Turkye se president, Recep Tayyip Erdogan, het die week ‘n militêre erewag saam met Ivoorkus se pres. Alassane Ouattara by die presidentspaleis in Abidjan geïnspekteer. Erdogan het Sondag met ‘n weeklange besoek aan Wes-Afrika begin. Hy het ook Ghana, Nigerië en Guinee besoek. Die diplomatieke reis is daarop gemik om “strategiese vennootskappe” tussen Turkye en
Moskou vrees terreuraanval na makabere kop-episode
Gjultsjhekhra Bobokulowa, ’n kinderoppasser wat verdink word van moord op die kind in haar sorg, het in ‘n hof in Moskou, Rusland verskyn. Russiese polisie het die vrou in ’n hijab, wat die onthoofde kop van ’n kind Maandag buite ’n metro-stasie in Moskou rondgeswaai het, grond toe gedwing en haar van moord aangekla. Die
Lees verder: Moskou vrees terreuraanval na makabere kop-episode
Opposisie se verkiesingsfoefies lei tot niks
Die mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma wat deur Mmusi Maimane, DA-leier, ingedien is, het min kans op sukses gehad. Die ANC in die Nasionale Vergadering het Dinsdag bankvas agter hul leier gestaan, al was hy nie teenwoordig nie. Die mosie is met 225 teen 99 stemme verwerp, met 22 parlementslede wat buite stemming
ANC-hoofsweep bedank skielik
Die ANC se hoofsweep in die Nasionale Vergadering, Stone Sizani het bevestig dat hy skielik bedank het uit die Parlement om sy nuwe pos as ambassadeur na Duitsland op te neem. Sizani beweer daar is niks onwelriekend aan sy skielike bedanking nie. Hy sê hy is verlede Donderdag skielik in kennis gestel van sy herontplooiing.
Stropers se gif lei tot bewaringstragedie
Stropers gebruik deesdae gif teen wild in Suid-Afrika se Nasionale Parke. Die Kruger Nasionale Park (KNP) het Saterdag op ‘n olifantkarkas, 110 dooie witrugaasvoëls, twee leeumannetjies en twee jakkalse afgekom wat weens wildvergiftiging gevrek het. Daar is nog net 1 000 aasvoël-broeipare in die Nasionale Kruger Wildtuin oor. Die meer as 100 aasvoëls wat nou
Super Trump Dinsdag
Die grootste dag van die voorverkiesingsveldtog, Super-Dinsdag, is wanneer die meeste Amerikaanse kiesers stem om hul partykandidaat aan te wys. Republikeine kon die helfte van hul afgevaardigdes kies, en Demokrate ‘n derde. Donald J. Trump se wenveldtog het sy gewildheid oor ‘n breë spektrum beklemtoon. Trump en Hillary Clinton het as die onderskeie voorlopers in
Stropers teiken Etosja
Stropers het die Etosja Nasionale Park in Namibië geteiken met 29 karkasse wat reeds in 2016 gevind is. Verlede jaar het Namibië 80 renosters aan wilddiewe afgestaan. Oor die afgelope 20 jaar is die Afrika-leeus, olifante, kameelperde en renosters se getalle gehalveer. Altesaam is 34 renosterkarkasse in die eerste twee maande van 2016 gevind waarvan
Einde van Aardklop ‘n kopseer vir swartmag-aanhangers
Die beëindiging van die Aardklop Nasionale Kunstefees is ‘n kopseer vir kunstenaars wat dié anti-Afrikaanse platform benut het. Die sangeres Amanda Strydom sê dat die nuus van Aardklop se beëindiging in sy huidige formaat as ’n groot skok vir die kunstenaarsgemeenskap kom. Die akteur Paul du Toit van Binnelanders-faam, wat ook verlede jaar in die
Lees verder: Einde van Aardklop ‘n kopseer vir swartmag-aanhangers
Pukke ontken skorsings op grond van ras
Die tydelike skorsing van ses swart studente, hangende ’n dissiplinêre ondersoek ná Vrydag se betoging deur stakende werkers op die NWU se Potch-kampus, hou nie verband met hul velkleur nie. Waarnemende rektor, Fika Jansen van Rensburg het aan OFM gesê dit is gedoen op grond van ’n berekende oortreding van prosedure-maatreëls en beleid. Dit volg
Rassepolarisasie op UV-kampus
Die groot ontplooiing van polisielede asook private sekuriteitswagte op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat, volg nadat chaos verlede week daar uitgebreek het. ‘n Polisiehelikopter het Dinsdag die situasie gemonitor. Swart studente het ‘n rasseoorlog teen wittes verklaar deur wittes uit koshuise te verwilder en Afrikaanse kultuursimbole aan te val en te beskadig.
