SA se bydrae aan BRICS nie ‘n kopseer sê ekonoom

Suid-Afrika se beloofde bydrae van $10 miljard aan die beplande Nuwe Ontwikkelingsbank oftewel die BRICS-bank, hoef nie onmiddellik die land uit te vloei nie. Die geld sal slegs gegee word wanneer dit benodig word, volgens die ekonoom Dawie Roodt. Roodt het bygevoeg dat China waarskynlik die grootste gedeelte van die nuwe bank sal finansier. Roodt

Lees verder: SA se bydrae aan BRICS nie ‘n kopseer sê ekonoom

Mooters neem hul park terug

Mooters, mense van die Moot, het Saterdag self ingespring om die Trimpark op te ruim en ongewenste elemente te verwyder, het Rekord Moot berig. Clinten Sulter, lid van die Moot-gemeenskapsinisiatief (MootGi), sê inwoners en lede van Moot Sektor 2 GPF het die middag omstreeks 15:00 by die Trimpark bymekaargekom en aan die werk gespring. “Een

Lees verder: Mooters neem hul park terug

Ruiters spring weg vir moordende tog

Meer as 220 ruiters op hul perde het vanoggend weggespring vir die laaste dag van die moordende 42ste Fauresmith-perde-uithourit. Koördineerder Charmaine Nickisson sê met gunstige weerstoestande was deelnemers vroegoggend slaggereed om hul staal te wys. Volgens haar het ruiters en hul perde wat die vinnigste tyd gelewer het tot dusver reeds vanaf 07:00 weggespring. Die

Lees verder: Ruiters spring weg vir moordende tog

Nagklub doef-doef voort ten spyte van klagtes

Tiger Tiger is die gewildste nagklub in die ooste van Pretoria, maar die musiekvoos inwoners het nou besluit om voet neer te sit en ‘n petisie voor die Tshwane metroraad te lê, maar die klub steur hom nie aan die ‘foefies’ van die oues nie en gaan voort om te doef-doef. Musiekvoos inwoners in die

Lees verder: Nagklub doef-doef voort ten spyte van klagtes

Presidensie bestudeer regters se versoek

Die presidensie sal nie onmiddellik reageer op Hoofregter Mogoeng Mogoeng se besware oor bewerings dat die regbank beïnvloed word nie. Die SABC berig Mogoeng het ‘n mandaat gegee dat ‘n vergadering met die president aangevra word om die bedreiging van die regstelsel te bespreek. Dit volg nadat die land se top-regters vir die eerste keer

Lees verder: Presidensie bestudeer regters se versoek

Harry se raadgewers skarrel om redes vir besoek op te dis

Prins Harry het dié week ’n hamburger as wegneemete by ’n eetplek op Mariental bestel. Dit lyk asof sy Britse raadgewers skielik skarrel om redes vir sy besoek aan te dik, nadat hy in Namibië opgemerk is. Sy toergroep het met ’n wit LandCruiser­ met ’n Gautengse registrasiemer­k gereis. Niemand mag foto’s van die koninklike

Lees verder: Harry se raadgewers skarrel om redes vir besoek op te dis

Regters bekommerd oor ANC-bewind hofbevele ignoreer, regters kritiseer

IN AN unprecedented show of force, 27 of SA’s most senior judges, led by Chief Justice Mogoeng Mogoeng, on Wednesday responded to a slew of criticism by politicians, saying they wanted to discuss “the dangers of the repeated and unfounded criticism” of the judiciary with President Jacob Zuma. 27 van Suid-Afrika se mees senior regters

Lees verder: Regters bekommerd oor ANC-bewind hofbevele ignoreer, regters kritiseer

Leon Lemmer: Anton van Niekerk oor regse radikale en Bantoe-onderwys

Anton van Niekerk het ‘n artikel in die New York Times opgespoor waarin beweer word dat diegene wat aan blanke meerderwaardigheid glo nie (noodwendig) in isolasie optree nie maar soos fundamentalistiese Islamiete internasionaal georganiseer word om “geweld en terrorisme” te saai (Die Burger, 7 deser, p 11). Hy verwys na die geval Dylann Storm Roof

Lees verder: Leon Lemmer: Anton van Niekerk oor regse radikale en Bantoe-onderwys

Chinese aandele tuimel na paniekverkope

Aandele in China het Donderdagoggend tot ‘n vier maande laagtepunt getuimel. Chinese aandele het in ‘n stadium met meer as agt persent gedaal ondanks pogings deur reguleerders om die mark te stabiliseer. Die Shanghai-indeks het vroeër reeds met sewe punte gesak. Paniek op Chinese aandelebeurse het markte in Hong Kong getref wat vier persent laer

Lees verder: Chinese aandele tuimel na paniekverkope

Nigerië gaan gebuk onder vlaag van bomaanvalle

Nigerië se nasionale noodbestuursagentskap het Maandag bekendgemaak dat minstens 44 mense dood en 47 beseer is toe twee bomme by onderskeidelik ‘n inkopiesentrum en gewilde moskee in die stad, Jos ontplof het. Niemand het onmiddellik aanspreeklikheid vir die voorvalle aanvaar nie, maar die godsdiens-verdeelde stad, Jos, is voorheen ook deur Islamitiese militante geteiken, het AFP

Lees verder: Nigerië gaan gebuk onder vlaag van bomaanvalle