘n optimis met ondervinding !

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        Ondervinding of ervaring?

  9. phm6452 Avatar
    phm6452

    Wat ‘n teleurstelling – ek het negatiewe kommentaar, maar korrek, gelewer omtrent hierdie “Nuwe” inisiatief, maar Praag het dit gesensor !

    1. Johann Theron Avatar
      Johann Theron

      Jy moet onthou dat ons politici uiters onvolwasse is en daarom maak ‘n nuwe stem sin as dit kan bydra tot toekomstige volwassenheid. Al is daar baie min stemme mag hulle nasionaal en plaaslik mediadekking kry. Dit alleen kan die diskoers beinvloed. Ek sou ook wou sien dat hierdie party kontak maak met die Oosterse lande en nie net altyd die tradisionele Europese lande nie. Ek sal bv nie stem nie, maar kan nog steeds help met die boodskap.

      1. phm6452 Avatar
        phm6452

        “kontak maak met die Oosterse lande” Ek het al op baie forums probeer verduidelik dat die Afrikaner vyande gemaak het met die Rus en Sjinees, en nie andersom nie. Waar is ons deur altyd aan moeder engeland se rokspante vas te klou ? Ek kan nêrens in die geskiedenis raaklees dat die Russe of Sjinese ooit ‘n ge-alieerde in die agterent gehap het nie. Engelse geskiedenis wemel daarvan !

    2. Riempies Avatar
      Riempies

      Ek dink jy het al agtergekom dat jy n ernstige flater begaan
      het – Praag kommentators het jou met ope arms ingelaat en jy het dit misbruik.
      Groot Fout – Jy gaan dit nog agterkom met die tyd saam.

      Sou jy jou kritiek eerlik onder jou eie “naam” geplaas het
      was dit geplaas en het die kommentators n gelyke kans gehad om met jou mening te debatteer. Tien teen een is jou kommentaar onder n ander naam as n vreemde iemand wat moeilikheid soek beskou – daarvan het ons n oordosis gehad op Praag.

      1. Willy Avatar
        Willy

        Riempies onthou jy toe ek gepront het vir ‘n ware identiteit?
        Dit is maar net die sesde sintuig wat my waarsku!
        Jou antwoord was dat hy saam moet gesels en ek nie so op sy blaas moet staan nie!
        Ek is bly dat jy dit einde en ten laaste ook agtergekom het.
        Vat ‘n rukkie maar dankie dat jy ook gearriveer het.

        Alles wat Maartens en Maritz trolle vir jou wysgemaak het van my, is nie waar nie, belowe!!

  10. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Van my kant ook alle sterkte aan die nuwe party.

    Dit is so dat ‘n dwaas meer vrae kan vra as wat ‘n wyse man kan beantwoord.
    Nietemin net enkele opmerkings oor die grondgebied:
    Waar?
    Stukkies en lappies in die Transvaal, Vrystaat, Kaapland ens is net nie lewensvatbaar nie. Hoe gaan ‘n mens so’n gebied bv verdedig? Dit sal ‘n aaneenlopende stuk grond moet wees met toegang tot die see anders kan ons ons maar die moeite spaar.
    Wat my ook pla, is dat selfbeskiklking nie realiseerbaar is “binne die leeftyd van mnr Engelbrecht, dr Roodt of mnr Fox” nie. Hemel, wanneer dan? Moet ek my beywer vir ‘n saak wat vyftig jaar na my dood verwerklik gaan word? Sien nie kans nie.

    1. phm6452 Avatar
      phm6452

      “….dat die erwe van ons Vadere vir ons kinders erwe bly” ! Ons moet beding vir wat aan ons voorgeslag behoort het VOOR die besmetting van die Kaap deur die engelse ! Daar was nie swartes nie, die Koi-san het so te sê heeltemal uitgesterf agv pokke waarmee die engelse hulle besmet het. Toe die slawe vrygestel is het hul met met makgemaakte Koi-san en ander elemente hulself langs die Oranje gaan vestig en begin om in die Griekwa Nasie te ontwikkel, wat deur die engelse vernietig is.

  11. theoprinse Avatar
    theoprinse

    There was 18.000.000 voter turn out in 2009. That is a quota of 44.000 votes per chair.

    http://en.wikipedia.org/wiki/South_African_general_election,_2009

    http://www.idea.int/vt/countryview.cfm?CountryCode=ZA

  12. jan Avatar
    jan

    Baie indrukwekkende bekendstelling dankie mense !! Ek hou van wat ek lees.

    Vraag is egter:

    of slegs Afrikaners by die FN kan aansluit en stem?
    Dan dupliseer dit die VVK se AO se magsbasis [indien hulle sou deelneem. – wat ek hoop!]

    Indien enige volksvreemde ook kan aansluit en stem vir die FN
    dan dupliseer dit die VF + se magsbasis..

    Alle voorspoed word u toegewens – as hier ‘n kandidaat sal wees sal ek my kruisie by julle trek dink ek.

  13. Albert Brenner Avatar
    Albert Brenner

    Uitstekend!

    Die eerste daadwerklike tree na ONS Volkstaat is nou geneem. Net n Volkstaat kan die Afrikaner red.

    Die FN het my VOLLE ondersteuning!

  14. Krisjan Lemmer Avatar
    Krisjan Lemmer

    Dr Roodt,ek wens u alles van die beste toe.Ek glo nie u eksperiment gaan veel vermag nie maar ek hoop wel met my hele hart so. U is vir my as persoon n voorbeeld van Afrikaner se deursettingvermoe en n model om na te streef. Mag u omgord word met die gees van n nuwe Verwoerd , mag u geseend wees met die gawe om te lei waar daar nie n pad is nie op die weg wat vir die gewone sterfling geen toekoms bied nie. Mag u inspirasie die wyk nooit neem nie en mag u vir die gewone broeder n inspirasie en bemoediging wees in ons tyd van nood.

    1. Krisjan Lemmer Avatar
      Krisjan Lemmer

      …mag u geseend wees met die gawe om te lei waar daar nie n pad[ n tradisionekle erkenbare roete ] is nie op die weg wat vir die gewone sterfling geen toekoms bied nie ( mag u in u Godgegewe wysheid ) die ongebaande weg sien en ons lei deur die klowe van ongeregtigheid deur die voorsiening van die ALMAGTIGE GOD.

  15. Johan van Wyk Avatar
    Johan van Wyk

    Behalwe dat Boere vrouens en kinders in Britse en Afrikaner konsentrasie kampe doodgegaan het. Afrikaners was gedurende die oorlog Britse onderdane.

  16. Riempies Avatar
    Riempies

    Wim Kotze – Tyd van die leuen – wat die nuwe waarheid is – het aangebreek – Wit en swart is gelyk – eners – dieselfde en ewe slim of dom – het enerste waardes.

    Of jy vir die ANC die DA of die Vryheidsfront plus stem wat is die verskil? Dit gaan oor n stoel in die parlement met n lekker buitensporige soldy – wat bitter min – indien enige te doen het met die stemvee blank of swart in hierdie land.

    Wat die ANC en die DA en die Vryheidsfront plus betref – wie van enige van hierdie partye het hulle stemvee se lewens verbeter deur hulle insette – op enige manier – die afgelope twintig jaar?

    Het dit nie hoogtyd geword dat daar daar realisme in al die bevolkingsgroepe se belange moet inskop en n daadwerklike poging aangewend moet word dat die land en sy mense gered moet
    word van die onbeholpe ANC – DA en Vryheidsfront se onmoontlike reenboognasie nie?

  17. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Ek wil nie sê dat ek voorwaardes stel nie. ‘n Geweldige klomp werk is reeds deur mense soos Jaap Kelder, Sunette, Dr. Roodt gedoen. Almal ken hulle, en ook die “Guts” wat hulle het. En hulle is almal suksesvol.
    As hierdie persone nie in die Front Nasionaal opgeneem word nie, sal ek my steun heroorweeg.
    As dit so sou wees dat van hierdie persone nie betrokke wìl wees nie, en met hulle huidige werke wil voortgaan, sal ek almal steun.
    As dit hoegenaamd weer gaan lyk asof daar ‘n “Haanjie” wil wees, net omdat ‘n haan ‘n haan is, en die voorreg het het om te kan kraai, sal daar hierdiekeer meer as genoeg mense wees om hom van sy mishoop af te skop.
    En ek sal help om daadie skopwerk te doen.

  18. Arnieann Avatar
    Arnieann

    90% van die Afrikaners steun die DA ????
    Waar kry jy daardie syfer vandaan????

Leave a Reply